FOTO Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

Verhoudings

Ek voel buite beheer!

Dr. ST Potgieter, sielkundige van Bellville:

Daar is te veel tekens dat stres die oorhand kry in jou lewe: Jy is heeltyd onder druk om aan verwagtings te voldoen en te presteer. Jy voel oorweldig deur die eise wat jou man, kinders, huis en beroep aan jou stel. Jy het nie genoeg tyd en energie vir al jou verantwoordelikhede nie. Dit lei tot frustrasie en irritasie, en saam met die magteloosheid wat jy voel, kan dit negatiewe gevolge hê, soos depressie, uitbranding en fisieke simptome soos maagsere. Of emosionele ontploffings of woede-uitbarstings.

Dikwels skaad erge spanning en ’n oorval program die belangrike verhoudings in jou lewe. Jy sal moet prioritiseer – wat is vir jou belangrik? Sorg vir genoeg ontspanning en rus, delegeer take en rig tydjies vir jouself in. Kortom: Kweek ’n gebalanseerde en gesonde leefwyse aan. Dis ook belangrik dat jy leer hóé om stres op ’n emosionele vlak te hanteer.

Wees in voeling met jou emosies, deel dit met die belangrike mense in jou lewe en soek saam oplossings.

Maak tyd om met jou man te gesels oor hoe jy voel. As jy oormoeg en oorwerk is, is dit soms moeilik om rasioneel op te tree – en dan huiwer jy dalk op die rand van ’n emosionele afgrond. ’n Berader kan ook perspektief bring.


Taryn Sydow, leefstyl-afrigter van Gauteng

Balans gaan nie oor hoe jy jou tyd bestuur nie. Dis om dit wat jy doen, in pas te kry met wie jy is. Dán sal jy vervuld en energiek voel. Kyk na jou behoeftes, waarde en talente.

Skrywer Anthony Robbins sê elke mens het ses basiese behoeftes: aan sekerheid, verskeidenheid, groei, liefde/verbintenis, ’n betekenisvolle lewe, en om iets by te dra. As daar aan jou behoeftes voldoen word, voel jy energiek en tevrede. Indien nie, voel jy gedreineer en geïrriteerd. Dis waar ’n deel van jou woede en frustrasie vandaan kom.

Jou waardes is dit wat belangrik is in jou lewe en wat jou gedrag bepaal. Wat is jou persoonlike waardes? As jou keuses en jou leefwyse hiermee strook, sal jy waarskynlik meer in balans voel.

Jou talente is dié dinge wat “maklik” kom en wat jy só geniet dat jy byna tred verloor met tyd as jy daarmee besig is. Gebruik jy jou talente in minstens 80% van wat jy doen? As jy dinge doen waarvan jy hou, dreineer dit jou nie. As jy glo jy is “buite beheer”, bepaal dit juis hoe jy elke dag ervaar.

Doen selfondersoek: Sorg dat wat jy doen en hoe jy dit doen, strook met wie jy is. Jy is dan steeds besig, maar jy sal meer energie hê en meer vervuld voel.

(Lees ook my boek Putting the Pebbles in First, Optimal Publishing, 2008.)

Dr. Judy Jaye, Bestuurder: opleidingsontwikkeling by The Stress Clinic, Johannesburg

’n Groot stressor in jou lewe is dat jy beheer oor jou tyd verloor het. Jy voel jy het nie tyd nie. Maar prioritiseer: Jy kan nie alles gelyk doen nie. Maak ’n lys van take (tot die kleinste) en rangskik dit in vyf afdelings: Die moet-take is nie-onderhandelbaar, belangrik en dringend – take met erge gevolge as jy dit nie doen nie (soos ’n dringende verslag of kos vir die huis).

Die behoort te doen-take is belangrik, maar nie dringend nie. (Soos nuwe skoolklere en die voorlegging oor vier weke. Moenie dit los tot op die nipper nie. Beplan.)

Die hou van-take is onbelangrik, maar jy geniet dit. Jy begin dalk vervaard kook ’n halfuur voor die gaste kom – maar bestee ure aan jou tafelversiering. Moenie dié take eerste doen nie.

Delegeer-take het nie jou vaardighede nodig nie. Jy hoef nie supervrou te wees nie. Onthou: Wees baie spesifiek oor wat jy verwag en wanneer, anders stres jy steeds.

Elimineer take wat vir jou niks beteken nie en wat jou groei belemmer. Tik elke dag af wat gedoen is en voeg nuwe take by. Só beheer jy jou tyd, en die frustrasie sal verdwyn.

As jy steeds gespanne is, is daar dalk ’n ander onderliggende probleem – kontak dan The Stress Clinic.

KONTAK

• ST by 021 949 5007, e-pos: st@pitkos.co.za

• Taryn by 071 606 9582, www.optimalcoaching.co.za

• Judy (The Stress Clinic) by 011 880 2334

  • Helouise Eloff

    Ek verstaan hoe jy voel. EK ervaar dieselfde dinge op hierdie stadium. Die verskil is net dat ek alreeds depressie medikasie gebruik. EK voel of ek so half verdwaal in die wereld tussen als wat gebeur en nog moet gebeur. Dis asof jy in n glaskas beweeg, sommige dinge gaan net tot teen die glas en n mens voel apaties. Sterkte, ek hoop jy kry dinge onder beheer.

  • Zelda Pienaar

    Ek kan ook sê ek weet hoe jy voel. Ek is ‘n enkel ouer en dit voel of ek nie genoeg tyd het om aan my dogtertjie, my vriend en die huistake te spandeur nie. As ek iets wil of moet doen en ek word vir enige simpel rede oorval met ander takies soos my dogtetjie wat bietjie koeldrank wil hê of my vriemd wat ‘n onskuldige drukkie wil hê…bars die woede deur en almal is omgekrap. So werk die kringloop, en jou hele aand, naweek is bederf. Dit voel of ek net nie beheer het nie, soos jy.

  • http://sarie.com Elza Fourie

    Ek het al so baie dit gehoor……wens daar was kits oplossings.
    POSITIEF praat , lees en wat jy ookal doen afhandel en jouself aanmoedig is nie maklik .
    Ek is ouer en was ook ‘n ma soos jy ,,,,,jy sal nie glo nie daar gaan ‘n dag kom wat jy gaan verlang na dit …..wat jou juis nou moeg maak.

    As jy begin deur 5 min te dink aan iets aangenaams …help dit ook.
    Dink vroegoggend elke dag aan iets waarna jy kan uitsien ….kry so elke dAG IETS ….SKRYF DIT NEER.

    Gou sal jy bly wees dat jy kan terug kyk in jou dagboek en sien hoeveel lekker daar was.

    Ek weet nie of ek mag iets se soos ….lees :

    STORMIE OMARTIAN se gebede boek : THE PRAYING PARENT ,THE PRAYING WIFE ,THE PRAYING WOMAN.
    jy sal verbaas wees deur net vol te hou om elk dag die gebede te bid en nie af te wyk nie …..sal jou lewe verander.

    Ek wens ek kon jou ‘n drukkie gee….maar gee jy en sien hou dit vermenigvuldig en terugkom na jou .

    Praat positief al maak dit nie sin …hou net aan.Sien die voorreg in jou kinders se take en jy sal wen.
    Ek het soms na 24h00 in die nag eers ‘n stil tyd gehad en as almal slaap kom wysheid soms beter as ooit …as jy ;n oggend mens is staan vroeer op .

    My ma het altyd gese "CHIN UP GIRL " !!!!

  • http://fpzkjzudcavo.com/ krmwzl

    JOHIKl wirdidptrtsx, [url=http://owrakykxijmj.com/]owrakykxijmj[/url], [link=http://ntlawlurssrj.com/]ntlawlurssrj[/link], http://kdmnberpzqqe.com/

  • http://veaofzixssdg.com/ nlgtaiwuv

    fZ7EvI dqliqafxziqj, [url=http://utcrpmcvqiht.com/]utcrpmcvqiht[/url], [link=http://qfjbmbnhexgm.com/]qfjbmbnhexgm[/link], http://ieltrfbudjum.com/