sr0711verhoudingeks
Verhoudings

My eks kry nie koers

Dit lyk so idillies: Demi Moore en haar katelknaap, Ashton Kutcher, hou vakansie op ‘n eksotiese plek. Saam met Demi se drie kinders uit haar huwelik met Bruce Willis. En wie hou saam met hulle vakansie? Einste Bruce en sý liefde van die oomblik. Ook net in Hollywood . . .

Want vat jou eks en mý eks, albei se nuwe liefde én die kinders (joune, myne en ons s’n) – en jy kry meestal nie die Brady Bunch nie. Mense besef nie altyd wat die implikasies van skei is nie, sê dr.Tanya Robinson, gesinsterapeut van Johannesburg. Die gras lyk dalk groener aan die ander kant van die draad, maar dis dikwels vol duwweltjies. Dís wanneer die dilemmas opduik, soos dat jy nooit werklik vrede maak met jou egskeiding nie. Wat jy voor die egskeiding verwag het, hoe jou lewe sommer stukke beter gaan wees, het nie gerealiseer nie.

Om te skei beteken jy staan geldelik op jou eie voete. Jy kan nie van jou eks verwag om jou die res van jou lewe te onderhou nie. Dit beteken ook jy is verantwoordelik vir jou kinders wanneer hulle onder jou toesig is. En dat jy nie meer ‘n sê in jou eks se lewe het nie. Jul kinders is al wat julle nog bind. En hulle moet nooit by jul probleme betrek word nie.

Jy moet weet: As julle skei en daar is kinders, is dit nie die einde van die verhouding met jou eks nie, sê Magriet van Schalkwyk van Pretoria, ‘n maatskaplike werker in private praktyk. Daardie verhouding loop nou net ‘n ander pad. En trou jy met ‘n man wat ook vir die tweede keer die paadjie na die kansel stap, moet jy besef jy “trou” ook met sy eks en hul kinders.

Dan kan daar probleme opduik – wat gelukkig oorkombaar is . . .

 

1. Ek en my man is besig om te skei en daar is baie bitterheid tussen ons. Ek is bang ons kinders ly daaronder.

Ouers wat skei, is dikwels diep gewond, sê Elize Morkel, ‘n sielkundige van Somerset-Wes. Dis ‘n uitdaging om jou eie pyn opsy te skuif en op die belange van jou kinders te konsentreer. In Noorweë, waar Elize gesinsterapeute oplei, betaal die staat vir drie sessies by ‘n sentrum vir gesinsterapie.

“Dis verpligtend vóórdat jy met regstappe vir ‘n egskeiding kan begin. Dan word gekyk na elkeen se bydrae tot en verwagtinge van ouerskap. Die fokus val minder op die regte van die ouers – en meer op maniere hoe julle as ouers kan saamwerk.”

In een geval het die kinders bv. in die gesin se huis aangebly terwyl hul ouers beurte gemaak het om daar te woon en na hulle te kyk. As mense skei, is daar dikwels ‘n vertrouensbreuk. Dit kan uitkring na wantroue in die ander een se vaardigheid as ouer en bedoelinge.

Elize vind dis soms nuttig om in die beradingsessies afsonderlik met die ouers oor hul verwagtinge, drome en hoop vir hul kinders te praat. Sy deel dit daarna met die ander ouer.

“Ouers word dikwels gerusgestel wanneer hulle besef hulle het eintlik dieselfde drome vir hul kinders. In die beradingsessies kan julle gesels oor wat jou eks die kinders kan bied en hoe jy hom daarin kan ondersteun.

“Dis opbouend en verval nie in klagtes oor mekaar se tekortkominge nie,” sê sy.

Volgens Magriet wys navorsing dis nie die egskeiding self wat kinders emosionele skade berokken nie – dis wanneer die breuk met voortslepende bitterheid en konflik gepaard gaan. As albei in belang van die kinders optree, kan hulle emosioneel gesonde volwassenes word.

 

2. My eks maak die kinders wys dat die egskeiding my skuld is. As hulle vir ‘n naweek by hom was, is hulle onmoontlik.

Tanya sê daar is werklik ‘n sindroom waar een ouer uit sy/haar pad gaan om ‘n prentjie te skets dat alles die ander een se skuld is. Die kinders kry dan baie swaar. Hulle raak deurmekaar en verloor hul vertroue in albei ouers: Hulle weet nie meer wie om te vertrou nie.

