FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

16 lesse van suksesvolle vroue

Soms moet jy in die diepkant inspring om nuwe passie in jou lewe te vind. Drie vreeslose vroue* het ’n totaal ander beroep aangepak . . . en ’n sukses daarvan gemaak. Hulle deel hulle lesse …

Lesse van Esna Colyn*

  • Sukses begin elke dag van voor af.

  • As jou hart gevul is met jaloesie, haat en nare gedagtes, wys dit op jou gesig.

  • Bly fiks en eet gesond.

  • Doen elke dag minstens een goeie ding vir jou naaste.

  • Die ingewikkelde en lang reis na selfontdekking loop baie draaie met jou. Maar dit is jou belangrikste reis. Dít verseker dat jy persoonlike doelwitte op aarde gaan bereik.

  • Hoe nader jy aan God groei, hoe beter verstaan jy die lewe.

  • Begroet elke dag met ’n glimlag.

Lesse van Alida Mouton*

  • Gryp elke geleentheid aan. Jy weet nooit waarheen dit kan lei nie.

  • Waardeer alles. Ons is so bevoorreg, maar is geneig om dit te vergeet.

  • Jy kan nie respek en vertroue koop nie, jy moet dit verdien.

  • Ek beaam graag modeontwerper Coco Chanel se woorde: “A girl should be two things: classy and fabulous.’’

  • Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Lesse van Marlene Strauss*

  • Suksesvolle mense aanvaar hulself.

  • Elke mens kan sy eie geluk kies.

  • Die oorsprong van die meeste frustrasies is wanneer mense in die verlede of in die toekoms leef.

  • “Jy kan nie goed dink, liefhê of slaap as jy nie behoorlik geëet het nie’’ – die Britse skrywer Virginia Woolf.

 

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Esna Colyn van Randburg

Vorige beroep: Was vir sowat 21 jaar in die korporatiewe bankwêreld

Nou: ’n Besturende direkteur van die skoonheidsmaatskappy Imbalie Beauty

 

 

FOTO: VerskafAlida Mouton van Durbanville

Vorige beroep: Was in die klerebedryf sedert sy 21 jaar oud was

Nou: Die invoer-direkteur van CFP (vir Charles Frederik Pitout, haar pa se name) Tyres, een van die grootste buitebandinvoermaatskappye in Suid-Afrika

FOTO: VerskafMarlene Strauss van Kaapstad

Vorige beroep: Sy het ’n prokureurspraktyk gehad

Nou: ’n Algemene bestuurder van Maxine Production Kitchen, asook mede-eienaar van die spyseniersfirma BASICS

 

 

Bertha le Roux Julie 2014 jul july

SARIE het met dié 3 vroue in die Julie-uitgawe van SARIE gesels. Ongelukkig is dié uitgawe nie meer op die rak nie, maar dit kan steeds digitaal afgelaai word – KLIK HIER.