Verhoudings

Joost en Amor se huwelik: Het dit ooit ‘n kans gehad?

Donderdag het die bom in die koerante gebars: Joost van der Westhuizen het uit sy en Amor se huis in Dainfern Valley in Johannesburg getrek. Hy woon glo nou by ‘n sakekennis, mnr. Garry Hartslief. Volgens ‘n berig in  Beeld en Die Burger wou Hartslief nie kommentaar lewer nie.

Amor het ook nie gereageer op ‘n versoek op haar selfoon om kommentaar nie. En Joost het glo gesê wat in sy huis gebeur, is “privaat”.

Dít volg op die video-debakel waarin Joost saam met ‘n ontkleedanseres verskyn het en waar dit lyk asof hy dwelms snuif. Baie mense is eintlik verbaas dat Amor so lank by haar man gebly het.

Marguerite van Wyk het met `n paar kenners gepraat om te hoor of hulle hoegenaamd gedink het die huwelik het `n kans. Aanvanklik het Joost  ontken dis hy in die video, maar toe wel later in sy biografie skuld erken. Boonop het die gewese hoogspring-kampioen Charmaine Weavers toe ook beweer sy en Joost het tevore ‘n affair gehad.

Gys Els

Huweliksberader, Alberton

 
As mense werklik berou het en kan vergewe, kan ‘n huwelik wat deur stormwaters is, weer herstel. Vertroue kan herstel word.
Mense wat in die openbare oog is, het beslis ‘n baie moeilike tyd omdat daar heeltyd op hulle gefokus word. In die geval van die gholfspeler Tiger Woods wat onlangs in die nuus was oor al sy affairs, het hy wél erken hy het gedink hy is onaantasbaar. Wanneer mense openbare helde word, dink hulle dikwels – soos die krieketspeler Hansie Cronjé destyds met sy krieketknoeiery, baie politici, kerkleiers en glanspersoonlikhede – hulle kan met sekere dinge “wegkom”.
‘n Mens moet versigtig wees vir die greep van mag. Dikwels word jou sin vir waardes verdoof deur die blink liggies. Dis ‘n dilemma. Sogenaamde celeb-mag is aan die een kant lekker. Dis heerlik as almal jou ken en na jou kom kyk en daarvoor betaal. Maar dis nie lekker as hulle jou harder oordeel as jy fouteer nie. Piet Pompies het dalk ook sy vrou verneuk en sy vrou slaan hom met die koekroller uit woede, maar niemand weet daarvan nie. Alle paartjies beleef onmin. Hulle maak droog en maak dan weer dinge reg. Maar niemand lees daarvan in die pers nie.
Ek sou met Joost en Amor wou gesels en hoor wat het vir hulle gewerk in hul verhouding en sou dan wou bou aan die sterk boustene.
Daar is geen formules in verhoudings nie. Die vraag wat albei moet vra, is: Watter situasie help my om die mens te word wat ek wil wees? As ek wil vergewe en regmaak en ek dink ek sal dit regkry deur te bly, bly. As ek veiliger voel deur die verhouding te verlaat, gaan.

Elmari Mulder-Craig

Seksuoloog, Pretoria

 
Joost en Amor het langer “gehou” as wat ek gedink het. Juis omdat daar aanvanklik oneerlikheid en ontkenning was. Ek weet nie of hulle vir terapie gegaan het nie, maar só ‘n huweliksprobleem het spesifieke traumaberading nodig vir albei partye. Slegs dán is daar die moontlikheid van versoening. Dit hang ook af hoe sterk die verhouding vóór die probleme was. Die prognose vir iets waardeur Joost en Amor is, is egter gewoonlik nie goed nie. Die skok was bloot te groot vir Amor. Die hantering van verlies is soos ‘n rouproses.
Jy bevraagteken jou idee van die huwelik en die mens met wie jy getroud is. Die verontregte party gaan dikwels in ‘n staat van veg, vlug of vries. Baie vroue vries en weet glad nie wat om te doen nie. Dikwels is dit nóg moeiliker vir hoëprofiel-mense, want hulle moet dink aan hul loopbane en hoe dit hul kinders gaan beïnvloed. Dan is daar die geloofskwessie. Hulle het hulself voorgehou as ‘n familie met stewige Christelike waardes. ‘n Mens kan vergewe en vergeet en aangaan. Maar die lewe werk nie altyd so nie.

Vergifnis is ‘n proses. Sommige goed is net nie hanteerbaar nie. Dikwels is jou integriteit só geskend dat jy nie kan terugbeweeg in die verhouding sonder om te voel jy het jou siel verkoop nie. Dan moet jy vra: Wat is die beste vir my? Baie vroue kom op daardie punt en sê dan: Ek kan die situasie net nie meer hanteer nie en beweeg aan. 

Ek glo glad nie ‘n proefskeiding sou gewerk het nie. Dit is gewoonlik net die voorloper tot ‘n egskeiding.

 

Dit help nie jy raak in ‘n moddergooiery betrokke nie. Hy bly die pa van jou kinders.

 

Amor het die ekstra myl geloop. Ek het baie respek vir haar en vir Natasha Sutherland (Steve se eksvrou) oor hoe hulle hul mans se ontrou hanteer het. Dit help nie jy raak in ‘n moddergooiery betrokke nie. Hy bly die pa van jou kinders.
 
 

Kobus van der Merwe

Imago-verhoudingsterpeut van Pretoria

 
As Joost en Amor vir terapie gegaan het, was versoening moontlik. Mense wat pyn ervaar, soek salwing daarvoor buite die huwelik in byvoorbeeld affairs, dwelms, drank, werk, huisskoonmaak, hulle skop die
hond . . . As jy weer tot besinning kom, byvoorbeeld ná die affair, is jy nog nét so kwaad. Maar dan moet jy kommunikeer, anders gaan die pyn nie weg nie. ‘n Affair maak albei mense in hul diepste wese seer. Sewe uit tien mense het ‘n affair en net 30% van daardie verhoudings oorleef.

Al hoekom hulle s’n moontlik nou nie oorleef nie, is omdat hulle nie die ondersteuning, gereedskap en heling het om die verhouding weer te laat genees nie. Terapie sal daarvoor sorg.

‘n Proefskeiding sou nie werk nie, want hulle moes juis kommunikeer. En dan sou hulle net nog verder van mekaar wegdryf. Dat hulle so lank bymekaar gebly het, sê iets van die kapasiteit van hul verhouding. Dis goed.

Aan die ander kant help dit ook nie net om maar net aan te karring sonder om oplossings te vind nie. Jy moet oor jou pyn práát.

Indien hulle sou skei, is die kans statisties groot dat hulle twee tot drie jaar later, sou hulle weer met iemand trou, in dieselfde verknorsing sou sit. As jy loop, neem jy jouself immers saam. Dis nie een of die ander se skuld nie. Dis dinge wat in albei moet verander.

  • Sonett Groenewal

    Nee dit sal nooit weer werk nie!!! Daar is nie n groter vernedering vir mens se vrouwees as jy seksueel nie goed genoeg is nie!! En as jy was sou jou man dit nie by iemand anders gaan soek het nie!! Berading help nie vir daardie vernedering nie!! Vra my ek weet

  • Tos Prins

    Amor is tops sy verdien om die beste respek van die media te geniet, los Amor asb. uit sy staan vas met haar voete op die grond. Sy sal daardeur kom, moet haar om hemelsnaam net nie verpes oor allerhande onderhoude, die vrou het ‘n rou seer in haar hart, respekteer haar gevoelens asb.Ek weet ek loop al 41 jaar met so ‘n seer wat niemand kan verstaan.Amor Lees Eksodus 14 vers 14: Wees Stil Ek sal vir jou veg.

  • NICO COETZEE

    EK GAAN NOOIT WEER KOERANT LEES , JULLE HET GEEN RESPEK VIR MENSE OF HULLE NAASTE

  • Edie van Zyl

    Ek beskou die skeiding werklik as n tragedie, vir Joost, Amor en veral die kindersl. Joost is n goeie pa. Egskeiding is nie n oplossing, ek het jare terug gekies om te skei. Toe my kinders tieners word, het ek gesukkel om myself te regverdig, want die letsels vir hulle was te groot. As ek vandag kon kies sou ek nie geskei het nie, vir myself en veral my kinders. Hulle is groot en al self getroud, maar die letsels is vir ons wat hulle goed ken, baie duidelik. My raad aan julle is, die gras is nie groener as jy skei, die "kunsmis" net meer.

