FOTO: Instagram  @juliestevanja

FOTO: Instagram @juliestevanja

Verhoudings

Slaggate op ’n eerste afspraak – Deel 2

Jul oë vind mekaar, daar’s ’n vonk tussen julle. Maar ná jul eerste afspraak hoor jy niks van hom nie. En ja, dalk het jy inderdaad iets verkeerd gedoen. Lees hier hoe jy dit volgende keer rég kan doen!

Lees DEEL 1 HIER

Wys jou vroulike kant

Om in die korporatiewe omgewing suksesvol te wees moet vroue dikwels hul manlike energie die leisels gee. (Beslistheid, die leiding neem, selfvertroue, ambisie, kry dinge gedoen, bestuur die situasie, ens.)

Trek die kantoordeur toe. Gaan ná werk huis toe, trek iets gemakliks en vroulik aan. Laat jou vroulike energie toe om na die oppervlak te kom, beveel Bonita aan. Dis sorgsaam, goedhartig, deernisvol, warm, liefde- vol. ( Ja, jy het ook so ’n kant. Al moet jy dalk dieper daarvoor delf.)

’n Vrou soek dikwels ’n man wat ’n deurslag-afskrif van haarself is: net ’n bietjie beter. Langer, suksesvoller, intelligenter, meer ambisieus. ’n Man soek weer iets wat hy nie by die werk of sy vriende kry nie, ’n maat wat hom aanvul en ondersteun, sê sy.

Sit jou beste voetjie voor

Positiwiteit is die sleutel. Wees opgewek. Jou ingesteldheid en hoe jy voel, het ’n uitwerking op hoe suksesvol jul afspraak is. Die meeste mense is senuweeagtig op ’n eerste afspraak. Wees versigtig dat jy nie koud voorkom nie. Glimlag. Gee hom ’n kompliment wat hom op sy gemak kan stel. Jy kan hom selfs ’n drukkie gee as julle mekaar ontmoet. Dit klink ’n bietjie laf om hand te skud, veral omdat julle vir ’n meer persoonlike rol ’n oudisie aflê. Dis dan ook makliker om daarna tot siens te sê: Die pad is oop vir ’n afskeidsdrukkie.

Delf dieper emosioneel

Emosionele, persoonlike inligting
sal julle nader aan mekaar laat voel. Moenie net by die feite vashaak nie. Delf ’n bietjie dieper. Praat oor sy strewes, drome en hoekom hy ’n sekere ding sê. Laat hom verstaan sy waardes is vir jou belangrik en dat jy hom interessant vind. As julle byvoorbeeld oor reis praat, moenie net vra “Watter lande het jy al besoek?” nie. Maar iets soos: “As jy môre op enige plek kan wakker word, waar sal dit wees? En hoekom?” (Moet dit egter nie verwar met die deel van te veel persoonlike inligting nie – sien nr. 8.)

Lees DEEL 1 HIER

 

Lees volgende week op SARIE.com nóg 3 maniere hoe om ’n suksesvolle eerste afspraak te hê!

________

Die volledige artikel verskyn in die Junie-uitgawe van SARIE. Dít is nie meer op die rak nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word – klik HIER.

In die Julie-uitgawe van SARIE:

  • Nadia Beukes: Proe nou sukses & dolverlief!
  • Robbie Kruse se glanstroue – FOTO’S
  • Hartpionier Chris Barnard se kleindogter: Suiker ’n troos, maar toe haar verslawing
  • Menopouse: Raadop? Hier’s wat jy moet wet
  • Eensaam in jou huwelik?
  • Selfoon: 3de party in jou slaapkamer

nadia beukes