MOOD GS brein dink slim hand draws brain sign
Verhoudings

Sirkelgang van geweld

Geweld kweek geweld en kan geslagte lank oorgedra word. Ook in SA is vroue en kinders die maklikste teikens. Waar begin genesing dan?

Rooi mosaiëkbankie – vir Anene Booysen, Elda Jafta en Kayde Williams.

Dis onlangs op Bredasdorp in die Wes-Kaap opgerig, waar dié meisies
in die afgelope twee jaar wreedaardig vermoor is. Onderskeidelik 17, 14 en 5.

Bloedjonk, kinders.

Skokkend is dat dit uiteindelik net nog ’n voetnota in die see van geweld teen vroue en kinders in ons land is.

’n Vrou word hier elke vier minute verkrag. En elke agt uur deur haar man/minnaar vermoor.

Byna die helfte van plaaslike mans het al hul vrou/vriendin geslaan.

Dié inligting is beskikbaar op Wikipedia, Jan Alleman se aanlyn ensiklopedie. Met ’n lys swaargewig- bronne wat wys dis nie duimsuig- statistieke nie.

Koerant-hoofartikels en radioprogramme ondersoek tradisionele chauvinistiese ingesteldhede, wapen- beheer en swakhede in die polisie. En hofstelsels wat baie skuldiges ongestraf laat bly; vroue ontmoedig om voorvalle van geweld aan te meld.

Een ding is seker: Dis nie ’n simplistiese onderwerp nie en maklike antwoorde is daar nie. Veralgemenings, soos “Ons mans is buite beheer”, help niemand nie, sê die mans met wie SARIE gesels het. Vroue en kinders is maklike teikens, ja. Maar ons hele samelewing huiwer op die randjie van die afgrond. Ons is almal saam in die ding, is die algemene standpunt van die mans met wie ons gepraat het.

Wat die statistieke sê

Navorsing het bewys drie traumatiese ervarings (fisieke geweld, seksuele molestering en ’n ma wat mishandel word) word sterk verbind met die pleeg van geweld later in ’n intieme verhouding. ’n Seun wat voor 12 jaar gemolesteer (gepenetreer) is, is sowat 3,5 keer meer geneig om later gewelddadig in ’n romantiese verhouding te wees. Sulke vroeë traumas kan dalk jou vermoë aantas om later betekenisvolle vertrouensverhoudinge aan te knoop.

Lees die volledige artikel waarin sielkundiges en kundiges hul mening oor geweld teen vroue en kinders deel in die November-uitgawe van SARIE.

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad