Werk + geld

Geld&werkdinge

Só spaar ek
“Ek is nie eintlik spandabel nie, maar dié wat my ken, weet ek hou van bubbly. Ek hoop nie dit klink vertonerig nie! In die verlede het ek vir spesiale geleenthede geld ‘verkwis’ op ‘n paar bottels Spaanse Cava en Franse sjampanje. Hierdie jaar is daar niks dáárvan nie! Ek koop nou plaaslike méthode cap classique-wyne wat nét so goed en soms selfs beter is. En ek voel geen gemis nie.” Shemane Harris, aanbieder van Wat’s die storie? op kykNET

AANLYN SKRIKKERIG?

As jy huiwerig is om met jou kredietkaart via die internet te koop, maak MIMONEY vir jou ‘n nuwe aanlynwêreld oop. Jy kan per debietkaart of kontant ‘n MIMONEY-koopbewys kry by deelnemende verkoopsagente, soos Ster-Kinekor, of dit via internetbankdienste, jou selfoon of telefoonbankdienste koop. Jou selfoonnommer is jou verwysing en die koopbewysnommer word na jou selfoon gestuur. Jy gebruik dié nommer vir aanlyn-inkopies by byvoorbeeld kalahari.net en ander deelnemende aanlynwinkels. Vir meer inligting besoek