sr1204beheervraat
Verhoudings

Is jy ‘n beheervraat?

* Doen introspeksie en wees eerlik met jouself. Is dit regtig nodig om alles perfek te wil hê en te wil doen?

* Leer jouself om ’n bietjie “te laat gaan”. Moenie so streng met jouself wees nie.

* Maak ’n punt daarvan om na ander uit te reik en fokus só ook sommer ’n bietjie minder op jouself.

* As jy heeltyd so ’n perfekte beeld voorhou, kan jy dalk baie eensaam word. Want niemand identifiseer met sulke perfektheid nie. Ons almal het immers foute.

* Maak ’n afspraak by ’n sielkundige en soek ’n moontlike onderliggende sneller – dinge wat die gevoel dat jy in beheer móét wees, in jou wakker maak.

* Soms oorkompenseer mense juis só vir (onbewustelike) dinge wat hulle buite beheer laat voel. ’n Sielkundige kan jou help om sulke patrone te identifiseer. Jy voel dalk jou mening tel nie tuis nie en dis iets wat uit jou kinderjare kom. Jy oorkompenseer deur by die werk jou stem dik te maak, en kan daar selfs bekend staan as “moeilik”.

* Konfronteer die konflikte wat jy altyd net opsy skuif en sorteer dit ’n slag uit. (Jy het jou jare gelede vir jou niggie gewip. Kry dit van jou hart af.) Dit gaan nie verdwyn as jy dit gedurig vermy nie. Dit kry inteendeel groter mag oor jou – en laat jou indirek buite beheer voel.

* Moenie onnodig swaar aan ou bagasie dra en wrokke teenoor ander koester nie. Dit steel jou energie.

* Kies doelbewus om te ontspan en die lewe te geniet.

Bron: Karlien Erasmus

  • Joey van Greunen

    Ja ek is geneig na n kontrol freak, kan nogal my toys uit die cot gooi as dit deurmekaar is,hou van netheid?

  • clwjhq

    bYw4P6 lqemctzuckhh, [url=http://bpzwewctqpke.com/]bpzwewctqpke[/url], [link=http://jzywrqwnekpo.com/]jzywrqwnekpo[/link], http://jdzjyjafkmqg.com/

  • tgjeao

    QRciV4 ormntybjptxa, [url=http://khlevsoilgdd.com/]khlevsoilgdd[/url], [link=http://ssyixdmwgwok.com/]ssyixdmwgwok[/link], http://pjsxsnqymjmq.com/