FOTO Unsplash / Yanko Peyankov

FOTO Unsplash / Yanko Peyankov

Verhoudings

Verliefdheid soos dwelmverslawing

So lank as wat daar vroue is wat halsoorkop verlief raak, sal daar swendelaars wees wat dit uitbuit. Maar hoekom val party vroue vir sulke mans … ten spyte van die gevaarligte wat flikker?

FOTO Unsplash / Adriana Velasquez

FOTO Unsplash / Adriana Velasquez

Die gevaartekens

Dis maklik om kop te skud wanneer jy na sulke stories luister en te wonder hoe op aarde kon ’n vrou nie die tekens vroegtydig raakgesien het nie. Maar ’n swendelaar is ’n geoefende manipuleerder, sê Luzanne Liversage, ’n sielkundige van Johannesburg, en dis moeilik om in die begin deur so iemand se stories te sien.

“Hulle is dikwels psigopate, sosiopate en narsiste. Charismaties, met min of geen empatie óf skuldgevoelens.”

Hy is ook nie noodwendig agter jou geld aan nie, wat hom dalk makliker sou weggee. Vir hom is die magsgevoel wat hy kry as hy jou ’n rat voor die oë kan draai, ’n beloning, sê Lu-Anne, ’n verhoudingsafrigter van Kaapstad. “As hy boonop vol komplimente is en jou spesiaal laat voel, lyk die gevaartekens dalk nie so gevaarlik nie. As jy ’n behoefte aan ’n maat het en ’n vrees vir alleenwees, kan dit jou maklik ander se foute laat oorsien.”

Maar daar is sekere subtiele waarskuwingstekens wat jou op jou hoede behoort te sit. As hy altyd spog oor sy geld of sukses, maar gereeld sy beursie “verlê het” wanneer die rekening kom, moet die rooi ligte flikker. “Iemand wat maklik oor klein dinge jok, sal net so maklik oor belangriker dinge oneerlik wees. Moet nooit iemand net blindelings vertrou nie. Vertroue is iets wat verdien moet word,” sê Lu-Anne.

Wees veral op jou hoede met aanlyn ontmoetings, waarsku beide Lu-Anne en Luzanne, want dis nóg makliker om aanlyn iemand om die bos te lei.

“Deesdae het misdadigers toegang tot jou sosialemedia-profiele en as hy weet wat jou belangstellings is, kan hy makliker jou vertroue wen,” volgens Lu-Anne.

Een manier om ’n manipuleerder raak te sien is om na jou eie gevoelens op te let. “As jy aanhoudend skuldig voel, kan dit ’n teken van manipulasie wees.Een van die beste maniere om jouself teen ’n manipuleerder, in enige verhouding, te beskerm is om duidelike perke te stel en nie toe te laat dat iemand jou laat skuldig voel daaroor nie. Moet nooit jou instink ignoreer nie.”

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Verliefdheid kan soos ’n dwelmverslawing wees

Om verlief te wees is so goed soos om aan ’n dwelm verslaaf te wees, sê Luzanne. “Wetenskaplikes glo die chemikalieë wat jou brein dan vrystel, soos serotonien, is nodig om daardie noue band te vorm. Dis só kragtig dat dit jou denkpatrone verander.”

Helen Fisher, ’n Amerikaanse biologiese antropoloog en skrywer van Why We Love: The Nature and Chemistry of Romantic Love (Henry Holt, 2004), het al verskeie studies oor die liefde gedoen. Verliefdheid, het sy gevind, gebeur heel eerste in jou “reptielbrein” – ’n oerbrein wat basies vir beloning “werk”.

Kognitiewe denke en emosies geld nie in dié deel van jou brein nie en verliefdheid word eers later in die meer gekompliseerde breindele opgemerk. “Jou reptielbrein stel groot hoeveelhede dopamien vry, ’n chemikalie wat jou energiek, gefokus, opgewonde en gemotiveerd laat voel.

Dis, terloops, wat gebeur wanneer iemand kokaïen neem,” het sy tydens ’n praatjie by Wits in 2013 gesê. “Jy is bereid om groot kanse te vat en groot skade te ly in die hoop dat jy tog die prys sal wen. Dit werk op dieselfde manier as verslawing: Jy fokus obsessief op een mens, jy’t hulle nodig, jy verdraai die werklikheid daarvoor, en jy beleef onttrekkingsimptome.”

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Die volledige artikel, “As die ‘liefde’ jou kop laat verloor”, het in SARIE se Maart 2017-uitgawe verskyn. Nou te koop.

Minki van der westhuizen maart 2017

Lees nou

Frans Cronjé oor Hansie, nuwe fliek

John Legend oor Chrissy: “Ek moes haar ondersteun …”

Kampioen branderplankryer se raad aan jonges