blouberg
Werk + geld

Kaapstad: Doendinge vir minder as R100 of gratis!

Die lug is nou al ’n bietjie koeler, maar eg aan Kaapstad se styl, kan dit binne minute verander in ’n sonnige dag! Wees dus reg vir enige aktiwiteit in enige weer.

Hier is ons lys van dinge om gratis of onder R100 te doen!

Gratis

1. ’n Mark hier en ’n mark daar.

FOTO: Instagram (@noens25 )

FOTO: Instagram (@noens25 )

Eet maar liewer tuis voordat jy ’n mark besoek; daar is heeltemal te veel lekkernye wat jou in die versoeking gaan bring. Gaan vir die atmosfeer en samesyn van ’n gemeenskap.

Besoek Cape Markets om op hoogte te bly van al die verskillende markte naby jou.

2. Besoek die Parlementsgebou. Hierdie toer sluit die geskiedenis van die parlement in en verduidelik sy hedendaagse funksie.

3. Plant ’n boom en hou Kaapstad groen.

Greenpop hou baie geleenthede waar jy hulle kan help om bome in openbare plekke soos parke en by skole te plant. Sluit as vrywilliger by hulle aan.

FOTO: Instagram (@greenpopsa)

FOTO: Instagram (@greenpopsa)

4. Tuine & staproetes

Tuine soos die Kompanjiestuin, De Waal-park en die Groenpunt-park is heerlik vir groepe of as jy net rustig wil sit en lees.

Kaapstad bied ook lekker staproetes aan avontuurlustiges. Besoek Vlaeberg vir kort staproetes.

Onder R100

Hierdie lys is saamgestel met die hulp van Kulula.

Die waterfront in Kaapstad, soos dit deesdae lyk FOTO: Instagram  (@sbezzie)

Die Waterfront in Kaapstad, soos dit deesdae lyk.
FOTO: Instagram (@sbezzie)

1. Besoek die Scratch Patch by die V&A Waterfront. Hier kan jy deur hopies semi-kosbare stene soek vir jou gunstelinge teen slegs R18 per sakkie.

2. Het jy geweet dat jy om die hoek van die Scratch Patch teen R40  mini-gholf kan speel in ’n grot!

3. Kaapstad se Wetenskapsentrum is altyd ’n gunsteling onder oud en jonk. Teen R45 vir volwassenes en kinders kan jy die interaktiewe uitstallings, raaisels en speletjies geniet.

4. GrandWest Casino se ysskaatsbaan is vir die wat nou al gereed is om warmer aan te trek. Jy kan skaats teen R45 per persoon.