FOTO: Clinton Lubbe

Verhoudings

Is hy jou droomman?

Op 14 Julie skop kykNET se Boer soek ‘n vrou 2 af. En aanbieder Elma Postma is alweer besig om SA se paaie plat te ry op soek na maats vir die boere in dié reeks.

Maar gerugte loop dik dat van die boere nie belangstel in liefdesbriewe van vreemde vroue nie. Hulle wil eintlik net vir Elma hê! Dit het SARIE ‘n idee gegee . . . om vir Elma ‘n droomman te soek. Sommer net vir die pret!

Drie manne moes naderstaan – ‘n wynboer, ‘n amper-prokureur en ‘n bekende sanger – en ‘n vraelys wat Elma (met die hulp van Marilyn Welch, ‘n matchmaker van Pretoria) opgestel het, invul.

In jou Junie-uitgawe kan jy sien wie sy gekies het.

Maar dink jy jy het jóú droomman ontmoet? Voor jy té opgewonde raak, kyk eers na dié 10 vrae wat Marilyn spesiaal vir SARIE opgestel het.

[box:full:grey:both]

Is hy jou droomman? Hier’s die vrae
    1.    Is hy goedhartig en sensitief?
    2.    Het hy ’n goeie sin vir humor?
    3.    Laat hy jou spesiaal voel?
    4.    Is hy onafhanklik? (Hy bly nie by sy ouers nie. Hy verdien ’n salaris.)
    5.    Hou hy van kinders en diere? (Dit sal wys of hy empaties is.)
    6.    Wat het verkeerd geloop in sy vorige verhoudings en wat het hy daaruit geleer?
    7.    Het hy doelwitte?
    8.    Is hy buierig en afsydig?
    9.    Hoe tree hy op teenoor sy ma?
    10.    Watter soort vriende het hy? (Die gesegde lui nie verniet jy word geken aan jou vriende nie.)

[/box]

Vir nog dating-wenke, besoek www.perfectstrangers.co.za

*Moenie jou Junie-uitgawe van SARIE misloop nie waarin Elma Postma van háár droomman vertel. Vanaf 4 Mei te koop.

  • KIM OLIVIER

    Hi Elna,

    Ek het gedink ek het die perfekte man ontmoet, maar ek was verkeerd gewees. Ek en hy het soveel ingemeen gehad, maar daar het dinge gekort. My ouers wou gehad het ek moes vir Boer soek ‘n vrou ingeskryf het, maar ek het nie geweet wat om te skryf nie. Ek het ‘n pragtige dogtertjie en mans hou nie so baie daarvan as mens ‘n pakkie het nie. So het ek geleer. Sterkte met die man soek vir jou.

  • Hennie Erichsen

    When a women’s got Style,she’s got STYLE,and you can’t take it away from her!

  • Adele

    hi ook 10jaar terug gedink ek het die perfekte man ontmoet. Met ons troue het sy ware kleure uitgekom, ek het gebid en gesmeek en gedreig hy wou nie hulp kry nie. Na 10 jaar besef hy wilnie verander nie, uitgetrek en is nou na 3maande terug hy het gegaan vir berading, maar steeds sukkel ek om te vertrou dat hy verander het, sy probleem geving het en daaraan gewerk het.Bly single. Jou tyd geld eiendom en lewe is volkome joune. Jy hoef nie te verander of voortegee jy is nie wie jy werklik is nie (om hom te please nie)

  • Piet

    Soek nix

  • Elaine Jansen-Kempton Park

    Ek voel dat ek die gelukkigste vrou op die aardbol is. Ek het die wonderlikste,dierbaarste man ontmoet,wat my op sy hande dra. Al wat ek vir al die dames daar buite kan se is hou moed,daar is nog sulke goeie mans daar buite. Die probleem deesdae in die samelewing is dat vrouens te krities is,vrouens kyk na die uiterlike en nie die innerlike nie. Ek was voorheen getroud met ‘n aantreklike man en tot my bitterspyt was hy die verkeerde man,want hy was almal se man! Vandag het ek ‘n man met ‘n semi boepens en ek lief elke stukkie van hom-waarom? Ons lewe as een,maar tog ook as individuele mense. Maar ons liefde is "pure". Dames hou moed!!!!!! Jul geluk sal kom,waardeer en koester die liefde.