Hoekom kies vroue mans wat soos hul pa's lyk?
Foto’s: www.dailymail.co.uk Galery
'n Nuwe boek vertel dat vroue 'n man kies na aanleiding van hul pa's. André le Roux sê óók so in sy nuwe boek.
Professor David Perrett vertel in sy nuwe boek hoe vroue besluit hy's 'die een' deur na sy gesig te kyk, en hoekom ons van mans hou wat baie soos ons pa's lyk, berig die Daily Mail.
Vergelyk byvoorbeeld Brad Pitt met Jon Voight, Angelina Jolie se pa. En mans kies weer vroue wat baie soos hul ma's lyk.
Dis wetenskaplik bevind dat van jou kindsdae bly jou ouers se gelaatstrekke jou by. Sodoende kan jy van 'n jong ouderdom af hulle onthou en herken. Dit geld vir ander soogdiere ook.
Perrett het 300 mans en 400 vroue (almal in 'n verhouding en deur beide hul ouers grootgemaak) gevra wat is hul oë- en haarkleur, en dié van hul ouers. Dit het geblyk wanneer dit by oog- en haarkleur kom, kies vroue mans met dieselfde oog- en haarkleur as haar pa. Mans kies vroue met dieselfde oog- en haarkleur as sy ma.
|
André se boek, Kan ek maar aan jou selluliet vat?, Tafelberg-Uitgewers, R185. |
André le Roux van SARIE sê:"Volgens navorsing kies jy ’n man wat soos jou pa lyk, en hy ’n vrou wat soos sy ma lyk. Of julle kies iemand wat na julself lyk, solank julle net nie té veel na mekaar lyk nie, anders is jul gene dalk te identies en jul kinders se immuunstelsel swakker. Julle wil gesonde kinders hê. Wanneer vroue ovuleer, kies hulle mans met ’n manlike voorkoms (vierkantige gesig, reguit wenkbroue, dunner lippe). Andersins kies hulle mans met vrouliker (ronder) gelaatstrekke. Julle soek nie na dieselfde kenmerke in mekaar nie: Hy kyk hoe vol jou lippe is (voller lippe, is bevind, laat ’n vrou jonger lyk), die grootte van jou mond, hoe lank en breed jou ken is. Jy kyk na die afstand tussen sy mond en wenkbroue, hoe lank sy gesig is, die afstand tussen sy oë, en die grootte van sy neus. En persoonlikheid tel ook." Lees 'n onderhoud met André oor sy nuwe boek
|
Wat gee jou ouderdom weg?
Mens sou dink basiese wiskunde sal jou oordeel help, soos die: 'Die gesigsvorm lyk 50. Die toestand van haar vel is goed, seker so 40. Hare - meer soos 60. So, ek skat haar so 45.'
Dit is egter nie hoe dit werk nie, volgens Perrett. Wanneer jy iemand se ouderdom skat, vat jy eerder die makliker pad en fokus op die deel van die gesig wat die oudste lyk. Dit is bewys deur foto's so te manipuleer dat die gesig ouerig lyk, maar die hare dié van 'n jonger persoon en andersom. Daar is in die studie bewys dat deur 'jonger' hare op 'n ouer gesig te sit nie die persoon se geskatte ouderdom enigsins verander nie. Maar toe daar 'ouer' hare op 'n jong gesig gesit is, het die mense wat aan die studie deelgeneem het, gedink sy is baie ouer as wat sy werklik is.
Dus, as een gedeelte van jou voorkoms ouer as die ander deel lyk, het dit beslis 'n invloed het op hoe oud jy vir ander mense lyk.
Vir die res van die Daily Mail-artikel, klik hier.
Verwante artikels
-
"Dít kry my deur die dag" - skoonheidkenners verklap hul kan-nie-daarsonder-nie-produkte
SARIE Maart 2010
Skoonheidkenners vertel van hul één noodsaaklike produk. Niks kan jou onderkry met skoonheidsprodukte wat nuwe woema gee nie.
-
Hoe vrouer hoe mooier
SARIE - November 2009
Het jy geweet jy raak al hoe mooier? vra jy.
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Mooi, mooier . . . Miss Beautiful!
SARIE - April 2009
Die onderwerp van hierdie koffietafelboek is skoonheidswedstryde. Maar as jy Mej. of Mnr. SA in gedagte het, slaan jy die bal ver mis. So uiteenlopend soos jy kan kry – Ms Figure, Miss Earth South Africa, Miss Santos Beach, Mr Six-pack
















Kommentaar