ter wille van my man April 2014
Verhoudings

Werk só daaraan

Dié inligting is bykomend by die artikel “Ter wille van my man” wat raad gee as jy altyd voel jy offer meer op in verhoudings.

  • Maak tyd vir alleen- en stil-wees en “luister” na wat in jou binneste aangaan. Fokus op jou asemhaling en laat jou kop stil word. Dis só eenvoudig.

  • Vra jouself wat jy bereik deur soveel op te offer. Voel jy regtig goed oor jouself en die verhouding? Indien nie, moet jy die manier verander hoe jy liefde wys. Doen dit deur jou grense te stel en jou behoeftes te verwoord.

  • Vra jouself wie jy regtig is en wil wees. En fokus jou energie daarop om die mens te word wat jy wíl wees.

  • Verwoord jou emosies en behoeftes. Sê dit hardop, of skryf dit neer.

  • Stel grense. Dis normaal om bang te wees vir die gevolg van eerlikheid, maar dis steeds beter as om stil te bly. Die pyn omdat jy eerlik was, is die moeite werd.

  • Sonder die emosies uit waarvoor jy die bangste is, bv. alleenheid, verwerping of onsekerheid. Konfronteer dit, want dit is juis dié emosies wat jy in jou verhouding ervaar. Soek met die hulp van ’n professionele mens die oorsprong van die emosies. Kyk waar en hoe jy dit onderdruk en begin glo het jou emosies en behoeftes is ondergeskik aan ander mense s’n. Jy sal agterkom jou selfdestruktiewe opoffering het jou manier geword om jouself teen dié emosies te beskerm. Dit help net tot op ’n punt.

  • Jy kan net verantwoordelikheid vir jou eie lewe aanvaar. Jy was kleintyd dalk ’n slagoffer van omstandighede, maar jy is nie meer daardie kind nie.

  • Klop by ’n sielkundige aan om jou met dié reis te help. Dis noodsaaklik dat jou maat ook daarby betrek word.

Bron: James de Villiers

Lees die volledige storie HIER