ys4f8028
Verhoudings

Dilemma: “Ek wil kinders hê, hy nie”

“Sy ouers is vroeg geskei en hy het nie gelukkige kinderjare gehad nie. Natuurlik wil ek ’n ma weesEk is seker ek kan homoortuig – as hy net eers ons baba in sy arms hou, gaan hy heeltemal anders voel. Ek wil beslis nie kinderloos deur die lewe gaan nie. Moet ek net stilbly en sorg dat dit gebeur? Ek weet hy sal ’n goeie pa wees, dis net sy verlede wat hom nou so onentoesiasties maak.”

Adéle Lottering
Voorligtingsielkundige van Pretoria

Elke verloofde paartjie begeer ’n vervulde en gelukkige huwelik en die versekering dat hul liefde ’n leeftyd sal hou. Hoe kan hulle egter seker wees? Talle kenners meen baie paartjies sou gelukkiger gewees het en vele egskeidings sou voorkom kon word as hulle net voor hul huwelik sleutelkwessies soos finansies en kinders bespreek het.

Jou verloofde se reaksie kan dalk beteken dat hy sekere gebeure in sy kinderjare, soos sy ouers se egskeiding, nooit verwerk het nie. Dis nie te sê dat hy weens sy verlede en sy ouers se mislukkings ’n slegte pa sou wees nie. Ek stel voor dat hy by ’n terapeut aanklop om al hierdie onderliggende en onopgeloste kwessies te hanteer en te verwerk. Boeke soos William Coleman se Voor ons trou en Dr. James Dobson se Love Must be Tough is ook ideale leesstof om insig in jul situasie te kry. Voorhuwelikse berading kan vir julle van groot waarde wees. Maar onthou, dit bly jou verloofde se reg om te kies of hy wel eendag wil kinders hê of nie.

Die huwelik op sigself is ’n groot aanpassing. Julle behoort presies te weet waar julle met mekaar staan voordat julle trou. As julle ten spyte van jul verskil in standpunt trou, met die bedoeling om mekaar se houding oor kinders te verander, kan dit tot eindelose spanning, verwyte en frustrasie lei.

Moet ook nooit die uitwerking van moedersinstink en die behoefte aan kinders onderskat nie. As jy ’n kompromie aangaan en kies om nie kinders te hê nie, gaan jou behoefte nie noodwendig verdwyn nie. Jy moet dus baie seker van jou besluit wees. Ouerskap is ’n groot verantwoordelikheid. Die basis van ’n liefdevolle, standvastige en gelukkige gesin word reeds gevestig voordat die kinders opdaag.

Martinette Pienaar, kliniese sielkundige van Durbanville

Daar is verskeie baie belangrike kwessies wat julle moet bespreek voor jul troue, en die besluit om kinders te kry of nie is beslis een. Moenie trou voordat julle dieselfde hieroor voel nie.

Dis ’n mite dat jy jou lewensmaat ná die troue kan verander. Glo jou verloofde wanneer hy vir jou sê wie hy is en wat hy wil hê. Hy sê duidelik vir jou wat sy wense is.

Openlike kommunikasie is die polsslag van ’n huwelik – 86% van gebroke huwelike word veroorsaak deur ’n gebrek aan kommunikasie. Jy maak ’n groot fout as jy dink jy kan later hierdie kwessie hanteer. Ouerskap plaas geweldige druk op die gelukkigste huwelik. Hoeveel te meer wanneer die een ouer nie kinders wou gehad het nie?

Jou huwelik staan ’n groter kans om suksesvol te wees as julle dieselfde toekomsdrome en doelstellings het, met ander woorde: Is julle na dieselfde plek op pad? Uit dit wat jy skryf, klink dit, of julle in verskillende rigtings beweeg. ’n Groot waarskuwingslig flits in jul verhouding. Om die besluit te neem om swanger te word terwyl jou verloofde nie kinders wil hê nie, is nie regverdig, respekvol of eerlik teenoor hom nie; wat nog te sê teenoor die kind.

Die vraag is ook nie net of julle albei ’n gesin wil hê nie. Wanneer wil julle kinders hê? Hoeveel? Wie gaan die primêre versorger wees? Hoe gaan ouerskap jul lewens raak, soos jul verhouding, beroepe, leefwyse, finansies, toekomsdrome, ensovoorts? Om te trou is een van die grootste besluite wat jy in jou lewe gaan maak. Soos met ander groot besluite is dit belangrik om mooi te dink, jou huiswerk te doen en te besin oor moontlike gevare en struikelblokke.

Dink hoe lank beplan mense aan ’n bruilof, maar dan berei hulle hulle nie voor op ’n leeftyd saam nie! Jou vraag beklemtoon hoe belangrik voorhuwelikse berading is. Ek stel voor dat julle met iemand soos ’n predikant, pastoor of sielkundige gaan praat.

VIR HULP

Adéle 0832792325
Martinette 021 979 2376

  • http://cdjclvuopptd.com/ hhyujpioj

    yPlFYO mrpsvjusmzgu, [url=http://tnxhjxcffgam.com/]tnxhjxcffgam[/url], [link=http://szbinkugcrdx.com/]szbinkugcrdx[/link], http://djuxdoinnkez.com/

  • Annerita

    Om kinders te hê, was vir my so vanafselfsprekend soos tandeborsel. Ons was 8 jaar getroud, albei baie susksesvol in ons loopbane. Die tyd het vir my reg gevoel en ek het die onderwerp aangeraak. Hy herinner my daaraan dat hy nog altyd gesê het hy wil nie kinders hê nie, maar ek het dit nie ernstig opgeneem nie en het gedink dis ‘n fase wat sal oorwaai. Dit het nie…
    Daar is baie selfhelpboeke om die verlies van egskeiding te hanteer. Almal wat die kinders betrek. Nog nie een tee gekom vir raad oor egskeinding en kinderloosheid. Dis soos om 8 jaar uit jou lewe te vee. Die tyd om kinders te hê ook.
    Die punt is, neem hom liewers ernstig op, tyd kan nie teruggedraai word nie.