Verhoudings

Waarom hy jou sal verkul

Hulle loop rond agter die seks aan, nie waar nie? Nee, dis nie die vernaamste rede nie, beweer ’n nuwe boek, wat al op Oprah bespreek is … hulle voel afgeskeep. Wat sê SA mans?

Die tekens van ‘n affair
M. Gary Neuman is al langer as 20 jaar ‘n huweliksraadgewer in Amerika. Uit sy spreekkamer-ondervinding en ná gesprekke met honderde mans het hy die boek The Truth about Cheating: Why Men Stray and What You Can Do to Prevent It (Wiley-uitgewers, 2008) geskryf. Volgens hom loop 1 uit 2,7 mans rond – en die meeste vrouens vind dit nooit uit nie. Sowat 93% van sulke mans gaan ook nie uit hul eie bieg nie. Die volgende is alles tekens dat hy ‘n affair het (of op die punt is om een te hê), sê hy:

  • Hy is dikwels nie by die huis nie.
  • Julle het minder seks.
  • Hy vermy kontak met jou.
  • Hy antwoord nie sy selfoon nie.
  • Hy kritiseer jou meer.
  • Hy praat aanmekaar van ‘n ander vrou.

WAT SÊ ONS MANS?

In elke verhouding is daar een persoon wat meer caring is. In ons huwelik is dit ek. Ek onthou Valentynsdag, ons huweliksherdenking, haar verjaardag. Dis eenvoudig nie vir haar belangrik nie. Ek het al gewonder of sy dit sal agterkom as ek moedswillig vergeet? Maar sy het ander goeie eienskappe en ek konsentreer daarop. Sy is bv. die een wat onthou die rekeninge moet betaal word!
Frank, 49, verteenwoordiger, Pietersburg

‘n Affair? Nee! Maar soms wens ek my vrou wil iets aan haar voorkoms doen. Sy het in die 10 jaar dat ons getroud is 25 kg aangesit. Sy eet aaneen en loop by die huis in ou sweetpakke rond. ‘n Man het behoeftes, maar sy dóén niks meer vir my nie.
Ryno, 37, onderwyser, Pretoria

Herman, 29, ingenieur, Stellenbosch

Ek voel seergemaak as ek saans ná ‘n harde dag by die huis kom en my vrou lê en slaap. Sy staan nie eens op om vir my ‘n toebroodjie te maak en te gesels nie. 

Ek mis aanraking en intimiteit in my huwelik en knoop om dié redes buite-egtelike verhoudings met ander vroue aan. Ek is nie bereid om van my vrou te skei nie, want ek wil nie my kinders seermaak nie – en dis duur om te skei.
Jan, 50, bemarkingsdirekteur, Johannesburg

Ek voel afgeskeep as my vrou meer oor haar werk praat as wat sy met mý praat.
Piet, ingenieur, 31, Stellenbosch

My vrou het verander sedert die kinders (5 en 3) se koms. Ons het saam besluit sy gaan ‘n tuisbly-ma wees. Maar nou voel sy ek is die gelukkige een omdat ek bedags werk toe kan gaan. Ons het minder seks as voorheen en ek kry die indruk sy geniet dit nie. Maar ‘n affair is uit. Ek glo ons sal dinge uitwerk.
Gary, 36, sakeman, Pietermaritzburg

Sy gesels ure met haar vriende op die telefoon en is dan opgewek en selfs luid. Dis nie soos ek haar normaalweg ken nie. Ek voel uitgesluit en dit krap my sommer om. Sy sê ek is jaloers, ek wil haar net vir myself hê. Maar is dit normaal dat iemand twee uur lank op die telefoon praat? André, 44, kopieskrywer, Midrand

Piet, 45, nutsman, Pretoria

My vrou is ‘n go-getter en vanweë haar werk baie van die huis af weg. Ek vermoed sý het ‘n affair met haar baas, hulle is dikwels saam weg. Maar sy ontken dit. Dit, en die feit dat sy meer as ek verdien, laat my baie “klein” voel. As ek iemand ontmoet tot wie ek aangetrokke voel, sal ek beslis ‘n affair aanknoop. Al is dit net om my vrou ‘n punt te wys.

 

Ná 26 jaar is ek verveeld met my huwelik. Ons ken mekaar só goed, daar is net nie meer enige verrassings nie. Voel ek afgeskeep? Genade nee, in dié stadium verkies ek dat sy op haar werk, die huis, kinders en kleinkinders konsentreer. Ek het al affairs gehad, ja. Niks ernstigs nie, ek wil nie my lewe te ingewikkeld maak nie.
Tommie, 58, eiendomsagent, Johannesburg

Mans se ego’s is so delikaat soos ‘n spinnekop se web. Hulle sal enige kans aangryp om hul vrou te verkul. Dit het niks daarmee te doen dat hulle afgeskeep voel by die huis nie.
Kobus, 53, skoolhoof, Wes-Kaap

My vrou sit permanent voor die rekenaar. Of sy werk, of sy speel speletjies, of sy kommunikeer met haar vriende op Facebook. As ek kla, sê sy get a life!
Andries, 27, onderwyser, Vereeniging

Ek het vriende wat enigiets as verskoning sal gebruik om hul affairs te rasionaliseer. Sommige mans se oë dwaal graag –
en dit bly nie net by dwaal nie. Hulle kan met ‘n engel getroud wees en hulle sal steeds rondloop. Dis soos ‘n siekte.
Bertus, 46, personeelbeampte, Bloemfontein

As ek “afgeskeep” voel, sal ek dit met my vrou bespreek. In vandag se besige lewe is die kans ewe goed dat sý afgeskeep voel. Ons is emosioneel volwasse genoeg om sulke klippertjies uit die pad te rol. ‘n Affair is die doodsklok vir ‘n huwelik.
Hans, 51, argitek, Boksburg

Patrick, 31, bourekenaar, Durban

My vrou stort al haar liefde op ons dogters, 8 en 10, uit. Ek voel heeltemal oorbodig. As ek iemand ontmoet met wie ek baie gemeen het, sal die versoeking sekerlik daar wees om ‘n affair te begin. Nie dat ek daarna gaan soek nie.

Ek sal nie sommer my lewe kompliseer met ‘n fling nie. Ek sal darem báie alleen moet voel voor ek dit doen. Ek sal dit waarskynlik eers oorweeg as my vrou háár goed vat en só kwaad vir my is dat sý dreig om uit te trek.
Rikus, 48, instandhoudingsbestuurder, Kaapstad

Dit gaan alles oor ego. As jou vrou dink jy is ongelooflik, is dit wonderlik. Die oomblik as sy dit nié meer dink nie en iemand anders gee jou daardie versekering, dan begin jou oog dwaal . . .
Hugo, 40, grafiese kunstenaar, Paarl

Wanneer my vrou nie my belangstellings deel nie en heeldag in die bed lê en skyfies eet, sal ek begin rondkyk. En sy móét eerlik wees oor wat in haar hart aangaan en daaroor kan praat. Stilte laat onheil uitbroei. Ons moet ‘n sielskonneksie hê. Dit neem natuurlik twee om te tango, so ek neem ook haar behoeftes in ag. En dis belangrik dat sy haar gevoelens wýs. Ons mans hou van warm, liefdevolle vroue.
Costas, 32, bemarkingsbestuurder, Kaapstad

Ek is ‘n motorverkoopsman en my vrou het my nog altyd laat voel sy verdien iemand met ‘n meer posh werk. Sy is mooi, sy het sekerlik die kans gehad. Ek is baie lief vir haar. Al laat sy my soms minderwaardig voel, sal ek haar nooit verneuk nie. Dis nie in my aard nie.
Andrew, 54, IT-kenner, Johannesburg

As ek klein goedjies vir my geliefde doen en dit word oor ‘n lang tydperk nie raakgesien nie, sal ek afgeskeep voel. ‘n Mens moet elke dag vir jou geliefde spesiaal probeer maak. Julle moet daarteen waak om te veel in ‘n roetine te verval en probeer om mekaar altyd te verras. Anders kan julle onvergenoegd raak.
Frans, 40, algemene bestuurder, Centurion

Adriaan, 19, student, Pretoria

My eks-meisie het gesê ek moet tussen haar en gholf kies. Sy weet ek lewe daarvoor en dit het my baie seergemaak dat sy dit van my verwag. Sy was jaloers omdat ek iets doen waarby sy nie ingesluit is nie. Ek gaan nou met iemand uit wat my dit gun.

Dinge kan begin lol as my vrou nie genoeg tyd saam met my deurbring en nie met my kommunikeer nie. En al is jy ‘n vettie met ‘n bril, moet sy darem soms vir jou sê jy is sexy. As jy nie die versekering by haar kry nie, sal jy dit elders gaan soek.
Jan, 40, bemarkingsontwikkelaar, Johannesburg

Dit bly maar vir ‘n man opwindend om te jag. Daarom is dit so aanloklik om jou vrou te verneuk. Jy het jou vrou gevind en is lief vir haar. Maar die opwinding van die vangs is verby. Dis ‘n sensasie wat jy wéér wil ervaar: Jy wil daardie verbode vrug eet.
Gideon, 45, makelaar, Sandton

My eks-vrou het opgehou om haarself te versorg. Sy het sonder grimering en met slonsklere geloop en baie gewig aangesit. Sy het haarself só laat gaan, dit was nie meer ‘n plesier om by haar te wees nie. Ek was skaam vir haar. Sy het haarself boonop aan sosiale geleenthede onttrek en net op die kinders gefokus. Ek het dikwels naweke alleen gaan duik – en dís hoe ek my nuwe liefde ontmoet het. ‘n Man hou mos maar van ‘n mooi vrou en natuurlik het my oog gedwaal. Ons is geskei en ek het met my nuwe liefde getrou.
Gerhard, 50, bouer, Kaapstad

As een party heeltyd moet gee en niks terugontvang nie, kán dit nie werk nie. In ‘n verhouding wil albei partye gereeld hoor hul maats is lief vir hulle. ‘n Aanhoudende geteem, baie kritiek en oordrewe preutsheid dryf jou teen die mure uit. Ek sien baie mooi meisies, maar sal nie my vrou met hulle verneuk nie. Maar ‘n aand in die kroeg met dalk een drankie te veel, en jy kan dalk vir die lelike eendjie val wat ook liefde nodig het. Deon, 50, fotograaf, Pretoria

As my vrou te veel lees, voel ek afgeskeep. Sy gaan in haar eie droomwêreld en vergeet van alles om haar. Toe ons nog jonk getroud was, het sy gereeld my kop en rug gekrap. Ek is mal daaroor. Deesdae betaal ek my 3 laerskooldogters om dit te doen. Toegegee, sy het ‘n voltydse werk en die kinders is veeleisend. Carl, 45, advertensie-direkteur, Sandton

Arnold, 51, loodgieter, Krugersdorp

My eks-vrou het ‘n baie hoër seksdrang as ek gehad. Sy het gedurig geskimp ek is nie man genoeg vir haar nie. Sy het uiteindelik ‘n verhouding met ‘n ander man gehad – dit was die rede vir ons egskeiding.

My huwelik van 9 jaar is verby. My vrou het belangstelling verloor om daaraan te werk die oomblik toe die trouring aan haar vinger glip. Ons kan oor niks meer praat sonder om te baklei nie. Ek dink aan skei, maar sal nooit agter haar rug ‘n affair aanknoop nie.
Andrew, 41, eiendoms-ontwikkelaar, Roodepoort

WAT LAAT JÓÚ AFGESKEEP VOEL?

Het jy of jou maat al ‘n affair gehad en hoekom?

  • Hi, my man het male sonder tal ‘n buite egtelike verhouding gehad. Ons was amper 20 jaar getroud, ek het, soos ek gedink het, soos ‘n goeie vrou hom dit altyd vergewe en selfs sy vriendinne probeer regverdig en deel maak van my lewe. Hoe pateties dit mag klink, het ek dit met die liefde wat ek vir hom gehad het regverdig. Ek was baie beslis nie ‘n koue vrou nie, vriende het hom altyd vertel dat hy bly moet wees om vir my te hê, het nooit te moeg gewees, of kopseer gehad, of verskonings gehad nie, vir my was seks lekker saam met hom, hy het gekry waar en wanneer hy wou hê, MAAR dit was nie genoeg vir hom nie. Hy het altyd beter gesoek as ek, hy kon homself net nie verbind tot die huwelik of tot ons as gesin nie. Hy het 3 jaar terug ook begin klapperig raak en stamperig, dit het my nog 2 jaar geneem voordat ek besef het, dit is nie hoe ek die res van my lewe wil deurbring nie. Ek verdien beter, al het hy gesê niemand sal my wil hê nie. Wel verlede jaar (nov) het ek besef ek is aantreklik vir ander mans, al sal ek nie ‘n verhouding wou aanknoop net om my ego te streel nie. My kinders se dunk van my is belangriker. Wel my man het toe vir almal gaan vertel ek het verhoudings en dit om homself te verontskuldig. Nou op die vooraand van ons egskeidingsaak, vertel hy vir my dit was maar net omdat hy geglo het ek sou nooit na iemand anders kyk nie.

    Ek het die mooiste mens ontmoet, maar hy is getroud. Die realiteit van die saak is ek sal nie verder gaan, al weet ek dit sal maklik wees, want ek gaan aan geen ander vrou doen wat my man aan my gedoen het nie! Dit was te seer. Die feit van die saak is ook, hy wil die verhouding verder vat, maar ek weet hy sal nie sy vrou en kind vir my los nie. So ek stel nie belang nie, al was dit dalk dié een.

    Die moral of the story is, jou man mag miskien alles by jou kry, seks, gelselskap, ens ens, maar hy bly ‘n jagter en wil maar nog kyk of hy nie nog iemand sal kan verower nie. Hy voel niks vir die ander party nie. Vrouens, skrik wakker, dit maak nie saak of jy mooi na jouself gaan kyk of jy verslons is nie, hy sal rondloop as hy wil. Dit beteken nie ek gaan nou nie my mooi maak in die oggend of nie grimering opsit al is ek alleen nie, nee dit beteken, ek sal nogsteeds na myself kyk, maar ek soek regtig waar nie jou getroude man nie.

  • AN

    Ek het sopas uitgevind my man het ‘n affair gehad met my niggie, ek is heeltemal verpletterd en wonder hoekom? Wat besiel ‘n man om sy vrou te verneuk, alles op die spel te sit, en of ‘n mens ooit weer so iemand kan vertrou

  • 2hPOep txgffyjjhcvy, [url=http://vbvbxyrcwrbw.com/]vbvbxyrcwrbw[/url], [link=http://cptsycvnsaop.com/]cptsycvnsaop[/link], http://cfysjzguklbx.com/

  • kPgIWe zsprnofteifd, [url=http://vasljjximmyf.com/]vasljjximmyf[/url], [link=http://cbtvzyupwalu.com/]cbtvzyupwalu[/link], http://teybhulovajd.com/

  • Pierre

    Jammer maar ek gaan so halwe boek skryf.
    Daar is altyd 2 kante van ‘n storie en almal het verskilende maniere om dinge te doen, omthou dat mense mag verskil, dit is nie ‘n sonde nie en mens moet net leer om mekaar te aanvaar en liefde moet nommer 1 wees. Dit is eintlik nogal complicated maar mens moet leer om meer met mekaar te kan praat en respek he vir mekaar, mens moet mos maats wees vir mekaar.Ek het geleer as mens dinge net los dan raak dit net erger. Ek is 25 en my vrou 23 en verwag met ons 2de enetjie, dit is wonderlik maar my vrou is nie meer ha self nie, sy het niks meer respek vir my nie, sy gee niks om oor hoe sy lyk nie en gee niks om oor my gevoelens nie. Ek sorg vir ha en my kinders en sy hoef nie te werk nie, ek sukkel maar ek gun dit vir ha en my kinders. Die ding wat my onder kry is dat sy geen respek meer vir my het nie, ek weet nie of dit ha hormone is of wat presies nie ma ek glo as mens lief is vir iemand mens tenminste hulle bietjie liefde gun, ek is nie iemand vir baklei nie maar sy wil net heeltyd my sleg se en vir my se wat en wat ek nie mag doen nie. Sy mag doen wat sy wil waneer sy wil, ek is baie easy going maar sy is baie moeilik, sy was nooit so nie maar ja dinge verander seker maar en al waarvoor ek kan hoop is dat dit weer sal beter word, ek het ‘n belofte voor God aangegaan dat ek sal uithou todat die dood ons eendag skei. Dit voel of alles van my kant af kom. As kind het ek my ouers min gesien want ek wou nie in die landbou skool gewees het nie en het toe besluit dat ek maar by my broer gaan bly en dan in ‘n tegniese skool gaan wees, so basies van st5 tot nou het ek dalk my ouers 10 keer ‘n jaar gesien. Hulle is nou alby 65 en hulle is die beste ouers ooit en het alles vir my gegee wat my hart kon begeer, ek het baie liefde en aandag gekry en hulle verstaan my baie goed, hulle is ook baie lief vir my vrou en ons kleintjie en help ons baie uit. Nou sukkel ek om by hulle te gaan kuier want elke keer is dit ‘n bakleiery. Ek kry niks meer liefde nie en dit is altyd die kopseer of moeg storie, dis fine ek aanvaar dit maar dit kan nie elke dag se storie wees nie. Ek is baie eerlik en op reg as ek se dat hoe langer dit aan gaan hoe erger raak dit vir my, dit speel ‘n groot rol op mens se hormone sien ek. Ek het altyd gedink mense wat verneuk is dom en ek sal dit nooit doen nie, maar waneer mens se hormone op hol gaan dink mens nie meer reguit nie, ek sal nog steeds nie verneuk nie maar ek kan vir julle almal se dat ek kan sien hoekom mense dit doen, as mens vir jare nie gelukig is nie en niks liefde kry nie dan gaan mens vatbaar wees vir sulke dinge, as mens aandag by iemand anders kry gaan mens dan ma die kans vat want mens soek so graag bietjie liefde ma die mense wat dit vir jou moet gee wil nie. Om moeg by die huis te kom en dan deur jou vrou sleg gese te word en niks liefde of respek te kry nie gaan mens in staat stel om in lelike dinge deel te neem " It goes both ways ". Ek kies nie kante nie, ek dink dit is die mense van vandag wat nie meer omgee oor ander mense nie, want as iemand rerig vir mens omgee dan moet hulle mos mens liefde gee en alles wat mens soek of hoe? Ek sal enige iets vir my vrou doen want ek is lief vir ha, sy is my alles, al maak sy my ongelukkig maar ek bly ha lief he. Ek hoop ma eendag sal sy besef wat sy aan my doen en my beter begin behandel, ek weet van so baie mense wat ongelukkig is en dit is tog so verkeerd want as mens net try dan is dit nie so moeilik nie. Wa is die goeie ou dae, da was nie in die ou tyd so baie moeilikheid nie, vrouens het nog respek gehad vir hulle mans, daar is nog van julle, veral boere meisies en meisies in klyn dorpies wie se ouers hulle reg groot gemaak het. Vrouens van vandag weier om kos te maak of om huis skoon te maak maar hulle wil die broek dra in die huis terwyl hulle mans moet hard werk om hulle leefstyl by die huis te onderhou. Wel ek moet seker verder werk so hoop ek het julle nie te verveel nie. Mans en vrouens probeer bietjie dinge vir mekaar makliker maak, moet nie oor alles baklei nie, vergewe mekaar en deel liefde uit soveel julle kan. Lekker dag verder.

  • Trou is nie perdekoop nie

    Ai Pierre, jou kommentaar was baie interessant en ook baie waar. Ek het ook al ‘n verhouding met iemand gehad, al is ek meer as 20 jaar getroud. Maar daardie ander persoon gee jou net alles wat jy nie by die huis kry nie. Hy sê vir jou jy lyk mooi as jou man dit nooit in 5 jaar eers sê nie. Hy sê jy ruik lekker, as jou man dit NOOIT eers gesê het nie. Hy koop vir jou sjokolade, as jy jou man vra vir sjokolade dan sê hy jy kan mos jou eie koop. So, daar is baie dingetjies wat daartoe aanleiding gee. En ja, dit is ‘n keuse of jy in ‘n affair betrokke wil raak of nie, maar glo my, as jy jou oë uitvee is jy daarin, vinniger as wat jy gedink het. En moenie dink dit is so maklik om van daardie affair-persoon te vergeet nie. Dit is soos onttrekkings-simptome, jy probeer so hard om daarvan ontslae te raak, maar dit krap jou hele menswees om. Trou is nie perdekoop nie, en elke man en vrou moet in hulle huwelik die beste daarvan probeer maak. Al is dit hoe moeilik.
    So lyk vir my Pierre, ek en jy moet ‘n boek saam skryf.
    Goed, nou moet ek ook werk!!!!!!!!!!!!!!!

  • zcnruonban

    L9lXSp bvuudwmturoi, [url=http://vhmtbsqoygnj.com/]vhmtbsqoygnj[/url], [link=http://edrtonrpbdxt.com/]edrtonrpbdxt[/link], http://axblfmfogkaw.com/

  • chris

    Ek was nog net goed vir my vrou gewees. Ons is 17 jaar getroud en in al die tyd het ek haar nog nooit met ‘n ander vrou verneuk nie. Aan die ander kant het sy al verskeie verhoudings aangeknoop, maar elke keer het ek haar maar vergewe en aangegaan en aan ons huwelik gewerk. Ons het twee kinders, 4 en10 jaar oud. Ek weet vir ‘n feit hulle is nie myne nie aangesien ek nie kinders kan he nie, Maar tog glo ek nie ‘n pa kan liewer wees vir sy eie kinders as wat ek vir "myne" is nie. Tog dink ek, ek het nou genoeg gehad en sien nie meer kans om met hierdie klug aan te gaan nie. MAAR WAT WORD VAN MY KINDERS. Sy het in ‘n kinderhuis groot geword en as sy die kinders moet kry weet ek nie wat van hulle sal word nie. Wat die intieme kant betref gebeur daar ook nie iets in die bed nie. Ek is moeg en sien nie meer kans om so aan te gaan nie. Ek kan ook net noem dat dit my tweede huwelik is en sy word goed versorg aangesien ek in ‘n bestuurs posisie is. WAT DOEN EK!!!!!!!!!!!!

  • Ook seergekry!

    Ja, ek stem saam met Suzie, mans kan hulleself ongelukkig nie help nie, hulle is beslis die swakkere geslag en nie die sterke geslag nie, sorry to say!