  • Fred

    Die mensdom se vraatsig is groter as ‘n huisgesin se waarde en liefde.
    Hulle sal toe sien hoe kinders verpletter word vir hulle eie gewin.
    Ek is skaam en verward vir die mensdom se onbeskaamde gedrag.
    Ek dink God huil heeldag as hy na SA kyk.

    Die een wil meer as die andereen bewys dat reg nou verkeerd is en verkeerd nou reg is.
    Ons verdien wat ons ontvang, want ons is genadeloos.
    Wat jy saai sal jy maai.

  • Jammer vir hulle albei, maar kan ook nie dink dat dinge weer dieselfde kan wees nie. Gaan liewer uitmekaar, vergewe, vergeet en leef in vrede vir die kinders en ook hul eie onthalwe. Onthou net die goeie wat was. Begin voor. Daar is altyd ‘n nuwe begin. Dink aan julle.

  • Fyngemaal

    Ek grond my antwoord op eie ervaring.
    Ek het my gewese vrou verkul en sy kon dit nie verwerk nie.
    Ek verstaan dat sy dit nie hoef te vergewe het nie.
    Op haar beurt het sy my verneder en tot die rand van selfmoord gedryf.
    Haar houding was, ek sal jou nie los nie, maar ek sal elke dag van jou lewe hel maak.
    Sy het gepoog en ek is gestroop van my waadigheid en selfbeeld.
    Sy het my publek verneder, selfs in die media.
    Toe gebeur dit dat ek haar begin haat het.
    Ons het vir twee jaar mekaar venietig.
    Daarna het ons weer probeer en die aftakeling voortgesit.
    Een aand het ons liefde gemaak en daana vra sy my of dit is hoe die ander vrou dit gedoen het.
    Ek het weggegaan en nooit weer met haar gepraat nie.
    Vandag besef ek dat ek die probleem veroorsaak het en dit moes beredder het.
    Ek moes die dag toe ek gebieg het uitgestap het.
    Antjie Krog se vergfnis is nie ‘n menslike eienskap nie – sy is reg!
    As Joost bly gaan hy tot die verneuker en swak pa gedegenereer word.
    Die man wat ander vrouens bo sy eie Amor en kinders gekies het.
    Sy huwelik is waarskynlik tot disfuksionaliteit gedoem en hy moet vrede maak dat hy dit gedoen het.
    Dan moet hy hom vergewe, vir Amor opreg veskoning vra – selfs voete was en dit is nie ‘n rap nie – en uitklim.
    Die beste waarop beide kan hoop, is dat hulle hul kinders met respek vir mekaar grotmaak.
    Daar is lewe na ‘n egskeiding en soos met alles bring tyd heling.

  • Roelie

    Ek neem aan dat Joost en Amor werklik by hulle ontmoeting geglo het dit gaan werk. Dit gee hoop in enige poging tot versoening. Die probleem is myns insiens die feit dat die huwelik sogenaamde glanspaartjie-status bereik het. Daarmee is niks verkeerd nie. Ten minste is hulle loopbane daardeur bevorder. Ook niks verkeerd nie. Maar as die glans verdof het – en die erkenning as rolmodelle versuur – dan verloor die huwelik maklik stoom omdat die kragte wat dit op die ou einde gedryf het, in die niet verdwyn het. Mag die huwelik asseblief gered word – maar dan moet die twee teruggaan na Jan Publiek status. Dit het Joost egter nooit geken nie. Ongelukkig is daar soveel nadele aan die sogenaamde "seleb"-lewe. Sterkte julle twee!

