Sanmarie Kleynhans Pinner
Eie stories

Pinner van die week – Sanmarie Kleynhans (22)

Ons Pinterest-inspirasie vir die week is Sanmarie Kleynhans (22) van Pretoria. Sy is ’n student aan die Universteit van Stellenbosch.

Sanmarie se gunsteling-borde op Pinterest:

Mooigoed

Pinterest

Inspirasie

Pinterest

Dans – haar stokperdjie

Pinterest

 

Oulike diere

Pinterest

Hoekom het jy begin pin?

Ek het so jaar gelede begin pin. Foto’s en prentjies van die mooi in die lewe inspireer my.

Jy pin mooigoed, veral mooi mense en dinge. Watter rol speel dit in jou lewe?

Mooigoed en -dinge inspireer my, dit maak my gelukkig. Soms laat dit my ook bietjie anders na die lewe kyk. Deesdae as ek sommer net klas toe loop, sien ek die randomste mooi raak en dink hoe dit op ʼn foto sal lyk – ek dink Pinterest brainwash my bietjie! En dan natuurlik kry ek ook die beste idees van Pinterest af. Mense kan so kreatief wees!

Wat maak Pinterest só lekker?

Die feit dat jy op die prentjie kan klik en dan na die oorspronklike webblad toe gaan, soos as jy ʼn foto van ’n lekker brownie sien, kan jy die resep kry. Pinterest het ook net oneindig baie foto’s van alles en enigiets – van oulike hondjies tot die strate van Parys.

Wat dra jy altyd in jou handsak saam?

Woolworths se Magnolia handeroom, DCT lip-behandeling en oogomlyner.

Het jy ’n gunsteling-besitting?

My gunsteling besitting sal ongelukkig my selfoon moet wees, omdat my dagboek, my foto’s en my lewe daarop gestoor is.

Wat doen jy vir ‘n stokperdjie?

Ek is ʼn danser. Ek is ook baie lief vir bak en brou.

Wat inspireer jou elke dag?

Bome se blare vang altyd my aandag. Ek weet nie hoekom nie, maar dit doen net. Ten spyte van die feit dat dit lewe simboliseer laat dit my besef dat die lewe oor soveel meer gaan as net aardse dinge.

Watter parfuum dra jy?

Gucci Rush

Wil jy ook Pinner van die Week wees?
Volg vir SARIE op Pinterest