louis_en_lise_1
Verhoudings

Louis & Lise se Wie is ek: Ly ek aan angs?

  • DINK Ek is gevolg deur die vraag “wat as?” en het deurentyd gefokus op alles wat verkeerd kan loop.
  • GEVOEL Daar was ‘n konstante knoop in my maag en ek het bang gevoel, al het ek nie geweet waarvoor nie.
  • GEDRAG My buie het van dag na dag gewissel en dan het ek my sosiaal onttrek. Ek was ook byna altyd geïrriteerd.

Uiteindelik het ek ‘n psigiater gaan spreek, wat verduidelik het hoe medikasie my kan help. En dit het!

LOUIS ANTWOORD: Dit is ‘n baie goeie voorbeeld van ‘n algemene angsversteuring, wat ‘n medies diagnoseerbare toestand is. Dit kom ook taamlik algemeen voor, veral in ons moderne tyd. Tientalle pasiënte in my spreekkamer sukkel daarmee. Soos met enige ander toestand, kom dit in verskillende grade voor, waar die ergste voorbeeld herhaalde paniekaanvalle is. In sommige gevalle is daar selfs ‘n onvermoë by die persoon om sonder vrees by sy of haar voordeur uit te loop. Maar gelukkig is hierdie erge graad van angs nie so algemeen nie, en weet die meeste mense wat aan algemene angs ly nie eens dat hulle simptome daarvan het nie. 

Drie of meer van die volgende simptome moet vir minstens 6 maande chronies voorkom:

  • Rusteloosheid; op-die-“edge”-gevoel
  • Moegheid of uitputting
  • Onvermoë om te konsentreer
  • Geïrriteerdheid
  • Spiersametrekkings
  • ‘n Abnormale slaappatroon; slaap óf te veel óf te min

Die simptome moet nie die gevolg van fisieke probleme, soos siekte of die gebruik van dwelmmiddels, wees nie.

LISE VRA: Beteken dit dat mense wat nie toegang tot medikasie het nie, of dit nie kan bekostig nie, niks aan ‘n angstoestand kan doen nie?

LOUIS ANTWOORD: Nie noodwendig nie. Die meeste mense maak die fout om te dink daar is “iets verkeerd in hul kop” as hulle met ‘n angstoestand gediagnoseer word. Dit is gewoon nie waar nie, omdat angssimptome ‘n fisieke basis het; dit is jou outomatiese senuweestelsel wat jou hart vinniger laat klop, adrenalien in jou bloedstroom spuit en jou spiere meer laat saamtrek as normaalweg. Jy kan dit nie verhelp nie. (Daarom werk medikasie doeltreffend en vinnig, want dit is nogal eenvoudig.)

‘n Mens kan angs bestry deur ‘n gesonde leefstyl, meditasie en liggaamlike oefening, wat eintlik ideaal is. Dit neem net langer as medikasie om die simptome te beheer.

* Volg Wie is ek? – met Louis & Lise op Facebook.

  • Erna Venter

    Dankie, Louis en Lise.

    Dit sal ‘n briljante program wees en die kwessies wat julle sal aanspreek is so tipies van die wereld waarin in lewe.

    Erna Venter