sr0812myselfbinne15
Werk + geld

Kan ek in dié resessie vir ‘n verhoging vra?

“Mense sê ek behoort dankbaar te wees ek hét ’n werk terwyl ander hul pos kwyt is. Beteken dit ek moet tevrede wees met te min geld?” – SARIE-leser

Jy voel duidelik dat jy nie gewaardeer word nie, want dis asof jou werkgewer nie jou pogings en prestasies raaksien nie. Boonop is jy ontevrede met jou vergoedingspakket. As jy hierdie gevoelens ignoreer, kan jy dalk net nog meer ontnugter voel oor jou situasie by die werk. Jy moet daarom iets aan die probleem doen!

EERSTENS: Begin deur jou prestasies en pogings teenoor jouself te erken en moenie toelaat dat enigeen jou daaraan laat twyfel nie. Jy is vanselfsprekend trots op jou werkprestasies, daarom is dit belangrik om dit openlik met jou werkgewer te bespreek. Jy sal jou verwagtinge aan hom/haar moet oordra, soos jou
vergoeding en loopbaanmoontlikhede.

Dis net so belangrik dat jou werkgewer met jou bespreek wat sy (of die bestuur se) verwagtinge van jou is. As julle nie daaroor praat nie, kan jy hom of die bestuur dalk begin kwalik neem en al hoe meer ontevrede voel. Voor jy weet, het jy nie meer lus om werk toe te gaan nie en sal die posisie wat jou nog altyd vervul en gelukkig gemaak het, jou rusteloos en onvergenoeg laat voel.

Doen jou huiswerk voor jy jou baas oor jou probleem gaan spreek: Begin deur neer te skryf wat jy alles graag uit jou werk sou wou kry. Byvoorbeeld: Wat is jou verwagtinge oor jou vergoeding, loopbaanmoontlikhede en algemene werkbevrediging?

Kry nog raad in jou Maart-uitgawe van SARIE