FOTO: Instagram @giudittamic

FOTO: Instagram @giudittamic

Werk + geld

9 wenke om te fokus op kantoor

Almal beleef die een of ander tyd ’n persoonlike krisis, en dan moet jy steeds deur die werkdag kan kom. Maak seker jou probleme kring nie uit na jou loopbaan nie …

Dié wenke van Liizl Miller, ’n sielkundige van Pretoria en dr. Potgieter kan jou help om in moeilike tye jou aandag by die werk te hou.

Skryf dit neer

Hou dagboek van belangrike afsprake (persoonlik en werksverwant). Struktuur gee kalmte.

FOTO: Instagram  @tashanatally

FOTO: Instagram @tashanatally

Doelwitte

Skryf jou werkdoelwitte neer. Deel dit dan in kleiner stappe op sodat jy nie oorweldig voel nie.

Maak planne

Fokus ná werk op jou probleem: Stel ’n haalbare plan op met spesifieke stappe en doelwitte.

Gebruik jou etensuur

Ontspan in jou etensuur: Blaai deur ’n tydskrif, luister musiek of stap om die blok.

FOTO: Instagram  @natykrausova

FOTO: Instagram @natykrausova

Tel die telefoon op

Hou kontak met jou vriende en familie en steun op hulle. Bel hulle as jy gespanne raak en met iemand wil gesels wat verstaan.

Gesondheid 

Pas jou gesondheid op, want in tye van krisis het jy al jou krag nodig.

FOTO: Instagram @yoga_girl

FOTO: Instagram @yoga_girl

Los vir eers die Facebook

Moenie tyd mors met onnodige dinge soos sosiale media nie – dit jaag jou stresvlakke verder op.

Asem in. Asem uit

Kry vir jou ’n stresbal, of haal tien keer diep en stadig asem wanneer jy gespanne voel.

Neem tyd en dink

As jy sukkel om te fokus, gun jouself eerder vyf minute om aan die krisis te dink, en werk dan weer. As jy die gedagtes onderdruk, gaan dit aanhoudend na vore kom.

VIR HULP Dr. ST Potgieter: 021 949 5007, st@pitkos.co.za | Liizl Miller: 082 783 7155, www.lmiller.co.za

_________

Dié inligting kom uit die Junie-uitgawe van SARIE. Dié uitgawe is nie meer beskikbaar nie, maar kan steeds HIER digitaal afgelaai word.

In die Julie-uitgawe van SARIE ondersoek ons skoonheidsredakteur Charis produkte wat saam met ander produkte gebruik moet word in haar artikel: “Twee is beter as een”.

nadia beukes