FOTO: Phyllis Green

Verhoudings

Vra jouself hierdie 10 vrae vóór jy skei

Om deur ’n egskeiding te gaan, is seker een van die lewe se moeilikste besluite. Wanneer weet jy die besluit reg? Huffington Post deel n paar belangrike vrae om jouself af te vra voordat jy besluit om te skei.

Daar is baie dinge om te sê en vra vir iemand wat skei, maar die een vraag wat jy soos die plaag moet vermy, is, ‘het jy dit ordentlik deurdink?’.

Die kanse is goed dat jou vriend of vriendin al baie ure hieroor nagedink het. Min mense neem die einde van ’n huwelik ligtelik op en dit kom gewoonlik maande, of selfs jare, nadat die paartjie aanvanklik uitmekaar is.

Die aanlynkoerant Huffington Post het vir hul lesers gevra watter vrae hulle die meeste oor getob het voordat hulle dié lewensveranderende besluit gemaak het.

1. Kan ek eerlikwaar sien hoe ek die res van my lewe saam met hierdie persoon kan deurbring?

2. Sal dit meer kwaad of goed aan ons en ons kinders doen as ons sou saambly?

3. Kan ek tydens die egskeiding vriendelik en rasioneel bly al word daar lelike, kwetsende opmerkings oor my gemaak?

4. Het ek werklik alles probeer om die verhouding te maak werk?

5. Is ek seker dat die probleem nie by my lê nie, en dat ek nie dieselfde besluite en aksies met iemand anders gaan herhaal nie?

6. Hoe kan ek die egskeiding op die mees beskaafde manier, vir my én die kinders, hanteer?

7. As ek die res van my lewe alleen moet wees, sal ek oukei wees?

8. Stel ek met hierdie huwelik ’n goeie voorbeeld van die tipe verhouding wat ek my kind eendag toewens?

9. Hou ek vas omdat ek lief is vir hom/haar of omdat ek vrees vir alleen-wees?

10. Is daar enigiets wat ek kan doen om hierdie huwelik te verbeter?

Gaan jy tans deur ’n egskeiding? Deel die vrae wat jy jouself elke dag afvra met ons.

Sielkundige Louis en Lise blog oor egskeidings en verhoudings