Oorwin jou woede
Praktiese raad vir daardie oomblikke wanneer jy warm onder die kraag voel.
1. Stop en dink: Wat maak jou nóú woedend? Stap weg van die situasie.
2. Haal diep uit jou maag uit asem en verbeel jou dan jy blaas die negatiwiteit uit.
3. Stap! ’n Vinnige stappie om die blok of op en af by die werk se trappe behoort die goedvoel-hormone weer aan die gang te kry.
4. Ontleed jou gevoelens. Is dit regtig die moeite werd om hieroor kwaad te word? En al is dit, moenie dadelik reageer nie. Laat die emosie eers ’n bietjie rus sodat jy mooi daaroor kan dink.
5. Daar is altyd ’n positiewe kant. Soms moet jy net ’n bietjie soek.
Bron: happinesshunters.com
















Kommentaar