IMG_0001 - Copy
Eie stories

Pinner van die Week – Luhanie Visser (22)

Ons Pinterest-inspirasie vir die week is Luhanie Visser (22) van Franschhoek. Sy is ‘n grimeerkunstenaar wat besig is met haar Diploma in Bemarking.

Luhanie se gunsteling-borde op Pinterest:

Mode

rzUntitled

 

Skoonheid

rzskoonheid

Wanneer het jy begin pin en hoekom?
Ek het so min of meer ‘n jaar gelede begin pin, omdat ek ‘n kreatiewe mens is en dit geniet om nuwe idees te ondersoek.

Hoeveel tyd per dag/week spandeer jy op Pinterest?
Ek is elke aand na werk op Pinterest.

Op watter ander sosiale media platforms is jy ook?
Facebook en Instagram.

Wat maak Pinterest só lekker?
Dis ‘n lekker ontdekkingswêreld waar ek kan droom en nuwe inspirasie kry.

Watter mode-ontwerpers se werk volg jy graag?
Ek volg nie ‘n spesifieke mode-ontwerper nie maar is mal oor die Franse se styl. Ek was bevoorreg genoeg om persoonlik van die mode-ontwerpers in Parys se werk te kon sien en die voorbereiding daarvan te kon bywoon. Ek het Giorgio Armani se modevertoning in Parys bygewoon.

Watter skoonheidsprodukte dra jy altyd in jou handsak saam?
Concealer en lipstiffie.

Lees jy graag SARIE.com?
Ja, en kry ook die SARIE deur die pos.

Het jy ‘n gunsteling-besitting?
My gholfstel en my “make-up kit”.

En jou stokperdjies?
Ek speel graag gholf en geniet dit om te bodyboard in die branders.

Watter parfuum dra jy?
Flowerbomb van Viktor & Rolf.

 Picture6_0_0

Wil jy ook Pinner van die Week wees?
VOLG vir SARIE op Pinterest