Dilemma: Verlief op vriendin se eks
"My beste vriendin het baie swaargekry toe sy en haar man geskei is en sy is nóú eers oor hom, sê sy. Ek en hy het mekaar toevallig raakgeloop en begin gesels en daar is regtig die moontlikheid van iets besonders tussen ons."
"Ek voel baie aangetrokke tot hom, maar is huiwerig. Moet ek vir haar vra of dit reg is met haar? Of moet ek eerder nie 'n groot ding daarvan maak nie? As sy instem, kan dit regtig werk as sy soos 'n skaduwee tussen ons is? Ek twyfel of sy heeltemal oor hom is, al sê sy so. Ek wil haar nie seermaak nie, maar wil ook nie my kanse op geluk verspeel nie."
KENNER GEE RAAD
Willa Wagenaar kliniese sielkundige van Johannesburg
Een of twee jaar het 'n betekenisvolle impak, omdat die gemiddelde mens sowat twee jaar neem om van hul wonde te heel. Vyf of tien jaar maak minder saak. Maak ook seker oor jou aangetrokkenheid.
Wat projekteer jy op hom?
Wat simboliseer hy vir jou?
Wil jy hom "red", of deel julle werklik iets?
Jy behoort nie vir haar te sê en 'n groot ding daarvan te maak nie, maar wees bewus daarvan dat daar altyd ongemak tussen julle sal wees. Veral as die verhouding vorder. Sy kan hom voor jou kritiseer en afkraak.
Hoe gaan jy dít hanteer?
Hoe gaan julle ooit saamkuier sonder dat jy versigtig sal wees of sonder dat jy haarseermaak?
Hoe gaan jy dit hanteer as jou vriendin dalk weer sy vertroueling raak terwyl júlle 'n verhouding het en hulle jul verhouding bespreek?
Bly liewer weg en gaan soek 'n vriend wat jou nie onnodige probleme gee nie. Veral as haar vriendskap vir jou die moeite werd is. En verál as húl issues nog nie deurgewerk is nie.
Marlize Heppell verhoudingsterapeut en kliniese sielkundige van Klerksdorp
Jy bevind jou in 'n baie onbenydenswaardige situasie. Jy moet besluite neem sonder enige waarborge. Ek hoop nie jy verloor jou vriendin én vriend in die proses nie.
Ek dink nie jy het jou vriendin se toestemming nodig om haar eks te sien nie. Jy kan slegs jouself toestemming gee. As jy dink dié verhouding het die potensiaal om in iets ernstigers te ontwikkel, is dit dalk die eerbare ding om 'n afspraak met haar te maak en haar daaroor in te lig. Hul huwelik sal egter altyd 'n werklikheid tussen jou en hom bly. Jy mag skuldig voel oor jou lojaliteit aan haar (al is dit ná hul egskeiding), en jy sal dit moet kan hanteer.
Dit hang van jou vriendin se geaardheid af hoe sy dit verwerk. 'n Rasionele, volwasse en deurdagte mens kán oor die persoonlikheidsterkte beskik om jou en haar eks se verhouding, nes enige ander verhouding, te hanteer.
Sonder konflik. Sy sal dan moontlik haar interpersoonlike spanning op 'n eie, private manier verwerk. Iemand met 'n meer emosionele geaardheid sal dalk sukkel om dit te aanvaar. Maar jul vriendskap is in troebel water, ongeag jou vriendin se aard.
Respekteer haar pyn en verlies. Gun haar tyd om daardeur te werk. Hanteer haar altyd met groot respek.
Jonelle Naude lewensafrigter van Bellville
Dit klink of jy toestemming soek van 'n buiteparty. Ongelukkig weet net jý hoe kosbaar jul vriendskap vir jou is. Dit sal help om jouself af te vra waarvoor jy ja en nee sê. Sê jy ja vir 'n verhouding met dié man, sê jy eintlik nee vir jou vriendskap met jou beste vriendin.
Dit klink dalk kras, maar as jy jou dade en die gevolge daarvan bekyk - wérklik verantwoordelikheid daarvoor aanvaar - moet jy jou keuses tot op die been oopkloof en die harde werklikheid vierkant in die oë kyk.
Slegs dán kan jy 'n ingeligte en verantwoordelike keuse maak. Dis moontlik dat jou belangstelling in hom jou en haar vriendskap permanent kan benadeel.
Is jy gereed om die vriendskap te verloor? As jy is, keer niks jou om haar te vertel nie. Dán is jy vry om die man beter te leer ken en na hartelus te eksperimenteer. As jy nie so 'n stremming op jul vriendskap wil plaas nie, besluit teen die verhouding - en hou daarby.
Verwante artikels
-
Die emosionele band tussen vroue - 'n Sielkundige sê
SARIE - Junie 2010
Vroue is meer geneig as mans om emosionele vriendskapsverbintenisse met mekaar te smee, sê Marlize Greyling, 'n sielkundige van Parktown-Noord, Johannesburg.
-
Dilemma: As ek mismoedig is wil ek net eet!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets.
-
Dilemma: Ek sukkel om myself te laat geld
SARIE Julie 2010
Dis vir my moeilik om selfgeldend op te tree. Dit voel asof my baas en kollegas bo-oor my loop en my nie eens raaksien nie.
-
Dilemma: Sy kinders behandel my stief
SARIE - Februarie 2010
"Ek en my man is nou al vier jaar getroud. Sy twee kinders wil my nie aanvaar nie. Hulle lag agteraf vir my..."
-
Dilemma: Verlief op die verkeerde mans
SARIE - Junie 2010
Ek val pal vir die verkeerde man. Eers voel dit soos die groot liefde, hy bederf my en laat my goed voel, maar kort voor lank is hy erg besitlik, knou hy my af of laat hy my in die steek.
-
Dr. Eve-dilemma: Ek is nooit lus vir seks nie
SARIE - September 2009
Vraag: "Ek is ‘n 35 jarige ma met twee kinders onder ses en ‘n uitdagende beroep. My man is óf by die werk, óf speel tot laataand TV-speletjies.
-
Hansie Cronjé se Bertha oor die krag van vriendinne wat jou dra
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 8
Bertha en haar vriendinne het saam baie deurgemaak. Ná een van hulle met kanker gediagnoseer is, het hulle ‘n kalender saamgestel om die soete herinneringe van die 'susters in geloof' te vier.
-
My seun is gay
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 7
My seun (17) sê hy is gay. Hy was nog nooit ’n “tipiese” seun nie – hy is kunstig en help graag met binneversiering. Hy is nie vroulik of meisierig nie, en het baie seuns- en meisiemaats.
-
Niemand hou van haar nuwe kêrel nie!
SARIE - Desember 2009
'n Baie goeie vriendin gaan uit met 'n man wat niemand in ons vriendekring kan verdra nie.
-
Vriende geskei, wie se kant kies jy?
SARIE Januarie 2010
"Baie goeie vriende van ons is geskei. Dis vir ons 'n tameletjie, veral omdat ons as gesinne baie saamgedoen het. Ek mis hulle. Wie se kant kies ons?"
















Kommentaar
Ren het gesê:
Dis 'n groot NO NO! Die vriendskap sal daarmee heen wees dan!
1ste Apr. 2011, 17:18Jorika het gesê:
As sy vir jou 'n baie kosbare vriendin is respekteer haar gevoelens vir haar eks waaroor sy nog nie is nie. Daar is genoeg visse in die see om so kosbare vriendin wat jou dalk al deur dik en dun bygestaan het te wil verloor oor 'n man. Verseker sal sy altyd tussen julle wees as daar kinders is, dit is onvermydelik dat hulle nog altyd sal kontak he! Maak ook seker hoekom is hulle geskei!Respekteer asseblief haar gevoelens wat sou jy gedoen het as jy in haar skoene staan?Vra jouself daardie vraag af en wees baie eerlik met jouself en neem dan 'n besluit jou vriendin of haar man!
10de Des. 2010, 11:30tania het gesê:
Maak seker of jou vriendin werklik oor dit is en is jy regtig bereid om jou vriendskap van jpu vriendin prys te gee vir `n eksman `n vriendin staan altyd deur duk en din by jou maar nie `n man jammer om dit te se maar dit is so
13de Jun. 2010, 15:12Melissa het gesê:
Maak seker oor hoekom hul uitmekaar is as dit egbreek was, wat sal keer dat dit nie weer gebeur? Dan is jy jou vriendin ook kwyt.
6de Mei. 2010, 21:52Melissa het gesê:
Maak seker oor hoekom hul uitmekaar is as dit egbreek was, wat sal keer dat dit nie weer gebeur? Dan is jy jou vriendin ook kwyt.
6de Mei. 2010, 21:46