Eie stories

Vrouemaand-inspirasie: Vicki Fourie

Sy het op ses maande koors gehad en haar ouers, Gerhard en Bonita, albei pastore, het eers op twee besef sy is doof, vermoedelik weens dié koors. Sy het net 3% gehoor sonder ’n apparaat. Met haar huidige apparate het sy sowat 40% gehoor. Ná die inplanting sal sy sowat 80% gehoor hê …

Dis deel van my reis om my lewensgehalte te verbeter. Hoe ouer jy is wanneer jy dit kry, hoe moeiliker is dit om daaraan gewoond te raak, maar my oudioloog is vol vertroue dat ek dit sal regkry. Ek sal hopelik daarna oor die telefoon kan praat, radio kan luister en gesprekke in groepe beter kan volg. Nou moet ek liplees. Dit sal wonderlik wees om musiek beter te kan hoor en selfs na ’n iPod te kan luister! Ná die operasie moet ek drie weke herstel. Dán word die apparaat aangeskakel en sag gestel. Soos ek gewoond raak aan die klanke, word dit harder gestel en leer die oudioloog my die nuwe klanke. Dit kan maande duur.

‘Ek weet jy kan!’ is die tema van my motiveringspraatjies by laerskole. Ek vertel kinders hoe ek as kind selfs ballet geneem het. Doofheid het my geleer die wêreld skuld jou niks. Ons is almal survivors. Hou op kla. Die lewe is ’n geskenk, selfs al is jy gestremd of in omstandighede wat nie altyd rooskleurig is nie. God het my hierdie insig gegee. Dís ook ’n sentrale tema in my outobiografie Viva la Vicki (Naledi,R149,99). Ek droom daarvan om nóg boeke (fiksie) te skryf, ’n televisie aanbieder, aktrise en model te wees. Ek is besig met die Engelse vertaling van my outobiografie wat middel vanjaar uitgereik sal word. En ek hoop om later ook ’n kogleêre oorplanting in my linkeroor te kry.”

Lees nóg inspirerende verhale hier: