Marcelle Nienaber
Eie stories

Vrouemaand-inspirasie: Marcelle Nienaber

Ek was maar drie toe ek vir die eerste keer gevlieg het. My pa, Piet, was destyds ’n projekbestuurder by Nokia in Taiwan, en ek en my ma, Ellen, ’n kleuterskoolonderwyseres, het sowat vier keer per jaar vir hom gaan kuier. Deesdae werk hy as projekbestuurder by MTN in Iran en ons vlieg steeds gereeld om vir hom te gaan kuier. Ek was nog altyd gefassineer deur vliegtuie en wou net vlieg. Ek het gewonder hoe bly só ’n groot masjien in die lug? Nou kan ek dié droom van my lysie afmerk. Dis lekker!

Voor ek in Augustus 2012 met praktiese vliegopleiding by die Professional Flight Centre by die Wonderboom-lughawe begin het, was ek skaam en stil. Ek het baie getwyfel in my vermoë as vlieënier. Noudat ek kan vlieg, met 25 vliegure op my kerfstok en danksy die vliegteorie wat ek aan die Hoërskool Garsfontein se vliegakademie gedoen het, voel ek bemagtig. Dit was so goed vir my selfvertroue. Ek wil eendag ’n kommersiële vlieënier word en vir ’n lugdiens werk. Dit is hoofsaaklik ’n mansberoep, maar ek sien uit daarna om dié beroep te beoefen.”

Lees nóg inspirerende verhale hier: