ys4f9985
Werk + geld

Jou huiswerker en die wet

  • Op betaaldag moet jou huiswerker (voltyds of dagwerker) ’n geskrewe strokie kry met jou besonderhede, die tyd en oortyd wat sy gewerk het, haar verdienste en aftrekkings (soos vir pensioen).
  • Jy mag nie geld vir haarmaaltye, werkklere of gebreekte items aftrek nie. Net ’n maksimum van 10% van haar salaris vir verblyf (indien sy inwoon).
  • Ná elke vyf uur van werk moet sy ’n etenspouse kry.
  • Sy mag nie weekliksmeer as 15 uur oortyd werk nie en moet ekstra betaal word of verlof kry.
  • Sy moet vir openbare vakansiedae betaal word, al werk sy nie. As sywel werk, moet sy dubbeld betaal word. Dié ooreenkoms moet op skrif wees.
  • Sy is geregtig op drie weke jaarlikse verlof.

Bron: adv. richard van Helden van Lawunlocked, ’n aanlyndiens wat spesialiseer in onder meer kontrakte vir huiswerkers. klik by www.lawunlocked.co.za.

  • tina

    Wat van werkers wat net een of 2 dae per week werk?

  • Elize Jacobs

    Kan u my dalk help met die minimum loon per uur vir werkers wat 1 of 2 dae per week werk? Ek woon in die platteland.

  • Danelle Jacobs

    Ek wil ook graag weet hoe dit my raak. Ek het een dag per week (7-8 ure) ‘n huishulp. Moet ek ook ‘n kontrak met haar hê en ‘n betaalstrokie saam met haar betaling? Wat van vakansiedae wat op haar werksdag by my val – moet sy betaal word al werk sy nie daardie dag nie?

    Met ander woorde geld dieselfde vir haar wat vir ‘n werker geld wat 2 of 3 dae per week by iemand werk?

    Ek is verward!

  • Hettie

    Kan u my dalk help met die minimum loon per uur vir werkers wat 1 of 2 dae per week werk? Ek woon in Witrivier Mpumalanga.
    Baie dankie

  • Rentia

    Ek bly op die platteland en het slegs 1 dag per week ‘n huishulp vir 8 uur. Hoeveel moet sy per uur betaal word en moet ek nog steeds kontrak met haar hê en WVF betaal?

  • Lizette

    Wil ook graag weet wat van werkers wat slegs 2 dae per week werk?

  • Micayla

    Ek wil net weet wat my regte is,ek is n’ huishulp en ek kyk na hul kinders.Ek moet op vakansie dae werk anders word ek nie betaal nie en ek kry ook nie vakansie nie.Wat kan ek doen?Micayla

  • Micayla

    Jammer my e-pos is soos volg:wendy@hotmail.com

  • Alta

    Graag wil ek net weet. Ek het n huishulp wat ek Januarie 2012 by my laat begin werk het wat net 7 ure gewerk het op maandae en waarvan sy omtrent net 3 ure gewerk het . Sy het nie my slaap kamers skoongemaak nie. net my sit- eetkamer en kombuis. Ek het nie n kontak opgestel nie en vir haar gese ek kan haar nie permanent op Maandae laat inkom nie. Ek bly alleen en my huis raak min deurmekaar. In die 2 en n half maande het ek haar 3 dae nie laat inkom nie want ek was uit stedig. Ek het haar R100 per dag gegee alhoewel sy nie gewerk het volgens my standaard nie. Sy het aangedring dat ek R33 taxi geld vir haar gee elke keer as sy inkom vir die Maandag en dan aan die einde van die maand haar R100 per dag vir die aantal dae (Maandae wat sy vir maand gewerk het) Ek het besluit dat ek nie meer haar dienste wil gebruik nie omdat sy nie my hele huis skoonmaak nie (net die open plan sit, eet en kombuis area). Sy het my laat weet sy soek nou die 3 maandae se geld en taxi geld vir die Maandae wat ek haar nie laat inkom nie. Ons het nie n kontrak opgestel nie en ek het genoem ek sal haar betaal soos sy kom werk. Sy was so te se op proef en om te kyk hoe sy haar werk doen. Is sy geregtig op die 3 dae wat ek gese het sy hoef nie in te kom nie se salaris en taxi geld. Sy het vanoggend geskakel en dreig dat sy my by haar unie gaan aangee. Ek het u raad nodig asseblief.

  • Reta

    My werker werk een dag per week.
    Moet ek haar betaal vir ‘n publieke vakansiedag wat op die dag val wat sy moes kom werk het?

  • Cecile Slabbert

    My huishulp tree aan die einde van die maand (more) af. Moet ek haar ‘n maand se salaris betaal vir elke jaar wat sy vir my gewerk het?

  • Nadia

    goeie dag

    Ek wil graag net die wette weet van die huishulp, ons huis hulp werk 2 dae ‘n week en wil kyk of ons nie haar vir die hele week kan kry nie. Maar voor ek dit doen wil ek eers weet wat staan my te doen.

    Groete

  • janine

    hey my bediende werk al 3jr vir my, sy werk basies net 15dae n maand vir my ek werk skofte op n ambulans so as ek werk werk sy as ek af is is sy af dit basies 5dae aan en 5dae af gee vir jou 15dae n maand sy verdien n volle salaris by my, sy kry etes, maak gebruik van n extra wasmasjien om ha klere tewas,het n 2plate stofie,ketel ens in ha kamer, ek koop gereeld ha toilet tree want sy koop niks uit ha salaris nie, kry ook soms klere, (maar my probleem is aangesien dat sy bietjie oud is) is dat sy basies bo oor my loop sy maak net soos sy wil, kom eers 9uur in oggende in was bietjie skottel goed droog dit nie eers af nie was net my bad soms, maak nie hele badkamer skoon nie, ek maak self die beddens op, ek was self wasgoed sy hang dit net op, en stryk dit half maak kombuis half skoon vee bietjie my sitkamer mat met n ou klein gras besempie, stof dalk eenkeer n week half af, maak geen extra moeite nie sy werk omtrent net n uur in my huis, as ek dalk uit gaan op n call want werk van die huis af kom sy in en kyk agter my 4jarige seun wat inelk geval als vir hom self doen so sy sit net lekker en ontspan en kyk tv saam hom, sy speel nooit met hom, of sit bietjie buite by hom dat hy kan speel nie my seun is ook in n kleuterskool so sy kry genoeg rus!!! en as ek in die aand uitgaan op n call soms 2uure tot maks 6 uure kom sy in maar kom slaap ini huis so dit nie dat sy na uure werk nie, sy kry 3 weke verlof ens n jaar maar ek kan nie mee nie want as ek af is moet ek my hele huis springclean want sy doen dit nie (ek mag haar nie net laat loop nie maar HOE MOET EK MAAK ek raad op

  • Ria Liebenberg

    Ek verneem graag wat die minimum loon in Nelspruit is vir ‘n bediende wat 1 dag per week vir my werk.

  • wynand

    Ek het n huishulp wat net 2 keer n week by my werk. Sy kry R100 n dag maar sy moet werk van 8 am tot 4 pm maar doen nie. Sy kom soms 8 uur maar loop dan 13:30 of 14:00. Sy is al baie gewaarsku om nie haar kind werk toe te bring nie maar sy bring hom nogsteeds en gee vir hom kos. Ek gee haar tot op vakansie dae vol pay al kom sy nie werk nie. Sy kry ook 2 weke verlof. Sy is ook al baie aangespreek vir die goed wat sy breek maar dit help nie. As ek haar vra om iets te doen sê sy nee en dan doen sy dit nie. Ons het nie kontrak opgetrek nie omrede die buure se seun my gevra het of ons haar kan help met n tydelikke werk. Ek het ingestem maar gese as ons dit nie meer kan bekostig nie moet sy gaan. Sy het ingestem. Nou kan ek haar nie meer help nie en het gese sy moet gaan maar dreig my nou met ccmc.

  • Poppie Pieterse

    Hallo julle ek wil graag net die nodige weet. Ellen werk vir my 2 dae per week. Ons betaal haar R80 per dag en dan gee ons haar R56 per week vir haar Taxi vervoer. Sy kry by ons oggend en middagete.

    Wat staan my te doen. Ellen het vir my dogter voltyds gewerk maar my dogter is intussen afbetaal want hul maatskappy het toegemaak. Asgevolg daarvan het my dogter gevra of ek haar vir 2 dae per week kan neem en my dogter dan 3 dae per week.

    Sal u asseblief net vir my laat weet wat die regte stappe is om te volg om nie onwetlik haar in diens te hê nie.

    Ek en my man is huidiglik pensioenarisse en kan definitief nie meer as dit betaal nie. Ellen is ‘n uitstekende werker en ons ken haar al 14 jaar.

    Groete
    Mev. Poppie Pieterse

  • Elaine

    Het sopas ‘n huiswerker tydelik 2 x per week aangestel. Is daar ‘n website waar ek ‘n dienskontrak & voorwaardes kan aftrek