• Hermien

    Dit mag wel so wees dat sommige mans meer op ‘n ‘sielskonneksie’ ingestel is as ander en dat hulle sal gaan rondflenter omdat hulle "afgeskeep" voel, maar ek is bevrees (en hierdie is slegs my opinie) dat die meeste mans hul vroue verkul eenvoudig omdat die geleentheid homself (of dan eerder HAARself) voordoen, omdat hy WIL en omdat hy KAN. Dit is heelwat minder gekompliseerd as wat mense dink! Mans is jagters en geniet die opwinding van ‘iets nuut’ en dit wat buite hul bereik is. Indien ‘n man nie ‘n wilsbesluit neem om aan sy vrou getrou te bly en haar elke dag opnuut te ‘kies’ nie, is dit soos ‘n bloedklont in ‘n ouetehuis: net ‘n kwessie van tyd… En geleenthede is volop!

  • Jackie

    Soos die engelse sal sê: "A man who cheats on you, don’t love you, he only likes you." Daar is baie geleenthede wat ‘n man ‘n vrou kan verneuk,maar asb voor dit gebeur gesels met jou ander helfte en sê vir hom/haar hoe jy voel, sodat dinge dadelik uitgepraat kan word. As dit nog steeds nie werk nie, gaan uit mekaar en begin dan ‘n ander verhouding. Onthou net: Vigs kies nie kleur of ras nie..