“Dis belangrik dat hulle weet dis verkeerd dat jou eks hulle probeer manipuleer. Hulle moet vir hom kan sê hulle wil nie betrokke raak en slegte goed van Ma hoor nie, en dat hulle julle albei liefhet. Dit haal hulle uit die middelman-posisie.”

Volgens Magriet kom sulke gedrag gewoonlik voor as die een ouer nog nie die egskeiding verwerk het nie. Die rouproses is nie afgehandel nie en hy/sy fantaseer dikwels nog oor ‘n versoening. Hy probeer homself regverdig: “Dit was nie mý skuld nie”.

“Moet nóóit dieselfde speletjie speel nie. Verduidelik aan jou kinders dat mense soms gal braak as dinge skeefloop. Sê hoewel dit nie reg is nie, is dit ‘n manier waarop hy van sy seerkry ontslae raak.

“Kinders is nie dom nie. Hulle word groot en sal besef alles wat hy sê, is nie waar nie, en uiteindelik kan jou man hulle verloor.”

3. Ná ons egskeiding het ek toesig oor ons kinders gekry. Hoewel my eks gereeld onderhoud betaal, is geld voortdurend ‘n strydpunt. Sy nuwe vrou daag by familiegeleenthede met duur geskenke op. En ek moet die sente tel . . .

Jou eks skuld jou nie finansiële gemoedsrus nie, verduidelik Tanya. Hy moet gewoonlik bloot vir die kinders onderhoud betaal. Jy moet verantwoordelikheid vir jou eie geldsake aanvaar en nie jou finansiële druk op jou eks laai nie. Selfs al beteken dit jy moet jou lewenstandaard effens verlaag. Pas geldelike dissipline toe en jy sal meer respek vir jouself kry. (As jy’n tuisteskepper was, betaal jou man dikwels sg. rehabilitasie-onderhoud vir ‘n tydperk soos ooreengekom tussen julle. Dit gee jou dan tyd om op jou voete te kom.)

Elize se raad is dat jy voor die egskeiding uitwerk hoeveel geld jy nodig gaan hê en dan ‘n realistiese skikking beding.

“Dikwels wil vroue net wegkom uit die huwelik. Die laaste ding waaroor hulle wil stry, is geld. En dan voel hulle later die geldknyp.”

Magriet sê dis dikwels moeilik vir ‘n vrou om te aanvaar sy deel nie meer in haar eks se welvaart nie. As jou eks se geldelike situasie ná die egskeiding verbeter en jy regtig sukkel, kan jy altyd met hom onderhandel.

As dit nie help nie, gaan weer na die onderhoudshof, maar doen jou huiswerk sodat jy ‘n begroting kan voorlê.

4. My man se eks tree op asof hulle nog getroud is. Sy bel hom op onmoontlike tye oor onbenullighede en hy moet aanmekaar goed by haar huis gaan regmaak.

Volgens Tanya is dit meestal vroue wat hul eks met hul onopgeloste probleme of gevoelens manipuleer en frustreer.

“Mans voel dikwels hulle word deur hul eks geteister. Jy wil nie die werklikheid aanvaar dat jou eks-man aanbeweeg het nie. Jy moet genoeg respek vir jouself hê om dit ook te doen. Sulke onbenullighede om kontak te bewerkstellig is ‘n vorm van obsessiewe gedrag.”

Magriet sê as jy weer trou, moet jy op jou nuwe huwelik fokus. Maar tussen kinders en ‘n eks wat ‘n oorlas is, kom die nuwe huwelik dikwels tweede. Jy is dan só besig om almal te paai dat dit al jou energie opeis.

“As jy die man is: Stel duidelike grense. Sê vir jou eks sy kan vir jou ‘n e-pos of SMS stuur. Jy kan dan self besluit wanneer jy daarop wil reageer. As sy oor die kinders móét bel, kan sy dit net spesifieke tye doen.

“En as jy die eks-vrou is: Besef jy tree so op omdat jy nog nie die egskeiding verwerk het nie. Gaan vir berading as dit moet. Moenie redes soek om jou eks te kontak nie. Bel ‘n nutsman vir werk in en om die huis.”

5. Ek en my eks-vrou is op goeie voet uitmekaar. Maar haar nuwe man is baie jaloers en wil nie hê ons
moet kontak hê nie. Hy en sy eks-vrou praat nie met mekaar nie. Ek en my eks het nie kinders nie, maar heg waarde aan mekaar se vriendskap.

