FOTO: Instagram  @laurenconrad

FOTO: Instagram @laurenconrad

Verhoudings

Slaggate op ’n eerste afspraak – Deel 1

Jul oë vind mekaar, daar’s ’n vonk tussen julle. Maar ná jul eerste afspraak hoor jy niks van hom nie. En ja, dalk het jy inderdaad iets verkeerd gedoen. Lees hier hoe jy dit volgende keer rég kan doen!

1) Temper jou verwagtinge 

Sandra* het, ten spyte daarvan dat sy baie van haar date gehou het, besluit om hom nie weer te sien nie. Want hy het nie ná die tyd saam met haar na haar motor gestap nie.

Dis geen rede om hom af te skryf nie, sê Bonita Grobbelaar van die afspraak-webtuiste Matchvip.co.za en verhoudingsafrigter van Johannesburg.

Jy het nie eens moeite gedoen om meer oor hom uit te vind nie. Hy is dalk op ander maniere baie bedagsaam. En as julle mekaar beter leer ken, kan jy hom mos vertel wat jou behoeftes is.

Dink ’n bietjie, dis belaglik om van iemand wat jy nog skaars ontmoet het, te verwag om op ’n sekere manier op te tree. Jou verwagtinge is gebaseer
op die verlede en hoe jy grootgemaak is. Verbreed jou horison. Jy word dalk aangenaam verras.

2) Ontspan

Tina* het ná elke afspraak die ontmoeting op papier ontleed.

Alles wat gebeur het, is in die fynste besonderhede geanaliseer. Sy het gesoek na ’n goeie pa vir haar twee spruite. Maar die mans het gevoel hulle is op ’n werkonderhoud. Dalk het jy ook ’n lysie in jou kop waarop jy heelaand dinge aftik. Hy is onvriendelik met die kelnerin. Of te vriendelik. (Kruisie in albei gevalle.) Hy praat positief oor ander vroue. (Regmerkie.) Só bederf jy alle kanse op spontaneïteit en ’n moontlike chemiese wisselwerking tussen julle. Dit bly in die slag met jou meedoënlose rits vrae. Vir ’n eerste afspraak plaas dit darem baie druk op jou. En op hom, sê Bonita.

Beskou die afspraak eerder as ’n lekker ontspanne tyd saam met ’n moontlike vriend. En net dalk wil jy hom graag beter leer ken. En hy vir jou.

3) Spaar jou energie

Jy het ’n afspraak vir jou naels en hare. Vra om vroeër by die werk te loop. En jy is ure voor die tyd al so opgewerk soos ’n kind voor ’n partytjie. (Onthou hoe jou maag as kind uiteindelik so gepyn het dat jy nie na die partytjie toe kon gaan nie?)

Moenie, raai Bonita aan. Bly besig, kuier by vriende. Hoekom jouself op hol jaag oor iemand wat jy nie ken nie? En dan is jy uit- eindelik so senuweeagtig dat jy die afspraak saboteer.

Lees volgende week op SARIE.com nóg 3 maniere hoe om ’n suksesvolle eerste afspraak te hê!

Die volledige artikel verskyn in die Junie-uitgawe van SARIE. Dít is nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word – klik HIER.

In die JULIE-uitgawe van SARIE:

  • Nadia Beukes: Proe nou sukses & dolverlief!
  • Robbie Kruse se glanstroue – FOTO’S
  • Hartpionier Chris Barnard se kleindogter: Suiker ’n troos, maar toe haar verslawing
  • Menopouse: Raadop? Hier’s wat jy moet wet
  • Eensaam in jou huwelik?
  • Selfoon: 3de party in jou slaapkamer

nadia beukes