Verhoudings

‘My ma maak my mal’ – Hier’s raad

“Ek wil my eie lewe hê. Ma wil nie hê ek moet sing nie. Ma wil nie hê ek moet trou nie. Ma wil hê ek moet hier bly soos ’n kat of ’n hond.” Só sê Rebecca, vertolk deur die sangeres Karen Zoid, in die fliek Susanna van Biljon, wat in September deur Franz Marx Films uitgereik is. Rebecca is byna 40 en woon steeds by haar ma op ’n (naamlose) klein dorpie iewers in die Karoo. Bedags werk sy in ’n kafee, maar sy droom van ’n blink toekoms as sanger. Marié du Toit speel “Mevrou Dreyer”, Rebecca se ma. Sy is ’n weduwee wat op haar dag ’n beeldskone operasangeres was. Sal Rebecca, ten spyte van haar ouderdom, oorgewig en oorheersende ma, haar drome bereik? Dít is die tema van die fliek. “Rebecca se ma maak haar mal, al weet sy ook haar ma is lief vir haar,” vertel Karen. “Dis asof die een dink sy pas die ander op, maar eintlik is albei ongelukkig.” Mevrou Dreyer wil Rebecca teen die pyn van mislukking (én roem) beskerm.

 “Baie ouers dink maar net hulle doen die beste vir hul kind,” sê Karen, ma van Ben (3). Sy glo ’n mens se kind is joune, maar is nie jý nie. As ouer wil sy fokus op ’n lewende, veranderende verhouding met Ben, wat sy “bo alles liefhet”. “Hy moet net weet hoe baie ek vir hom omgee, maak nie saak wat nie,” sê sy. Karen se eie ma, Jeanette, is aan kanker oorlede toe sy net nege jaar oud was. Sy was so anders as haar fliekma.

Karen vertel: “My ma het haar bes gedoen om vir my aandag en liefde te gee en my te versorg terwyl sy baie siek was. Sy was fyn en teruggetrokke en het altyd geskilder. Ons het saam sit en goedjies maak. (Vandag skilder Karen self.) Sy het altyd vir my gelag omdat ek so baie praat. My ma was ’n regte lady, een wat haar ware gevoelens gewys het. 

 “Twee dae voor haar dood het sy vir my gesê dis haar tyd om te gaan. Tot vandag toe waardeer ek haar eerlikheid. Ek is trots daarop. Ander familielede het gemaak asof niks fout is nie. Ek het gerespekteer gevoel.” Karen sê ’n mens se ouers is die enigste wat jy ooit sal hê. “Deel jou gevoelens met hulle, selfs al verstaan hulle dalk nooit nie. Praat met respek en uit liefde. Jy het ook net een lewe. Misluk, wen. Vat ’n kans!” 

 Marié du Toit reken sy is vir die rol van die oorheersende ma gekies omdat sy self ’n sterk persoonlikheid het. “Ek het besliste menings en is nie skaam om hulle te lug nie. Dit kan as

Kyk en luister nog

Kyk na die lokprent en agter-die-skerm-foto’s van Susanna van Biljon op sarie.com.
*Karen se nuwe CD (Karen Zoid: terms & conditions) is pas uitgereik.

 

taamlik dominerend oorkom.” Terselfdertyd sê Marié sy is nie ’n oorheersende ma vir haar dogters, Annelize Vorster (50) en Tertia du Toit (41), nie. “Met hulle handhaaf ek ’n lekker maar fyn balans tussen ma- en vriendin-wees. Hulle het hul eie menings, maar hulle weet ook wat reg en verkeerd in my oë is. Ek het grense gestel, maar ook Vryheid gegee. Ons verhouding is speels. Ek is vriendelik en sorg vir warmte.”

 Marié sê sy het haar karakter se aanhoudende kritiek op haar dogter baie afbrekend gevind. “Maar ek verstaan dit, veral as die ma op haar dag gepresteer het en nou ’n dogter het wat haar teleurstel.” Mevrou Dreyer wil nie hê Rebecca moet ook die kunste kies en nes sy verkeerde romantiese keuses maak nie. Vir oorheersende ma’s het Marié dié raad: “As jy vertroue het in hoe jy jou kind grootgemaak het, laat jou volwasse kind toe om haar eie besluite te neem. As sy foute maak, moet sy hulle self regstel. Jy mag nie inmeng nie.”

 ’n Dominerende ma kan óf openlik óf subtiel oorheersend wees, sê Hanli van der Westhuizen, kliniese sielkundige van Pretoria. Die openlik oorheersende ma probeer jou in alle opsigte beheer. Sy is ontevrede met jou metgesel en jou loopbaankeuse en meng waarskynlik ook in met hoe jy jou eie kinders grootmaak. As jou ma jou subtiel oorheers, probeer sy jou emosioneel manipuleer. Soos om te sê: “Ek moes die hele naweek alleen sit.”

‘n Oorheersende ma gebruik verskeie “taktieke”, sê kenners:

  • Sy gebruik jou swakhede teenjou. As jy dalk sukkel om ’n langtermynverhouding te hê sal sy iets sê soos: “Watter ordentlike man stel belang in ’n vrou wat heeldag met vuil diere werk?”
  • Sy wil hê jy moet geniet wat sygeniet, daarom verstaan sy nie jou passies nie.
  • Sy is baie krities, sy dink jy kan nog nie self besluite neem nie.  ‘Blokkeer haar betrokkenheid waar jy onveilig of ongemaklik voel’ Hanli van der Westhuizen, kliniese sielkundige.
  • Sy laat jou skuldig voel. Al is dit onwaar, kla sy dat jy nie genoeg kom kuier nie. As sy effens siek is, oordryf sy om jou simpatie te wek. Oorheersende ma’s sê dikwels: “My kind, dis vir jou eie beswil.”
    “Maar dis ’n ontoepaslike stelling teenoor ’n volwasse dogter,” sê Hanli. Sy beheer nie jou lewe nie en haar voortdurende kommentaar is ongeregverdig. ’n Emosioneel gesonde ma sal eerder iets sê soos: “Doen soos jy goed dink. Wat het jy van my nodig met hierdie belangrike besluit?” Jou oorheersende ma is nie noodwendig aaklig nie. Sy het bloot nie emosioneel gegroei om volwasse verhoudings en grense te respekteer nie, sê Hanli. Sy besef ook nie altyd die effek van haar gedrag nie. Sy is emosioneel afhanklik van jou omdat haar eie ma heel waarskynlik nie haar behoefte aan liefde en aandag as kind vervul het nie. Boonop wil jou ma ongesond naby jou wees. Haar optrede sê eintlik: “Jy en ek is dieselfde, ons doen dieselfde en ons dink dieselfde.” Hoe meer jy jou eie ding doen, hoe meer onttrek sy haar op ’n disfunksionele manier. Trou jy dalk met die “verkeerde man”, kan sy vir jare weier om met jou te praat. Jou ma was meer gemaklik met jou toe jy emosioneel en fisiek afhanklik van haar was. Sy het dalk angs beleef toe jy in die “ek-wil-self ”-fase was. Nou sê sy goed soos: “Jy was so gehoorsaam en oulik toe jy jonger was.”

Jou ma oorheers jou as jy…

  • onseker is oor wat jy dink en voel. Sy maak asof jou gevoelens en gedagtes nie bestaan nie.
  • nie ‘n eerlike, openlike verhouding met haar het nie. Jy vertel haar nie van belangrike besluite nie.
  • jou ware gevoelens teenoor haar ontken. Jy is dalk smoorkwaad vir haar, maar glimlag.
  • dalk iets totaal negatiefs of rebels doen soos om te begin rook en vloek om haar só weg te stoot. Dis ook deel van jou vertraagde ontdekkingsproses.
  • Of jy kies die pad van vernietiging, soos om seksueel losbandig te leef of alkohol te misbruik. Want jy het nooit geleer om vrye, gesonde keuses te maak nie. sukkel om nee te sê, want jy is dit nie toegelaat nie.
  • heeltyd in beheer in verhoudings wil wees. Jy het nooit geleer verhoudings is ‘n plek van spontaneïteit en ruimte nie.
  • sukkel met intimiteit, want jy voel versmoor. Jou verhoudings misluk dikwels. Jy raak moontlik by ‘n “afvlerkvoëltjie” betrokke. Sy behoeftes geniet voorrang en daar is nie ruimte vir jou eie emosies of behoeftes nie.
  
Verskillende mense sal verskillend op ’n oorheersende ma reageer. Die sielkundiges Hanli van der Westhuizen van Pretoria en Hugo Theron van die Kaap gee dié moontlikhede. 
Jy:

  • rebelleer dalk. Jy doen “uit beginsel” net mooi die teenoorgestelde van wat jou ma voorstel.
  • sukkel dalk met jou vroulike identiteit, want jy wil nie met haar identifiseer nie. So skram jy dalk weg van tipies vroulike aktiwiteite. Jy
  • fokus oordrewe op jou beroep of vermy sagte emosies, soos om te huil.
  • het emosionele probleme. Jou ma laat jou nie toe om te verken wie jy is nie, jy raak depressief.
  • herhaal die patroon. Jy trou met ’n dominerende man. vrees jou ma omdat sy letterlik woedend raak as jy haar teengaan.
  • voel skuldig en dit bedreig jou vryheid. Jy gaan oorsee en jou ma sê: “Hoe kan jy my alleen laat?”
  • ontdek nie self die lewe nie. Jy maak nie foute of smaak sukses nie. Jy weet nie waarmee jy sukkel of waarin jy goed is nie.
  • is passief en afhanklik. As jy ’n goeie mening het (wat van ander s’n verskil), vra jy ekskuus. is woedend en dit kan tot emosionele probleme lei. Jy verskree dalk jou gesin of haal dit op jouself uit deur destruktiewe gedrag, soos ’n eetsteurnis.
  • is perfeksionisties en gedrewe, maar voel nooit goed genoeg nie. stel jou metgesel en vriende se behoeftes voor jou eie. Jy dink “as ek hom gelukkig kan hou, sal hy van my hou”. sukkel om te ontspan, uitbundig te lag of spontaan te wees.
  • praat heeltyd krities met jouself of sukkel om jouself te laat geld en om trots te wees op wie jy is en wat jy al bereik het. gee moed op dat jul verhouding ooit gesond kan word. Fisieke afstand maak dinge makliker, maar die probleem bly. Jy sal steeds angstig wees voor familiebyeenkomste.

Los die probleem só op:

Maak jouself eerstens vry en leef jou lewe volgens jóú oortuigings, sê Hanli van der Westhuizen, kliniese sielkundige. Vra gereeld: Hoe voel ek? Wat wil ék hê? Stel sterker grense.

 

Besef jy is nie verantwoordelik vir haar issues nie, sê Hugo Theron, sielkundige. “Jy kan haar steeds liefhê.” Besef jouma se gedrag spruit uit vrees. Sy is dalk bang sy verloor jul verhouding. Moenie skuldig voel as jy anders optree as wat sy verwag nie. Sê vir haar dis hoe jy dit wil doen. Jy is volwasse. Leef openlik.

 

As jy iets wegsteek, oorheers sy jou steeds. Beperk die tyd in haar geselskap, veral as sy begin kla of skree. Moenie verplig voel om haar oproepe te beantwoord as jy besig is nie. Jou gesin/werk kom eerste. Nooi jou ma vir tee. Vertel haar jul verhouding is vir jou belangrik en dat jy haar nodig het. Verduidelik ook hoe jy oor haar gedrag voel. Vra haar dan om jou by te staan, maar soos jý dit vra. As sy nie die gesprek wil hê nie, vra jou broer of suster om saam te kom gesels.

 

Jy kan ook voorstel dat jy en jou ma saam na ‘n sielkundige gaan wat in gesinsterapie spesialiseer. As sy nie wil nie, gaan self vir terapie. Vra kalm jou pa se hulp in die hantering van jou ma. Benut jou ma se goeie eienskappe. Sy is dalk ‘n goeie “onderwyser” wat jou kinders met hul huiswerk kan help. Gee haar erkenning daarvoor.

 

As sy geneig is om oor te neem moet haar nie by reëlings soos kinderpartytjies betrek nie. Sê vir jouma jy wil graag hê sy moet ‘n rol in jou kinders se lewe speel, maar as sy inmeng, stel grense. As sy nie hou by byvoorbeeld die “geen-lekkers-ná-vyf-reël” nie, sê vir haar jou kinders “sal ongelukkig nie weer kan kom oorslaap nie”. ‘n Skertsende opmerking kan vir jou kinders wys jy is steeds in beheer. Sê byvoorbeeld: “Nou ja, dit is nou weer generaal Ouma wat praat!”

 

As jou ma jou nie kan ondersteun of ‘n opbouende verhouding met jou kan hê om só jou selfbeeld te voed nie, kry die ondersteuning van ander familielede of vriendinne. As sy nie aan haar probleem wil werk nie, dink oor jou ingesteldheid. Moenie vriendskap, gelykheid en wedersydse respek van haar verwag

nie, sê Hugo.

 

Hou haar betrokke by jou lewe waar jy veilig en gemaklik voel en blokkeer haar daar waar jy ongemaklik of onveilig voel, sê Hanli. Jy kan ‘n goeie verhouding met jou oorheersende ma hê, maar net as jy ophou om aan haar vereistes en goedkeuring te probeer voldoen. Jy kan haar nie verander nie, net uitwys wat pla en haar tot ander insigte probeer bring.

My Hulp:

Hanli van der Westhuizen, pretoria:

012 460 2383 of 084 460 2383

hanlivdwest@mweb.co.za

Bykomende bronne: 

www.articlesbase.com

www.associatedcontent.com

www.ehow.com

If You Had Controlling Parents deur dr. Dan Neuharth (HarperCollins publishers, 1999)

 

 

 

 

  • CVfosterMM

    Black. White-colored. Translucent. Orange. Zebra-designed. Striped.In reality, there’s certainly no restrictions for the huge selection of colors and styles of [url=http://uppingtheanti.org/member/56786/ ]tights [/url] for sale. Evidently nearly all women (and a few gents) will have a few pairs of [url=http://blumercpas.com/member/19831 ]tights [/url] in his or her dresser drawers.

    Routinely when you visualize [url=http://www.ncv.unsw.edu.au/index.php/member/18210 ]tights [/url] you think of pantyhose and / or dense and unbearably hot and itchy material. Now this is no longer the way it is, now with advancements in fabrics and fit, there really is a number of [url=http://www.spamschlucker.org/spamdex/member/42549 ]tights [/url] these days to accomodate every person and every style.

    These [url=http://wvum.org/index.php/member/50624/ ]tights [/url] typically have a built in foot and stretch entirely up to your waistline. With respect to the type, these [url=http://www.booktrix.com/live/index.php/member/45049 ]tights [/url] might have an integrated control-top that helps to firm up the belly and will make using gowns and skirts more at ease. Some other [url=http://perl-qa.hexten.net/wiki/index.php?title=What_Does_2012_Make_For_The_Field_Of_Tights ]tights [/url] may possibly not have any feet and therefore are recognised as leggings. But really no matter the look, they’re a favorite selection for almost any individual trying to add some sparkle or usefulness in their closets.

    Whilst basically a fashion and style fashion statement coming in different shades and patterns, you will also discover engineered [url=http://theecovillage.com.au/site/index.php/member/23053 ]tights [/url] for particular sports implementation. Often employed by gymnasts and figure skaters, these nylons are constructed with far more elasticized textile in order to help retain the muscles and always keep them warm throughout the time of tournament and coaching. In addition there are advanced rehabilitative [url=http://www.lma.ca/index.php/member/8044 ]tights [/url] out there for men or women battling with circulation difficulties or diabetes mellitus, they are also constructed of securely woven material with an elastic feel in them.

    It’s actually not unusual to have females having on vibrant colored hosiery to show off their most innovative attire. The tastes manage to alter from year-to-year with coarse patterned [url=http://xliff-tools.freedesktop.org/wiki/Tights%20Season%20Is%20Proper%20here%20Again ]tights [/url] in style through the winter weather permitting a lot of women to use dresses and skirts warmly in the cold temperature to adult females and young ladies wearing fairly sheer [url=http://www.moviemaker.com/member/355748 ]tights [/url] to highlight their legs. One of the most recent design and style developments in [url=http://oldharbornativecorp.com/index.php/member/69752 ]tights [/url] would be the using of footless [url=http://perl-qa.hexten.net/wiki/index.php?title=What_Does_2012_Make_For_The_Field_Of_Tights ]fashion tights [/url] or leggings. Depending on the type and label these leggings could extend to your midsection. Should they do not extend on to the stomach, the leggings are just long tubing that you have pulled on – frequently ending mid-thigh. For a number of young gals this offers them the opportunity to wear alternative coloured [url=http://www.pacja.org/index.php?option=com_blog&view=comments&pid=3162&Itemid=0 ]tights [/url].

    An alternative realm where [url=http://wiki.rdiff-backup.org/wiki/index.php/How_To_Choose_Snug_Tights ]tights [/url] could be found is on the stage. In many cases male and female characters and dancers will utilize [url=http://turing.cs.trincoll.edu/svmstudy/index.php/Tights_All_The_Things_Women_Like_To_Know ]tights [/url] as a natural part of their outfits. Surely, not to be pushed aside is the utilization of [url=http://www.virginiastar.net/index.php/member/84568 ]tights [/url] by ballet dancers that may often times dress in nude [url=http://www.lifegift.org/lifegift/member/23127 ]tights [/url] so as to appear as having nude legs. These [url=http://www.legsonthewall.com.au/index.php/member/64764/ ]tights [/url] will be usually made up of a far more tightly woven textile that can help safeguard and support the dancer’s muscle groups for the period of rigorous exercises and sets.

    Literally, which ever the reason why, [url=http://turing.cs.trincoll.edu/svmstudy/index.php/Tights_Ranks_For_Females ]tights [/url] are as widespread at present as being dressed in just about any other bit of clothing. Frequently [url=http://www.bmxplusmag.com/index.php/S=4ca6bd43035057071bb098d8a29c3a95e8cc39f3/member/39848 ]tights [/url] can be used as a good vogue add-on, in other cases for health issues and still additionally for athletic utilization. The world’s your oyster to the design, shade and fit of [url=http://mpcollab.org/fwheel/node/5404 ]tights [/url] – which make them an effective addition to your current wardrobe.