FOTO Glen Montgomery

FOTO Glen Montgomery

Werk + geld

#9tot5: Skrap hierdie 10 slegte kantoorgewoontes

Soms is dit klein veranderings wat ’n verskil by jou werk kan maak. 

Leer vanjaar dié slegte gewoontes af en floreer by jou werk.

10 slegte kantoorgewoontes

1. Jy is siek, maar jy gebruik nie jou siekverlof nie. Die gevolg? Jy raak nóg sieker, jy is energieloos en jy steek iemand aan.

via GIPHY

2. Jy is bang vir jou baas.

3. Jy kla oor jou werk op sosiale media en by ander kollegas.

via GIPHY

4. Jy fokus net op jou werk en het geen belangstelling in ander se take nie.

5. Jy skinder.

via GIPHY

6. Jy mors tyd op nuttelose aktiwiteite wat nie jou werkslading verminder nie.

via GIPHY

7. Jy sê altyd nee vir kantoorgeleenthede sodat jy eerder vroeër kan huis toe gaan.

8. Jy doen nie moeite om ander kollegas te leer ken nie.

via GIPHY

9. Jy doen die maklikste ding op jou lysie eerste.

10. Jy dra heeltyd oorfone.

via GIPHY

Bron: Refinery29