Dis nie verkeerd om kontak met jou eks te hê nie, maar dit veroorsaak dikwels probleme in ‘n nuwe verhouding. Veral as dit die nuwe man (of vrou) in jou lewe bedreig en onseker laat voel.

Volgens Tanya moet al die betrokke partye probeer om redelik en regverdig te wees.

“Bespreek moontlike grense baie deeglik – en sorg dat almal weet waar hulle staan. Respekteer sulke grense en moenie op mekaar se tone trap nie. Die realiteit is dat jou eks se nuwe man nie veel met jou te doen wil hê nie – respekteer dit.”

6. My vriend het ‘n eks-vrou uit die hel. Sy wou skei, maar toe sy uitvind hy het ‘n nuwe liefde, wou sy hom skielik met alle mag terughê. Sy het my geteister met SMS’e en beskinder. Ek en my vriend het besluit om mekaar vir ‘n ruk lank nie te sien nie. Toe het sy skielik alle belangstelling in hom verloor.

Tanya kom baie sulke situasies in haar praktyk teë.

“Jy kan nie ná die egskeiding aanbeweeg nie en is vasgevang in ‘n onwerklikheid waarin jy dink julle is nog getroud. En dit maak nie saak of jý die een was wat wou skei nie.

“Verhoudingsterapeute sê ‘n egskeiding word eers ‘n werklikheid wanneer jy of jou eks ‘n nuwe liefde gevind het. Sommige vroue (of mans) tree egter dan irrasioneel op. Dit kan tot patologiese, obsessiewe en selfbejammerende gedrag lei – jy fokus net op hoe jy kan wen, al is dit ten koste van al die ander mense. Almal ly daaronder: jou eks-man, die nuwe vrou in sy lewe en die kinders.”

As dit jou eks-vrou is: Moenie saamspeel nie. Kom jou wettige verpligtinge na en onttrek uit sensasionele, irrasionele situasies. Vermy kontak en praat net met haar as dit werklik nodig is.

As jý ‘n eks-uit-die-hel is: Dis in almal se belang dat jy ophou om ander mense se lewens te versuur. As jy nie kán aanbeweeg nie, kry berading. Tanya sê sy sien dikwels vroue in haar praktyk wat jare lank só ‘n speletjie gespeel het. En nou is hulle alleen: Niemand het meer simpatie met hulle nie.

As jy die derde party is: Bly beleefd. En bly uit haar pad! As haar beledigings aan naamskending grens, kry ‘n interdik teen haar.

7. My eks se vriendin laat die kinders alles toe as hulle naweke by hom kuier. En ek is die heks wat altyd ‘nee’ sê en hulle moet dissiplineer. Ek het bv. gesê my dogter kan eers gaatjies in haar ore laat skiet as sy op hoërskool is. Toe laat doen sy vriendin dit terwyl my dogter by hulle kuier.

Jý moet die grense bepaal, sê Magriet.

“Gesels met jou man en sy vriendin. Hou jou toon nugter en nie aggressief nie. ‘Julle ondermyn my gesag en dis nie in die kind se belang nie. As daar in die toekoms so iets opduik, kontak my eers.’ Moenie jou kinders kwalik neem nie. Hulle sê moeilik ‘nee’ vir iets wat hulle regtig graag wil hê. By jou eks se huis kan ander reëls as by joune geld. Die kinders leer mettertyd wat hulle by Pa en wat hulle by Ma se huis kan doen. Solank dit nie te uiteenlopend is nie, aanvaar hulle dit.

“Doen ook selfondersoek. Is jy dalk ‘n bietjie jaloers? Dit benadeel net jou kind. As dit egter ‘n beginselsaak is, móét jou eks jou ondersteun en jou wense respekteer.”

8. My vrou is kort ná ons egskeiding weer getroud en haar nuwe man het nie ooghare vir ons kinders nie. Hy trek syne voor en myne voel hulle word stief behandel. Ek voel magteloos: My vrou het toesig oor hulle en ek sien hulle net naweke.


Weer eens: Praat met jou eks daaroor, is Magriet se raad.

“Onthou net, dit neem tyd voor ‘n werklike verhouding tussen ‘n stiefpa (of stiefma) en stiefkinders ontwikkel. Dit kan tot ‘n jaar of langer duur voor die gesin as ‘n eenheid funksioneer. Daar sal aanpassingsprobleme wees. Is dit nie nog maar deel daarvan nie?

