sr1111onvrugbaar_2_
Verhoudings

‘Ons kan nie kinders hê’. Bekendes vertel

Hulle het gelyk na ’n paartjie vir wie die gode breed glimlag.

Monique, die mooi blondekopvrou van Pasella-aanbieder Paul Rothmann, het in ’n onderhoud met SARIE in Maart vanjaar nog opgewonde vertel hulle is nou gereed vir kinders. Dit was op hul pragtige kleinhoewe op ’n landgoed buite Pretoria.

Maar ’n paar weke gelede het bewerings in die pers rondgevlieg dat Paul ’n verhouding met sy Pasella-kollega Vicky Davis gehad het. Hy en Monique was glo selfs op ’n slag uitmekaar.  

Paul het daarna sy hart teenoor Rapport uitgestort. Daar was nie ’n ander vrou nie, maar hul pogings om ’n kind te kry en die daaropvolgende vrugbaarheidsbehandeling het ondraaglike druk op hul huwelik geplaas.

En duisende paartjies kan dit beaam . . .

Hier gee kenners ‘n 5-punt-plan om jou te help deur hierdie moeilike proses:

1. Moenie jou maat kwalik neem as die probleem by hom/ haar lê nie.

2. Verseker hom/haar julle is saam in die ding.

3. Fokus op die dinge wat julle lief vir mekaar maak. En hoekom jy saam met hom/haar ’n kind wil hê.

4. Wees oop oor jou frustrasies, woede, hartseer en kommer.

5. Pak die infertiliteit as ’n span aan.

Bron: www.healthywomen.org

NAVORSING SÊ

Navorsing wys vroue wat vrugbaarheidsbehandeling kry, ervaar meer angs en depressie as hul man. Hulle voel soms selfs minderwaardig ná ’n mislukte poging – méér as hul man. In nog ’n studie is gevind mans en vroue ervaar albei negatiewe emosies ’n jaar ná aanvang van die behandeling. Maar dis meer intens by vroue.

Vroue se angs en depressie is gelykstaande aan dié van mense wat met kanker gediagnoseer is of ’n hartaanval gehad het. Mans hanteer die stres gewoonlik beter, behalwe as die probleem by hulle gediagnoseer is. In lg. geval ervaar hulle ewe veel stres as vroue, is in ’n studie in die VSA bevind.

(Bron: www.health.harvard.edu)

* In die November-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 17 Oktober 2011 te koop) vertel Melanie du Bois en lesers oor die pad wat hulle stap.

* Is jy ook op infertiliteitsbehandeling?

  • Wil ook graag

    Hi, dis ‘n baie hartseer gedoente en nie net put dit jou emosioneel uit nie maar ook finansieel. ons kan ook nie kinders he nie en moes die surrogaat moeder pad volg als het goed verloop tot en met die "prosedure" sou uitgevoer word en die surrogaat kop uit trek 2 dae voor die tyd!!! dis seer…… ons wil so graaag ‘n pink voet in die huis en in ons arms he maar dis nog nie vir ons bestem nie. sterkte aan Paul en sy vrou en aan Melani dis nie maklik nie maar julle stap die pad nie alleen.

  • Wil graag help

    Aan mense wat sukkel om swanger te raak.
    Doen miskien navorsing oor NaPro Tegnologie. Dit is baie meer suksesvol én goedkoper as "IVF" behandelings. Dit is natuurlik en plaas nie soveel stres op die vrou se liggaam soos "IVF" nie.

    Wens Sarie wil ‘n artikel oor NaPro doen – ek dink dit sal baie mense help as hulle net meer daaroor geweet het en selfs geweet het dat daar ‘n beter opsie as "IVF" is…

  • Stefan

    Niks is on-moontlik nie. Daar was ook aan ons gese dit sal onmoontlik wees maar na ‘n paar jaar by die regte dokter het ons al 2 kinders. Moet nooit moed verloor nie.

  • Judy

    Dit plaas ongelooflike druk op mens se huwelik – ek weet. Maar G O D se genade was groot vir ons en het ons wel geseen met ‘n seuntjie, ek hoop dit gebeur met julle ook! Baie baie sterkte, ‘n ander persoon wat nie daardeur gaan nie sal nie kan verstaan hoe dit is nie.

  • Gerhard

    Die lewe gaan aan.
    Paul ,jy het jou vrou voor die kansel belowe tot die dood ons skei.Julle al twee het nie geweet dit gaan gebeur nie.My tante en oom is al 46jaar getroud en het ook nie kinders nie,weens dieselfde probleem.
    Die liefde tussen hulle *STILL GOING STRONG* .
    Probeer maar weer en GLO en bid die Hemel se Vader gaan vir julle ‘n uit weg gee.
    Sterkte julleen bly lief vir mekaar

  • cstelle

    Baie mense blameer, die feit dat hulle sukkel om kinders te kry, is die oorsaak van die stres op hulle huwelik. Die dag as jy trou het jy belowe om mekaar by staan maak nie saak wat nie.

