phyllis_304_rz
Verhoudings

Dilemma: Verlief op vriendin se eks

“Ek voel baie aangetrokke tot hom, maar is huiwerig. Moet ek vir haar vra of dit reg is met haar? Of moet ek eerder nie ‘n groot ding daarvan maak nie? As sy instem, kan dit regtig werk as sy soos ‘n skaduwee tussen ons is? Ek twyfel of sy heeltemal oor hom is, al sê sy so. Ek wil haar nie seermaak nie, maar wil ook nie my kanse op geluk verspeel nie.”

KENNER GEE RAAD

Willa Wagenaar kliniese sielkundige van Johannesburg

Een of twee jaar het ‘n betekenisvolle impak, omdat die gemiddelde mens sowat twee jaar neem om van hul wonde te heel. Vyf of tien jaar maak minder saak. Maak ook seker oor jou aangetrokkenheid.

Wat projekteer jy op hom?
Wat simboliseer hy vir jou?
Wil jy hom “red”, of deel julle werklik iets?

Jy behoort nie vir haar te sê en ‘n groot ding daarvan te maak nie, maar wees bewus daarvan dat daar altyd ongemak tussen julle sal wees. Veral as die verhouding vorder. Sy kan hom voor jou kritiseer en afkraak.

Hoe gaan jy dít hanteer?

Hoe gaan julle ooit saamkuier sonder dat jy versigtig sal wees of sonder dat jy haarseermaak?

Hoe gaan jy dit hanteer as jou vriendin dalk weer sy vertroueling raak terwyl júlle ‘n verhouding het en hulle jul verhouding bespreek?

Bly liewer weg en gaan soek ‘n vriend wat jou nie onnodige probleme gee nie. Veral as haar vriendskap vir jou die moeite werd is. En verál as húl issues nog nie deurgewerk is nie.

Marlize Heppell verhoudingsterapeut en kliniese sielkundige van Klerksdorp

Jy bevind jou in ‘n baie onbenydenswaardige situasie. Jy moet besluite neem sonder enige waarborge. Ek hoop nie jy verloor jou vriendin én vriend in die proses nie.

Ek dink nie jy het jou vriendin se toestemming nodig om haar eks te sien nie. Jy kan slegs jouself toestemming gee. As jy dink dié verhouding het die potensiaal om in iets ernstigers te ontwikkel, is dit dalk die eerbare ding om ‘n afspraak met haar te maak en haar daaroor in te lig. Hul huwelik sal egter altyd ‘n werklikheid tussen jou en hom bly. Jy mag skuldig voel oor jou lojaliteit aan haar (al is dit ná hul egskeiding), en jy sal dit moet kan hanteer.

Dit hang van jou vriendin se geaardheid af hoe sy dit verwerk. ‘n Rasionele, volwasse en deurdagte mens kán oor die persoonlikheidsterkte beskik om jou en haar eks se verhouding, nes enige ander verhouding, te hanteer.

Sonder konflik. Sy sal dan moontlik haar interpersoonlike spanning op ‘n eie, private manier verwerk. Iemand met ‘n meer emosionele geaardheid sal dalk sukkel om dit te aanvaar. Maar jul vriendskap is in troebel water, ongeag jou vriendin se aard.

Respekteer haar pyn en verlies. Gun haar tyd om daardeur te werk. Hanteer haar altyd met groot respek.

Jonelle Naude lewensafrigter van Bellville

Dit klink of jy toestemming soek van ‘n buiteparty. Ongelukkig weet net jý hoe kosbaar jul vriendskap vir jou is. Dit sal help om jouself af te vra waarvoor jy ja en nee sê. Sê jy ja vir ‘n verhouding met dié man, sê jy eintlik nee vir jou vriendskap met jou beste vriendin.

Dit klink dalk kras, maar as jy jou dade en die gevolge daarvan bekyk – wérklik verantwoordelikheid daarvoor aanvaar – moet jy jou keuses tot op die been oopkloof en die harde werklikheid vierkant in die oë kyk.

Slegs dán kan jy ‘n ingeligte en verantwoordelike keuse maak. Dis moontlik dat jou belangstelling in hom jou en haar vriendskap permanent kan benadeel.

Is jy gereed om die vriendskap te verloor? As jy is, keer niks jou om haar te vertel nie. Dán is jy vry om die man beter te leer ken en na hartelus te eksperimenteer. As jy nie so ‘n stremming op jul vriendskap wil plaas nie, besluit teen die verhouding – en hou daarby.

  • Melissa

    Maak seker oor hoekom hul uitmekaar is as dit egbreek was, wat sal keer dat dit nie weer gebeur? Dan is jy jou vriendin ook kwyt.

  • Melissa

    Maak seker oor hoekom hul uitmekaar is as dit egbreek was, wat sal keer dat dit nie weer gebeur? Dan is jy jou vriendin ook kwyt.

  • tania

    Maak seker of jou vriendin werklik oor dit is en is jy regtig bereid om jou vriendskap van jpu vriendin prys te gee vir `n eksman `n vriendin staan altyd deur duk en din by jou maar nie `n man jammer om dit te se maar dit is so

  • http://qsltjnwmssze.com/ dpfsym

    1zAlT1 hbwdboihkqja, [url=http://nfmfnqkpnvic.com/]nfmfnqkpnvic[/url], [link=http://qlhugvatyjgz.com/]qlhugvatyjgz[/link], http://gqzkmkhzvlze.com/

  • Jorika

    As sy vir jou ‘n baie kosbare vriendin is respekteer haar gevoelens vir haar eks waaroor sy nog nie is nie. Daar is genoeg visse in die see om so kosbare vriendin wat jou dalk al deur dik en dun bygestaan het te wil verloor oor ‘n man. Verseker sal sy altyd tussen julle wees as daar kinders is, dit is onvermydelik dat hulle nog altyd sal kontak he! Maak ook seker hoekom is hulle geskei!Respekteer asseblief haar gevoelens wat sou jy gedoen het as jy in haar skoene staan?Vra jouself daardie vraag af en wees baie eerlik met jouself en neem dan ‘n besluit jou vriendin of haar man!

  • Ren

    Dis ‘n groot NO NO! Die vriendskap sal daarmee heen wees dan!