  • marie vlok

    Ek weet nie altyd van mans nie, maar n vrou gee alles vir die verhouding (oor die algemeen) Haar hele wese/lewe: gees, siel,liggaam. Daarom is die "skeiding" van watter aard ookal, futiel en 100 % totale skok. Alles, maar alles wat n vrou doen,besluit of uitvoer is dit ten diepste om haar man te "Please". Dan eers kom die res in orde van belangrikheid. n Man gaan soek net weer die vg. bok om te skiet by wyse van spreke ; dis nadat hy weer herlaai het en dis gewoonlik nie te lank na die "Nederlaag" van die vorige bok nie. n Vrou probeer baie meer en baie harder om die huwelik te laat slaag, maar dit kos baie harde "werk" Ek stem met al die sielkundiges saam. Dis baie kompleks en soms ook baie maklik om n besluit te neem. Jy het net een keer so lief as dit opreg was van die begin af. Ek dink elke verhouding daarna is net n "substitute" Nie te sleg nie, maar nooit weer dieselfde nie. Sy het opgekyk na hom, hy het selfs God in haar lewe verteenwoordig, hy was vir haar seker man, vriend, priester, profeet , koning….en toe val hy van daai troon af….dit was n vieslike val in die gutters in. Hoe moet sy net nie voel nie ? Sy moet hom seker ook nog ophelp !!!!! n Man kan maklik n "slagoffer-houding" inneem al is hy die skuldige. Ek se nie sy is volmaak nie, maar ek het die idee gekry dat sy baie hard aan hierdie huwelik gewerk het van die begin af. Ek se dit omdat ek sulke vrouens ken en van hul mans neem hulle TE vanselfsprekend aan. Ek is bv. n fighter en as so iets my moet tref, sal ek ten minste voel ek het nie ALLES gegee nie. Iets soos verdedigingsmeganisme miskien????

  • Toitjie

    As jy rondloop met n getroude man of vrou sal dit weer gebeur as jy met daardie persoon trou.

  • betty

    joost trek/Amore bly. elke dag gaan paartjies deur moeilike tye, maar dit was die manier hoe die hele ding hanteer was wat nou boemerang. ek is geen Joost fan maar hoe lank moet hy nog aan sy juk dra of gaan die publiek hom nog verewig kasty daaroor? en ek hoop Amore is ‘n engel soos almal haar nou uitmaak of moet ons wag dat vuilwasgoed nou gewas word sodat ons die ware Amore gaan sien of gaan sy nog verder die golf ry. Ek glo nie!

  • Het baie respek vir Amor,dink dit is onmoontlik om saam met so iets te leef.Joost kom nogsteeds arrogant voor!

  • Wally

    Asseblief – Genoeg van Joost en Amor!!!!!

  • Karina-geen dokter

    Hierdie huwelik was gedoem van begin, en geen hulp sou hulle huwelik gered het nie(om dit te besef hoef mens nie eens n graad te he nie). Hoe vergeet en vergewe mens so n spektakel? Joost het geen selfrespek nie, hoe kan Amor hom en haarself respekteer indien sy by hom bly? Dan om haar kinders te leer van wedersydse respek as daar nie eens so iets bestaan het in hulle huwelik nie. As n koppie gekraak het sal jy in jou lewe hom nie kan regmaak nie! Wat ek net wonder, Amor het jy nooit iets agter gekom nie? Ek wil nie in Joost se skoene staan oor 10 jaar as hy al hiedie dinge aan sy kinders moet verduidelik nie. Ek dink sy sal vergewe word as sy bietjie met modder gooi, dit is maar net menslik.

  • Alida

    Nee wat, ek glo nie die vertoueband kan ooit weer herstel nie, beter skei so gou as moontlik en spaar jouself maande se wroeginge verwyte en kamtig probeer regmaak.

  • Rita

    Dit bly hartseer veral met hul pragtige kinders. Hoop werklik hul werk dinge uit. Ek glo hul het mekaar nog baie lief.

  • Nelmarie van der Walt

    Dis vir my baie hartseer, soms doen maats mekaar skade sonder dat hul enige kennis daarvan dra. Meeste kere is dit waar die kommunikasie ontbreek…jy voel jy kan nie meer met jou maat praat nie…" Dit gebeur wel dat jy kan voel die verhouding doen niks meer vir jou nie, maar vra jouself dan af " wat doen ek vir die verhouding ? " Kom nou vriendinne, ons almal maak foute, almal van ons. Ja, dit is ‘n pyn wat ek niemand toewens nie, maar ek is ook deur dieselfde. My man is die veilige hawe in my lewe en ek moet hom dit elke dag herinner. Laat God toe om jul verhouding as instrument te gebruik Amor, daar is baie jong vroue se oe op jou in die tyd, Laat God toe om jou te lei… Hy is immers die weg en die waarheid. Moenie gaan le nie girl…Joost is ‘n man van God, Jy is die spesiale vlam in sy lewe, glo dat die Gees jul sal Help! Liefde vergaan nooit, God se liefde vir ons het nie vergaan nie. Hou jul oe op Jesus.