“Dit gebeur dikwels dat kinders hul pa teenoor die stiefpa afspeel. Dis veral die geval as hulle nog nie die egskeiding verwerk het nie. Hulle sukkel dan om die stiefpa (of -ma) te aanvaar.” (Magriet het bv. ‘n kind wie se ma oorlede is, behandel. Haar pa is gou daarna weer getroud. Die kind het nog nie haar ma se dood verwerk nie – en toe is daar ‘n nuwe vrou in haar plek.)

Besoek ‘n berader wat die situasie objektief bekyk en perspektief kan gee. (Almal word betrek: Ma, Pa, stiefouer en kinders.) As jy voel die situasie verbeter nie en jou kinders ly daaronder, kan jy altyd stappe doen om toesig oor hulle te kry. Want dit kan tog gebeur dat stiefouers kinders “stief ” behandel.

Die stiefouer moet ook besef hy (of sy) kan nie sommer in die rol van ouer instap nie. Hy moet eers die kinders se vertroue wen en ‘n verhouding met hulle opbou. Laat die biologiese ouer die eerste ruk die dissipline hanteer.


  • Stephane

    Baie sterkte word julle as gesin toegebid, en algehele herstel vra ons vir jou Mathys, van ons Hemelse Vader. Mag Sy hand van genesing om jou vou soos ‘n moskombersie. Stekte

  • Mary Cutler

    Na 14jaar van getroud wees het my man my verruil vir n’ swart vrou,
    ek dog ek het hom vertroetel en versorg soos net een wat regtig lief
    is vir n’ lewens maat dit doen,en nou…..na baie stories en geskinder
    deur mense in n’ klein dorpie moes ek iut vind dis waar.
    My man het aan my erken dat hy verlief op die swart vrou is en dat
    hy graag die geleendheid wou he om n’ lewe met haar te he.Ons is veruil
    vir n’ swart gesin.Eers wou my man nie skei nie,maar alby vroue geniet….
    Ons staan nou op skei ek kan nie so lewe nie…..

  • Alna Kuhn

    Ek het asseblief julle raad dringend nodig. My broer se vrou wil nou na 3 en ‘n half jaar skei sonder enige rede. Sy 22 en my broer 36, hulle het ‘n dogtertjie van 3 en ‘n half. My skoonsuster wil toesig oor hul kind he, sy het nie ‘n werk nie en ook nie ‘n vaste tuiste nie, want sy bly op die oomblik by haar niggie wie se verloofde of vriend of wat dit ook al van haar was oorlede is, nou moet sy die huis verkoop want die huis is in die boedel vir sy kinders.

    My skoonsuster het geen opleiding of enige kwalifikasies nie en het nie eens standerd 8 gemaak nie, sy het nog nooit gewerk nie, om eerlik te wees het sy basies die verstand van ‘n 12 jarige kind. My broer is gebreek, hy wil nie skei nie want hy is nog baie lief vir haar en hy wil nie sy kind verloor nie. Die mense by wie my skoonsussie bly het ‘n baie slegte invloed op haar en ons weet hulle is die oorsaak van die hele skeistorie.

    Wat staan my broer te doen om toesig oor sy kind te kry sonder dat dit hom ‘n klomp prokureursonkostes gaan kos, hy wil nie die kind van haar ma weghou nie, maar voel dat sy nie bevoeg is om voltyds toesig oor die kind kan he nie. Hy het ‘n baie goeie werk met medies en alles, wat sy nie het nie. Hy is regtig ‘n wonderlike pa vir sy kind en ek se dit nie omdat hy my broer is nie, dis ‘n feit.

    By verskeie geleenthede wat my skoonsuster en die dogtertjie by ons kom kuier het, moes ek geheel en al die versorging van die kind oorneem,my skoonsuster het eenvoudig net afgeskakel en nie omgegee nie. Daar was mos iemand om na die dogtertjie om te sien.

    My broer en sy dogtertjie kuier nou vir ‘n week by ons want sy vrou en haar niggie het besluit hulle gaan in Pretoria kuier en die kind kan nie saam gaan nie. Tot dusver (nou al 5 dae) het die dogtertjie nog nie een dag uitgevra oor haar ma of waar haar ma is nie. Ek se nie sy is ‘n slegte ma nie, sy is net nie bekwaam genoeg om die algehele sorg van die kind op haar te neem nie.

    Asseblief, help my broer en se vir my wat sy regte as pa is. Ek is die dogtertjie se peetma en sy is baie erg oor my, se soms vir my mamma. Ek wil nie he die kind moet verwaarloos word of onder die verkeerde mense se invloed groot word nie, sy is ‘n klein juweel.

