Verhoudings

Vroue mag énigiets doen!

 “Om as vrou énige beroep te mag volg. Vroue regeer volke, lei navorsing, bestuur reuse-maatskappye, preek in kerke. Die beste gemeenskapsprojekte word deur vroue uitgedink …”

Sy reken voorts grys denke maak dit moontlik om gebruike en tradisies te bevraagteken. Ook politicie! 

Aan die negatiewe kant: “Die hooftema dat mý behoeftes ten alle koste vervul moet word maak dat ons ander mense dalk minag. Dié grys beginsels het dikwels ’n baie negatiewe inpak op verhoudings.

Norme en waardes word afgemaak as outyds. Indien die fokus suiwer op selfbevrediging is, waai beginsels soos respek, eerlikheid en getrouheid by die deur uit.”

  • Milly

    Na 30 jaar se getroude lewe, het my man my net kom sê hy wil onafhanklik wees, al die jare het hy gedoen wat hy wil en ja ander mans se vrouens bo sy eie vrou verkies. Ek het my behoeftes agter toe geskuif, my kinders het eerste gekom, en dan my man, ek het ook nog na sy ouers gekyk, en nie gewerk nie.

    Ek stem volkome saam met " waai beginsels soos respek, eerlikheid en getrouheid by die deur uit." Ek is in die vleur van my lewe verwerp ! ek is net baie bly en dank die Here vir goeie gesondheid, geld kan nie gesondheid koop nie, alhoewel ek nie iemand is wat alleen kan wees nie, sal ek maar moet begin, ek kyk na my self.

    Ek gaan begin werk vir myself en ek gaan bo uitkom en almal verbaas, ek leer ook duits praat, want hier waar ek bly is meer duits sprekende mense. Ek sal eerder myself tekort doen om ander mense te help.