You Complete Me Puzzle
Verhoudings

Wees ’n goeie eks: 7 stappe

Geskei maar steeds vriende? Ja, dis tog moontlik, al klink dit na ’n teenstryd. 3 lesers deel hul eie stories.

“Ons het mekaar weer begin verstaan” – Riva Schoeman, radio-omroeper

“Ons moes afsluiting kry” – Christelle Erasmus, skrywer en gastehuiseienaar

  • Leer om jou emosies te skei van jou vriendskap met iemand wat jy op ’n nuwe manier moet leer ken. Dit help nie om elke keer teen ’n berg emosies vas te kyk nie. Verwerk hulle eerder een vir een (met die hulp van ’n berader) sodat die intensiteit daarvan jou nie met elke ontmoeting oorweldig nie.
  • Moenie mekaar te veel vertel van wie nou die liefde in jou lewe is nie: Jou eks is nie jou hartsvriendin of jou klankbord nie.
  • Kry betyds ’n visie oor hoe verhoudinge in jul nuwe gesinstrukture gaan werk. Gesels met mekaar en die kinders daaroor, en indien nodig, met die res van jul familie.
  • Praat met hom soos met ’n vriend en nie intiem soos toe julle getroud was nie.
  • Vra jouself voor elke interaksie met jou eks af: Gaan wat ek doen tot ’n gesonde
  • vriendskap lei?
  • Onthou waarvan julle eens in mekaar gehou het en wees op die uitkyk daarvoor.
  • Maak seker julle wil albei vriende wees. Wie wil pêlle wees met iemand wat nie jou pêl wil wees nie?