  • Theresa

    Asseblief – ek is seker daar is meer interessante dinge waaroor julle kan skryf as Joost en Amor. Kyk maar bietjie sodra hulle nie heeldag elke dag meer in die "lime light" is nie kom hulle maar weer op met een of ander foefie om hulle name op elke koerant en tydskrif te sien.

  • Lidia

    Ek kry Amor en Joost jammer, dit is so mooietlik, julle is lief vir mekaar
    maar die pyn wat julle deur is, is net te veel om julle huwelik te kan red, dit sal nooiet werk, want as Joost ooiet weer laat by die huis kom gaan Amor wonder. Amorie dis nie dit werd nie, jy gaan nie kan rustig word, en ‘n gr8 huwelik he nie. Gooi dit op vir ‘n bad job….beweeg aan, ons is goed gemaak, staan op vee jou trane af, jou kinders het hulle mamma nodig, en dis HEL om te sien jou mamma is ongelukkig. En Joost kry jou ry PAPA…. jy het so mooi vrou en huwelik gehad, en JY het dit opgemors vir ‘n eenaand lekke vuil sex met ‘n slet….. Amor ek weet jy het ook verkeerd gedoen…maar om jou man te verloor vir ‘n slet dis nie lekke. Ek bid dat jy sal opstaan, vir jou kinders se onthalwe, hulle het nou mamma nodig wat lag, soos ek jou kan onhou… een aand by Fakkel Hoërskool waar jy op skool was, toe jy aan my seun se hand gevat het, en hy gesê het hy gaan nooit weer sy hand was. Het jy gestraal en laf gelag… bring it on Amor… Mwaaah net vir jou

  • Joey

    Ek voel baie jammer vir Amor maar soveel meer vir Joost soos n vorige skrywer gese het, "hoe lank moet hy nog gestraf word vir sy dade". Ek kan sien hy is verpletterd, hy het basies alles verloor en is teen die planke, sy vrou/kinders/sy selfrespek/sy werk, hoe kan mense so wreed wees. Ek is persoonlik nie n voorstaander van egskeidings nie en ek glo nog aan die woorde, "until death do us part". Ek praat van persoonlike ondervinding Amor is nie seergemaak dit is haar "EGO" wat n knou gekry het sy probeer die wereld wys maak dat daar nog mense is wat perfek is. Ons is mense en almal het foute, "Amor ek weet daar is baie mense wat vinger wys en Jou gewaarsku het maar die dag wanneer Jy stoksiel alleen is gaan daardie mense nog daar vir Jou wees. Ek is lief vir albei en ek praat geensins goed wat Joost gedoen het nie, glad nie, maar ons is nie mense wat in glas huise bly nie en ons harte is nie van klip, so daar is kans op vergifnis, Sterkte aan albei en hoop JULLE sal die regte besluit neem, nie net vir JULLE SELF nie maar ook vir Julle Kinders. Kinders uit gebroke huwelike dra altyd die letsel.

  • Dirk

    Dit is so maklik om iemand te beswadder en vinger te wys.
    Maar wat van ons eie sondetjies. God het die vrou wat op owerspel
    betrap is vergewe. Ons wil nie vergewe nie.
    Eendag sal ons almal saam met Joost voor God moet staan
    Wat gaan jy sê as God jou vra waarom wil jy nie vergewe nie

  • Gerda

    Die vrou by die put, moet deur mans met klippe doodgegooi word. Dit lyk
    soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen want die koning het nog ‘n skuif oor.
    "Gaan en moenie langer sondig nie!"

  • A .W van der Merwe

    Mense A.S.B, respekteer Amor se besluit, as sy nou een dag en of twee jaar geneem het om n besliut ‘te maak’ dat Joost moet ‘skuif’ dan is dit haar saak.

    Amor dis Jou reg, Jou lewe, Jou toekoms, en ek respekteer dit!

  • Amor, my persoonlike gevoel, met ondervinding, byt vas en skei en kry nou seer en laat dit oorwaai voor jou kinders groot is, hulle sal wel n nuwe pa kry wat vir hulle n voorbeeld sal wees en lief voor sal raak. Jy is nog jonk en mooi, kan maklik iemand anders ontmoet wat jou op sy hande dra en jou soos n vrou laat voel. Kanse gee is toestemming gee om dit maar net weer te doen, (SIEN JY KANS DAARVOOR?) DIT SAL NOOIT WEER DIESELFDE WEES NIE. Die vertroue is weg, die liefde is geknak, die vernedering kan nie weg gaan nie. Wys almal jy kan voorentoe en alleen bo uitkom, terug kyk en dooroor lag. Liefde is die vernedering nie werd nie. Een maal oneerlik-altyd oneerlik.

  • Elmarie

    As ek reg onthou was Joost nog getroud met Marlene to hy en Amor ontmoet het. Dan behoort sy ontrouheid nie so ‘n groot verassing te wees vir Aor nie.

  • Susanne

    Hierdie saak is ongelooflik hartseer. As paartjie het die tweetjies hulle self verkoop as die perfekte huwelik en hoe wonderlik gelukkig hulle is. Jan Rap en sy maat word in verskeie tydskrifte en koerante toegegooi met die wereldse beeld van `n ideale huwelik.

    ~ Huwelik kan nie perfek wees as een van die persone geskei is nie. Maak nie saak wat mense se nie. Perfekte huwelike is daar sekerlik nie. Ons as mense lewe in `n gebroke wereld. Die perfekte verhouding is Bybels gefundeer. Die Here is die bruidegom en Sy kinders is die bruid. Nooit sal die Here die verhouding verbreek nie net die mens is nie altyd getrou nie. Jesus vergewe ons maar moedig ons aan om nie meer langer te sondig nie.

    Huwelike kan net werk as dit die Here se seen dra. Indien daar sprake was van seksuele verhoudings voor die huwelik blyk dit dat so `n huwelik nie die Here se seen dra nie. Dankie tog vir God se vergifnis en dat Hy weer kom heelmaak.

    Is daar hoop vir Joost en Amore se huwelik? Vir God is niks onmoontlik nie. Dit is belangrik dat elkeen `n lewendige, persoonlike en vertouens verhouding met die Here sal he. Die Here sal die huwelik weer nuut moet maak en dinge wat in die pad staan, sal uit die weggeruim moet word.

    Die man is die bepaler in `n verhouding. Hy is verantwoordelik vir die kwaliteit van `n verhouding. Ja, ek weet daar is slegte vroue – gaan lees in Spreuke. Vroue wat uit is om `n man te verlei. As jy getrou is aan God, jou vrou en jouself sal jy nie toegee aan wellus nie.

    Wel, nou het dit tog gebeur. Wat nou…?

  • Karina le Roux

    Wragtag, daar moet iets beter wees om oor te skryf as oor Joost en Amor se persoonlike sake en tragiese omstandighede. Haal jou neus uit ander se huwelik en bou aan jou eie.

  • Helen

    Al trek wolf sy skaapspakkie hoeveel keer uit en was dit hoeveel maal gaan hy nog steeds ‘n wolf bly!!! en ja die Amor/Joost affêre is erg vervelig. Genoeg is nou genoeg.

  • Gogga

    Ek dink nie enige man KAN en sal OOIT weet wat dit aan ‘n vrou doen nie! Ek het geweet wat gaan kom, was self daar. Na die aanvanklike skok, ongeloof en net die daaglikse aan die lewe bly oorwaai, DAN besef mens eers wat het gebeur en dit is dan baie moeilik om die drade op te tel. DAN eers besef mens die vertroue KAN en SAL nooit weer onvoorwaardelik daar wees nie. Elke klein dingetjie bevraagteken jy en jy bly altyd seer binne, daar is daagliks dingetjies wat jou herinner aan wat gebeur het.

  • Ben

    Mens verloor hom maar soos jy hom gekry het.

  • Lizelle

    Ek voel die jammerste vir hulle twee kinders. Alles word in die publiek bespreek. Hoekom kan hulle nie die aangeleentheid privaat hou ter wille van die kinders nie? Miskien lees ons oor so ‘n paar maande van die nuwe man in Amor se lewe en die nuwe vrou in Joost se lewe. Die twee is nie verniet besig om hulle self te "make over" nie! Publisiteit!

