FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Verhoudings

Só kan jy beter kommunikeer met die man in jou lewe

Mans en vroue se brein verskil. As jy weet presies hóé, kan dit baie misverstande voorkom!

1. ’n Vrou se brein is hoofsaaklik vir empatie bedraad 

Maar jy kan net so logies soos hy dink, en insien hoe ’n besluit ander se gevoelens en welsyn gaan beïnvloed. Hy moontlik nie.

2. Hy kan nie doeltreffend argumenteer as hy kwaad is nie 

Vroue wen gewoonlik die woordewisseling as die man hom vererg. Neem liefs ’n ruskansie tot julle albei bedaar het.

3. Sy ruimtelike bewussyn is baie goed

Hy ervaar die buitewêreld soos ’n foto waarbinne hy homself oriënteer. Dit kom dus nie eens by hom op om hulp te vra as hy verdwaal nie. Jy kan nie verstaan hoekom hy dit nie doen nie, jy dink hy is te koppig of te trots.

4. Mans het seks nodig om intimiteit te ervaar 

Jy stel die hormoon oksitosien (brandstof vir gevoelens van intimiteit) vry deur te gesels en liefderyk te wees. Daarenteen is ’n orgasme nodig om ’n man se oksitosienvlakke te laat styg – met tot 500%.

5. Sy aandagspan is goed maar beperk as jy oor gevoelens praat 

Hy gaan binne 10 minute afskakel, veral as hy stres in sy lewe het. Hou dit dus kort. praat liefs Praat met jou beste vriendin oor al die emosies van die dag. Sy is ’n beter klankbord.

Bron: Mary Ovenstone, psigoterapeut en bestuursafrigter van Kaapstad, wat pas nuwe navorsing gedoen het oor die verskille tussen mans en vroue se brein. (www.maryovenstone.com)

*Die artikel is in SARIE se Junie 2014-uitgawe gepubliseer.

Nóg oor verhoudings