VIDEOGREEP: YouTube

Verhoudings

OULIKE VIDEO: Twee vriendinne praat oor popkultuur

Dié twee Amerikaanse vroue, wat reeds vir 94 jaar lank vriendinne is, gesels oor die hedendaagse popkultuur – van selfies tot Justin Bieber.

In dié oulike video wat op Steve Harvey se kletsprogram verskyn het, gesels Irene Roeske Cook en Alice Even Jensen (albei 100 jaar oud) oor die hedendaagse popkultuur.

Dié twee is ’n bewys van hoe ’n hegte vriendskap ná jare nog kan vreugde bring én dat ons die popkultuur en die bekendes nie altyd so ernstig moet opneem nie ….

 

’n Vriend is iemand wat alles van jou ken, en jou steeds lief het.

Elbert Hubbard

HET JY DAARDIE EEN PERSOON MET WIE JY ALLES DEEL? Deel dié video met haar op sosiale media en noem @SARIETydskrif en gebruik die hashtag #SARIEVriendskap om saam te gesels.