  • Maria

    Maak nie saak wat wie se nie hierdie is ‘n "wat jy saai sal jy maai" gebeurtenis, ek voel Joost en Amor kry wat hulle toekom. En altwee moet maar mooi dink oor die toekoms want sulke wiele hou soms aan draai.

  • LadyT

    Sonder om te oordeel wil ek graag vir Amore en Joost se dat dinge kon uitwerk as hulle werklik die Here ‘n kans gegee het deur middel van beraders. Maar wanneer jy in die situasie is lyk dit of niks en niemand kan help nie. ‘n Wellus gees moet uitgewis word en net die Here kan dit doen. Nie ek of jy kan dit keer nie.
    Mag julle berusting vind in die Here en werklik weer ‘n nuwe lewe en vars begin geniet.

  • Amy

    Ek was waar Amor en Joost was, ‘n Mamma met ‘n tweeling en ‘n dogtertjie. Na 12 jaar saam as het ek agtergekom die laaste 7 jaar was ‘n flop. Jy kyk na daai mens in jou lewe wat jou man is, die een wat jy gedink het is jou sielsgenoot, en dan sien jy ‘n vreemdeling. n Mens wonder waar het alles verander? Hoekom het ek dit nie agtergekom nie? Wanneer het ons opgehou om te praat met mekaar? Dan wend ons ‘n poging aan om te verstaan, ons huil, skree, smeek, want dis moeilik om die verandering te aanvaar. Op ‘n stadium dink het ek gedink ek verstaan, die stukkies bymekaar gevee, en weer gelas. Maar eintlik het ek myself gebluff want die tekens was daar – die magic wat jy en liefde vir my gehad het was weg. Hoop dat jou man na jou kyk met LIEFDE soos die dag op jou Troue. Wens dit wat hy in die ander vrouens gesien het dit met jou gehad het. Hoeveel nagte het ek gehuil op my kussing sopnat terwyl die onthou deur my kop dans … En stukkie vir stukkie begin ‘n mens afskeid neem, want diep binne weet jy dat dit nooit weer dieselfde sal wees nie. Maar jy is ook te bang om iets daadwerkliks te doen … bang om alleen te wees. Desember 2009 moes ek uitvind hy het nog steeds ‘n affair aan met die selfde vrou no 3. My droom wereldjie is verpletterd en besef dat ek vir lank al reeds alleen is … lankal al. Ek sluk swaar want ek is eerder alleen sonder ‘n man om in ‘n huwelik te wees en alleen te wees en te weet jou man het gevoelens vir ‘n ander vrouens. Ek het toe die besluit geneem om hom te skei. Die aanvaarding. Baie hartseer oor iets wat so mooi was sommer so gesterf het. Ek het my aandeel daarin aanvaar, want ek is nie volmaak nie.
    En daar het ek die besluit geneem om my eerste treëtjie te gee na ‘n onbekende pad … OM ALLEEN TE WEES. OM HOM TE SKEI.
    Die aanvaarding van HOM saam met ‘n ander vrou was moeilik maar ek het toe ‘n pad geloop met die HERE. My Raad aan vroue soos Amor – ondersteun Joost ter wille van die kinders en bly Vriende. Ek is 4 maande geskei en my beste Vriend – my eks man.

  • ZBkLNJ djxowsnynywt, [url=http://dvktuofghkqg.com/]dvktuofghkqg[/url], [link=http://sdcxbheytdeu.com/]sdcxbheytdeu[/link], http://oavanjnhzwdz.com/

  • Gerrie

    You’re on top of the game. Thanks for shraing.

  • Jaco van Tonder

    Ek gaan deur die selfde ding behalwe myne het nie owerspel in nie. Mense maak voute en of ons dit wil weet of nie rondslaap, bedrieg, leuns of moord alles is voute en staan bekend as sonde. Wie ook al sonder sonde is goed vir julle en die res kom ons gaan op ons knee en bid dat alle huwelike wat so ten gronde gaan oor die hardheid van ons harte sal herstel en dat die belofte wat ons voor God en mens afgele het sy gewig kan en sal behou. Joost en Amour wat ook al die besluit dink eerste wat God wil he.