Verhoudings

Klim só uit jou groef

* Begin met net één klein verandering in 
jou daaglikse roetine. Só raak jy stelselmatig gewoond daaraan dat verandering nie oorweldigend of angswekkend hoef te wees nie.  

* Doen dieselfde dinge ánders. Speel jou 
gunsteling-musiek terwyl jy aandete berei, 
of ry langs ’n ander pad werk toe.

* Sluit iets nuuts in by jou bekende roetine. Sluit bv. aan by ’n groep wat gemeenskaps
werk doen.  

* Vervang ’n geroetineerde handeling 
met iets anders. Gaan stap eerder as om 
TV te kyk.

* Roetine stomp jou af van die klein 
dingetjies wat jou lewe kan verryk. Kyk 
met nuwe oë om jou, as jy bv. toustaan. 
Jy kan selfs ’n geselsie met iemand in die 
ry aanknoop.  

* Beloon jouself vir selfs die kleinste ver
andering. En as jy in die ou roetine vasval, vergewe jouself en probeer wéér.

Bron: Wirika Field

  • Zenia Roodt

    Dit is inderdaad so! Ek beproef hierdie resepie hierbo gereeld en dit werk – probeer dit maar gerus! Zenia alias Patrys