    Om te sukkel is vreeslik erg en emosioneel breek te jou af!!

    Dankie tog my man het dit nie as verskoning gebruik, hy het my net nog meer by gestaan en ek vir hom.

    Nou na 9 miskrame en 10 en half jaar, en nooit moed op gee nie, het ons sopas ouers geword van n 2ling, deur middel van my engel sussie wat gesurogaat het.

  • Liesl

    Ek stem saam, ons het nie getrou om kinders te hê nie, maar toe dit tyd reg is gebeur daar niks nie. Dan vra mens hoekom en waarom, maar jy kry nie die regte antwoord nie. Wanneer jy vrede maak daarmee dat daar ‘n doel is daarmee en dat jy op die regte tyd sal weet hoekom jy nie kinders kan hê nie, maak dit die seer bietjie makliker om mee saam te leef. Mense wat dit nie ervaar nie verstaan nie, ons het naderhand begin sê ons wil nie kinders hê nie net op die vrae te stop. Maar na 17 jaar van baie gelukkige getroude lewe is ons geseën met die mooiste klein seuntjie. Hy is ‘n aangenome kind en nou weet mens dat dit jou doel in die lewe was, om vir hierdie pragtige klein engeltjie ‘n liefdevolle en gelukkige huis te kan gee. Ons sê elke dag dankie vir die voorreg om hom te kan grootmaak.

  • Getroumatiseer

    Getroumatiseer skryf:
    Mense wat kinders aanneem moet net een ding duidelik kry: Dit kan nooit jou kind wees nie. Nooit. Dis ‘n ander man en vrou se kind, ‘n ander DNA, ‘n ander alles. Die kind sal noodwendig nooit na jou aard nie. Die kind gaan beslis na sy/haar biologiese ouers hunker en die ouers gaan na hul kind verlang. Derduisende aangenome kinders soek op talle Internet webwerwe na hul biologiese ouers en omgekeerd. Biologiese ouers moet hul uiterste probeer om hul kinders (buite-egtelik of nie) te behou. ['n Vondeling is iets anders, uiters wreed, maar 'n Vondeling en sy/haar ouers sal nooit mekaar vind nie want daar is geen rekords nie.] Diegene wat aangenome kinders het, moet werk maak daarvan dat die kinders kontak met hul biologiese ouers behou. Sommige doen dit reeds met groot sukses.

  • Lisa

    Hi,mense wat nie hierdie pad gestap het nie moet eerder nie kommentaar lewer nie. Ons is al 12 jaar baie gelukkig getroud en ek het die wonderlikste man waarvoor enig vrou kan vra. Maar ja ons kan nie kinders hê nie en elke dag sien jy die swanger mammas, babas en gesinne en elke keer word jou hart baie seer. Ons het besluit om aan te neem en ja ons is goedgekeur en ja ons wag al 17 maande vir ons ou liefste engeltjie gestuur van ons Vader in die Hemel.. Ons gee nie om dat jy anderste gaan lyk nie, ons gee ook nie om dat jy van ons gaan verskil nie.. Jy gaan ons baba wees en ons gaan jou pappa en mamma wees. Ons sal die lewenspad saam met jou stap en as jy huil of siek is sal ons daar vir jou wees. En eendag wanneer jy trou my liefste kind sal ons daar wees en jou ondersteun in al jou besluite. So ja ons is gereed en wag geduldig vir ons oproep om jou te gaan haal.

  • Sê maar net

    Ek dink dit is wonderlik dat jong meisies ens hulle kinders kan opgee vir aanneming. (In gevalle waar dit nie ‘n gewoonte raak nie). Ek sal dit eerder aanmoedig as aborsie. So gee hul paartjies wat nie kan kinders hê nie die geleentheid om ouers te kan word. Maak dit regtig saak of die kind se DNA van die aanneemouers s’n verskil? Ek verstaan daar mag dalk struikelblokke wees in terme van aanneming waar kulture verskil, maar is dit vir die aanneemouers om te besluit hoe hul daarmee gaan "deal". Die kinders kry die geleentheid om aangeneem te word deur ouers wat hul werklik wil hê. Twee van my niggies het aangenome kinders, tussen die twee van hul is dit 5 kinders. Die kinders voel so deel van die familie! My vriendin is ook ‘n aangenome kind. Sy is na aanneming met die beste ouers geseën en het ‘n wonderlike mens "uitgedraai", waar ek glo as sy by haar biologiese ouers gebly het nie die geval sou wees nie. Dankie Jesus vir aanneemkinders.