Michelle Pienaar pinner
Eie stories

Pinner van die Week – Michélle Pienaar (32)

Ons Pinterest-inspirasie vir die week is Michélle Pienaar (32) van Bloemfontein. Sy is ’n dieetkundige en werk tans vir ’n diabetiese maatskappy.

Michélle se gunsteling-borde op Pinterest:

Huis

Screenshot 2013-11-07 13.32.22

DIY

Screen Shot 2013-11-07 at 2.13.39 PM

Die Nataniël Tafel

Screenshot 2013-11-07 13.33.27

Wanneer het jy begin pin en hoekom?

Ek pin sedert middel-2012, omdat dit ’n ideale platform is om kreatiewe idees te stoor. Om te pin help my om te ontspan en te droom!

Hoeveel tyd per dag/week spandeer jy op Pinterest?

Ongeveer 2 ure per week.

Op watter ander sosiale media platforms is jy ook?

Facebook, Instagram en Twitter.

Wat maak Pinterest só lekker?

Daar is ’n klomp interessante idees bymekaar en ek het enige tyd toegang daartoe.

Hoekom pin jy Die Nataniël Tafel se resepte?

Absoluut! Ek het onlangs Die Nataniël Tafel-bord geskep. Nou kan ek net lekker lag en nie probeer om elke resep af te skryf nie!

Watter mode-ontwerpers se werk volg jy graag?

Ek hou van plaaslike ontwerpers, soos Amanda Laird Cherry, Black Coffee en Michelle Ludek.

Wat dra jy altyd in jou handsak saam?

Nimue Hydro Lip Therapy, Crabtree and Evelyn handeroom, Nimue Face Mist en Bobbi Brown lipgloss.

Lees jy graag SARIE.com?

Elke dag! Ek ontvang elke maand SARIE in die pos en is ’n gereelde kliënt van Spree!

Het jy ’n gunsteling-besitting?

My Kindle.

Watter parfuum dra jy?

Lanvin

Wat is die beste DIY-projek wat jy al aangepak het?

’n Kandelaar versier met espresso-koppies en krale.

… en die moeilikste?

Macaroons!

Wil jy ook Pinner van die Week wees?
VOLG vir SARIE op Pinterest