Beheer jou uitgawes: Maand vir maand
Foto’s: Rodger February Galery
Jou 6 maande kalender om jou geldsake in orde te kry.
Die res van Januarie: Gaan jou 2011-bankstate en -strokies na. Kyk waarop jy geld bestee het en stel ’n begroting vir die jaar op.
Februarie: Besluit om elke maand 10% tot 15% van jou inkomste te spaar, ook deur bykomend tot jou aftreefonds of bv. effektetrusts by te dra.
Maart: Probeer dié maand sonder krediet- of winkelkaarte leef.
April: Verminder die skuld van bv. jou huislening. Onthou, kredietkaartskuld vreet geld.
Mei: Ondersoek jou versekering. Dalk het jou motor in waarde afgeneem en kan jy spaar op jou premie.
Junie: Belê in jouself deur bv. ’n leierskap-werksessie by te woon.
*Lees jou Julie-uitgawe van SARIE vir nog wenke vir die res van die jaar.
Bron: Liberty Group
Verwante artikels
-
Hoe kom ek uit die rooi ná die feestyd?
SARIE Januarie 2012
Kersfees is verby en soos baie ander het ek weer te veel geld op geskenke, kos en kuier uitgegee. Aan die begin van 2012 lyk die ekonomie minder rooskleurig. Hoe kry ek weer my finansies op koers? En as almal nou skielik veel minder geld sou uitgee, hoe gaan ons weer geld in die mark kry om die ekonomie aan die gang te hou?
-
Leef só spaarsamig
SARIE Maart 2012
Spaarsamig leef is oorsee reeds ’n tendens in reaksie op die wêreld se finansiële krisis. Hier’s raad wat ook vir ons sal werk. Charl Nel van Capitec Bank en die blogger Ray-Anne Cahill van www.frugality-for-today.com gee raad
















Kommentaar