    Sal julle asseblief vir my inligting gee of na iemand kan verwys wat my kan help. Ek vra hulp ter wille van ‘n drie jarige dogtertjie se welstand en toekoms. ASSEBLIEF

  • Hester Wilken

    Ek wil asb raad he. Ek was getroud vir 25jaar en my sogenaamde beste vriendin het my man by my afgevat. Haar man was ons pastoor en na 3 jaar is ek en hy nou getroud vir 2 jaar. Sy eks meng vreeslik in ons huwelik en sy maak hul kinders teen my op. Ek het geleef vir my eks man en kinders en hul na my beste versorg. Sy in teendeel maak nie eers kos nie en my eks moet haar gereeld vir etes uitneem. Sy behandel my kinders ontsettend sleg en beledig my in hul teenwoordigheid. Hul woon nou amper 5 jaar saam maar sy wil nie trou nie. Sy en my huidige man het baie finansieele skuld gehad en wanneer ek hom help om dit uit te sorteer is sy baie ongelukkig met my. Sy het nog van sy medies gebruik gemaak terwyl sy alreeds afgehaal is en op my eks se medies geregistreer was. Nou wil sy he dat ons die skuld betaal. My man se hy is lief vir my maar word woedend as ek praat omtrent die bedrog wat sy pleeg en dan daarmee wegkom. Ek het al’n egskeiding oorweeg want ek voel totaal nutteloos. Help my asb.

  • http://cwrjpvsthmkx.com/ fmzvsxjqwft

    yiJKza zwxagtsmbzdp, [url=http://lwqjqbumcabd.com/]lwqjqbumcabd[/url], [link=http://nvdoqpmuipfe.com/]nvdoqpmuipfe[/link], http://tckoymtpdudn.com/

  • Maria

    Na 18 jaar is my broer en sy vrou geskei. Hulle het 3 kinders – al drie tieners. Aanvanklik het hulle besluit om vreedsaam uitmekaar te gaan. Ek het reeds lankal vermoed dat daar ‘n derde persoon betrokke is. Die skeisaak sloer – ek kan nie agterkom wat die rede is nie. Sy het self besluit om die huis te verlaat en in my teenwoordigheid vir my broer gesê dat sy nie meer lief is vir hom en nie meer kans sien om met die huwelik aan te gaan nie. Hy was bereid om ‘n pastorale berader te gaan sien, maar sy wou geen raad aanvaar nie. Sy is ook emosioneel baie onstabiel – natuurlik tot groot onsteltenis vir hom sowel as vir die kinders. Die kinders het besluit om by hom te bly ter wille van baie dinge bv. skool, vriende ens. Wat my bekommernis egter is: Hulle is nog nie amptelik geskei nie, sy verdien ‘n salaris, sy huur ‘n drieslaapkamer huis (wat my broer betaal), hy het vir haar ‘n splinternuwe motor gekoop, haar huis nuut gemeubileer en al die elektriese benodigdhede aangekoop. Sy het intussen die kinders ingelig oor die "vriend" van haar (l.w. hulle is nog nie geskei nie – wag op haar prokureurs). My raad aan my broer is om aan te gaan met sy lewe, alhoewel hy huiwerig is – omdat die skeisaak nog nie afgehandel is nie. Sy wil hom nou dagvaar vir onderhoud – kinders is by hom, sy verdien ‘n salaris, haar prokureurs sloer – wat moet hy van sy kant doen, wat is sy regte in hierdie verband?

  • http://lskdtjhncucp.com/ haslavipxw

    mg1h6E mtjeyufkhzod, [url=http://vrqqzlzujiis.com/]vrqqzlzujiis[/url], [link=http://ilosxbcjfewl.com/]ilosxbcjfewl[/link], http://jldtwfqqbvms.com/

  • Esme

    Ek en my man is nou vir 7mande,getroud daar is iemand anders in my man se lewe.hy het erken en ek het hom vergewe.ek het hom gaan vang met die vrou.ek het my man vertrou met my hele hart en siel ek is heeltemal verplender en vernietig ek s gskok en bewe my maag loop net wat moet ek doen help my asb

  • Esme

    My troue is nou eers,7maande oud my man het ander vrou my hart is stukend en verpleter"Here help tog my roep stem" wat moet ek maak 1stens het hy erken en ek het om vergewe maar toe gaan kry ek hom met die vrou help my asb