Verhoudings

Hoeveel kersligetes is nodig om die vonk terug in julle verhouding te sit?

Dalk nie eens een nie…

Hoeveel keer het jy al gehoor dat ʼn romantiese aandjie saam – net die twee van julle – die oplossing is vir ʼn voorspelbare, futlose verhouding? Maar nie almal hou van ʼn kersligete wat tien teen een met met ʼn groot rekening afgesluit word nie.

Maak eerder tyd om in ʼn salige, lekkerruik-bad te lê; haal daardie rok uit wat jy hoe lank al bêre vir ʼn spesiale geleentheid en droom van die aandjie wat voorlê. Dit hoef nie ʼn kersligete in ʼn vyfster-restaurant te wees nie. Gaan stap sommer langs die see of kruip in ʼn fliek weg en hou hande vas in die donker.

lux

Skryf nou in vir die SARIE/LUX Spark-paartjie!

luxWarren Munitz van Integrated Life Coaching sê juis:Date night werk nie vir almal nie.”

Dalk het julle niks meer nodig as om die kinders en die skottelgoed by die huis te los en gereeld vir ʼn paar uur saam deur te bring nie. Nie almal het kerslig nodig om te sien dat hy steeds die man is waarop jy verlief geraak het nie.

Vonk-feit*: 40% van SA vroue meen dat meer pret die vonk in hul verhouding sal terugsit.

En as jy eers (weereens) besef het dat hy die man vir jou is, is dit maklik om van voor af te besef dat hy die een is vir jou, selfs al vergeet hy soms om die hond te voer of die vullisdrom op die sypaadjie te sit.

“Almal soek onvoorwaardelike liefde en wanneer jy dit vind, skep dit nie ʼn vonk nie, maar sommer ʼn hele veldbrand!” meen Warren

Vertel ons hoe jy die vonk in jul verhouding hou. Ons hoor graag. Daar wag ʼn fantastiese prys op die eerste SARIE/LUX Spark-paartjie. Klik hier om deel te neem.

*LUX Chanel 5 Suid-Afrika Spark-navorsing 2013