Katryn Kruger in 
FOTO: Ulrich Knoblauch; HARE: Mary van Supernova; GRIMERING: Algria

Katryn Kruger in FOTO: Ulrich Knoblauch; HARE: Mary van Supernova; GRIMERING: Algria

Eie stories

Vrouemaand-inspirasie: Katryn Kruger

“Uiteindelik het nuuskierigheid die oorhand gekry en het ons die agter-die-skerms-foto’s op sarie.com gaan uitsnuffel,” vertel Aletta, haar ma. “En, soos gewoonlik wanneer ons die gesiggie van ons oudste só sien, vreemdanders as model, maar tog so dierbaar-bekend as ons liewemeisiekind, beleef ons ’n mengelmoes van emosies.”

“Daar’s die verwondering oor haar metamorfose voor ’n kamera. Die dankbaarheid vir soveel geleenthede. Maar ook ’n tikkie hartseer omdat ons oudste die nes so vroeg moes verlaat. Dieselfde aand kom my man met drié SARIE’s by die huis. En met die omblaai, slaan sy opnuut ons asems weg! Die foto van haar op die mallemeule lui ’n klokkie: Katryn is mos al by daardie mallemeule afgeneem? Ons herontdek ’n eksemplaar van Vroue-Burger (1 Mei 1996) in die foto-album. ’n Ou vriendin het Katryn vir hul Moedersdag-modestorie gebruik. Die fotosessie was bydie V&A Waterfront en Katryn het man en muis met haar kreukelneusie-glimlag bekoor.

“En nou, 16 jaar later, is sy weer by (dalk dieselfde?) mallemeule afgeneem. Sy is nie meer die kortbeen kleutertjie wat nog voel-voel stap nie. Dié langbeen-model paradeer moeiteloos op daardie hoë hakke vir die fotograaf. “Met die soveelste kyk na die foto’s in SARIE kom die gedagte by my op: Ons kind se jaar was ’n rondomtalie een – ’n lewe vol opwinding, die op en af van ’n veeleisende bedryf, ’n paspoort vol stempels van wêreldstede. En soos destyds, toe sy as kleuter vir ’n vale vasgeklou het, wéét ons: Ons Katryn-kind sal kophou en koershou in ’n mallemeule-bedryf.”

Lees nóg inspirerende verhale hier: