img_6893
Verhoudings

Mites oor geluk

Mense wat al swaar-
gekry het, is dikwels 
die gelukkigste.

“’Jy ontmoet dikwels mense wat trauma, verlies of tragedie beleef het, en steeds ’n passie vir die lewe uitstraal,” sê Toni. “Die ongelukkige dinge wat hulle beleef het, het hul persepsie van die lewe so verander dat hulle voluit leef – en elke oomblik waardeer. Hierteenoor is baie mense met wie dit eintlik goed gaan, terneergedruk of verveeld.”

Wat jy kan doen

“Aanvaar dat slegte dinge gedurig met goeie mense gebeur en dat niemand hiervoor verantwoordelik is nie. Besef dat jou geluk nie afhang van jou emosies of omstandighede nie,” sê Toni.  

“Dinge soos siekte en dood is deel 
van die lewe, net soos gevoelens van 
rou en depressie. Sê: ‘Ek het ’n lewe, 
ek moet dit leef en ek kan gelukkig 
wees terwyl ek dit doen, ten spyte van wat in die proses gebeur. Ek sal gevoelens soos hartseer en depressie ervaar, maar ek moet dit verwerk en aangaan. Die lewe is ook vol liefde en vreugde en baie seëninge.

“Jy is ’n komplekse mens met sterk en swak punte As jy van jouself hou, jouself aanvaar, sal ander ook.”

  • fia hitge

    Ek was nog altyd iemand wat net voort gegaan het met die lewe, tot my broer van ons weggeruk is in `n motorkaping. Wanneer jy gebel word en meegedeel word dat jou broer sopas geskiet is vir sy kar verander alles in die lewe, alles waarin jy glo, alles wat jy doen, sy lewe flits in een sekonde voor jou verby! En dan die realiteit hy is weg, hy kom nie terug nie, alles wat jy nog vir hom wou sè, sy kinders wat jy nog wou was hou, die niggies en nefies wat my eie dogter nooit gaan he nie. Die lewe is bitter onregverdig, die ouers wat agter bly wat nooit weer dieselfde sal wees nie. Jy begin met ander oe na deur die lewe gaan, probeer als die keer regdoen, probeer almal beskerm van al die hartseer, maar niks gaan ooit weer wees soos dit was nie? In `n kwessie van `n paar maande begin jy leef, doen alles wat jy altyd uitgestel het voor dit te laat is want jy weet nooit of daar `n more gaan wees nie, of dit die laaste dag is wat jy iemand spesiaals gaan meer praat nie.