FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Verhoudings

Waar eindig geweld teen vroue?

Geweld kweek geweld en kan geslagte lank oorgedra word. Ook in SA is vroue en kinders die maklikste teikens. Waar begin genesing dan?

’n Vrou word in SA elke vier minute verkrag. En elke agt uur deur haar man/minnaar vermoor. Byna die helfte van plaaslike mans het al hul vrou/vriendin geslaan.

Dié inligting is beskikbaar op Wikipedia, Jan Alleman se aanlyn ensiklopedie. Met ’n lys swaargewigbronne wat wys dis nie duimsuigstatistieke nie.

Vroue en kinders is maklike teikens, ja. Maar ons hele samelewing huiwer op die randjie van die afgrond. Ons is almal saam in die ding, is die algemene standpunt van die mans met wie ons gepraat het.

Saadjie geplant

Vir James de Villiers, sielkundige en hipnoterapeut van Kaapstad, is trauma die gemene deler tussen skynbaar uiteenlopende dinge soos kindermolestering en iemand wat sy vrou gereeld met ’n rapier-tong opkerf.

Want die geweldenaars was ook eens kinders. En heel waarskynlik aan die ontvangkant van geweld – emosioneel, fisiek of verbaal. Dit word deur wêreldwye navorsing bevestig, sê hy. Daarom word gepraat van ’n oordrag van geweld na ’n volgende geslag.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

’n Bose kringloop

By die hoër sosio-ekonomiese klas is geweld gewoonlik subtiel. Almal ken (of het gehoor van) ’n man wat sy vrou slaan. Oë word gerek omdat sy by hom bly.

Dié mans het waarskynlik in ’n omgewing grootgeword waar geweld (verbaal, fisiek of emosioneel) alledaags was. En dis skrikwekkend hoe dit ’n familietema word – van oupa na pa na kind.

Grootmense met wonde

Al hoe meer mans klop weens stres by hom aan, beaam James.

Mans het ’n ingebore behoefte om te voorsien en te beskerm. Boonop onderdruk hulle hul kwesbare kant en emosies. Voeg daarby dinge soos die geweld in die land, druk om hul werk te behou asook politieke onsekerhede. Knak hulle, kan hulle op twee maniere reageer: Dit op hulself (depressie en selfdood) of die mense om hulle uithaal.

Wat nou?

Jy moet vorentoe te beweeg, sê James. Om die siklus van geweld te hanteer moet jou benadering traumageoriënteerd wees, wys baie navorsing.

Jy moet die trauma uit jou kinderjare konfronteer. Dis nie jou vrou, die ekonomie of jou werk se skuld nie. Jy het jou pyn onderdruk en ’n manier aangeleer om jouself te beskerm. As jy in ’n gewelddadige huis grootgeword het, kan jy nie op ’n gesonde manier na jouself omsien nie. Jy hanteer probleme deur te veg (aggressie na buite), vlug of vries (aggressie word opgekrop, jy rig dit teen jouself).

Soek saam oplossings

In die Charlize Theron-advertensie op radio en TV in die 90’s word gesuggereer álle mans moet verantwoordelikheid aanvaar vir geweld teenoor vroue. Ook dié wat nooit hul hand teen ’n vrou sal lig nie.

Nee, dis die hele gemeenskap se taak, reken mans met wie SARIE gesels het.

It takes a village to raise a child, Hillary Clinton se nou reeds bekende woorde. Begin dus in jou eie omgewing.

“Ons skuil agter hoë mure, wil nie betrokke raak nie. Maar daar kom ’n tyd dat jy verplig is om op te tree, dit selfs by die polisie aan te meld.”

- Akteur Morné Visser wat die molesteerder in die filmweergawe van Dis ek, Anna speel.

Lees die volledige storie in die November 2015-uitgawe van SARIE.

Lees nou

Word nou deel van die #butterflyrevolution

Emosionele aftakeling en mishandeling meer algemeen as wat jy dink

1 uit 10 in SA het ‘bomskok’