FOTO: Instagram

FOTO: Instagram @andy_olive

Werk + geld

Koue lugversorger – ’n vorm van seksisme?

’n Nuwe studie wys dat die lugverkoeler in kantore seksisties is, omdat dit die temperature en kleredrag van mans in ag neem, en nie vroue s’n nie.

Die standaardtemperatuur-stelling van die lugversorger is in die 1960’s bereken – vir middeljarige mans. En sedertdien nog nie weer aangepas nie.

Omdat die meeste vroue kleiner is met laer metabolisme het ons minder liggaamshitte as ons manlike kollegas.

Om die lugverkoeling ook teen ’n lae temperatuur te laat werk het ook ’n nadelige effek op klimaatsverandering.

En dié studie het al groot debatte ontketen. Veral by CNN. Kyk net dié onderhoud tussen die Washington Post-skrywer Petula Dvorak en CCN se Richard Quest HIER.

Petula vra dat mans hul werksmodes moet aanpas saam met die weer. Mans dra gewoonlik dieselfde tipe klere heel jaar, terwyl vroue hul kleredrag saam met die weer aanpas.

Maar die debat het nie hier opgehou nie, CNN het nog ’n onderhoud hieroor gehad:

Alhoewel CNN se sosiale media hoof, Samantha Barry, tydens dié onderhoud sê dat koue temperatuur jou minder produktief maak, bevind dieselfde studie wat in Nature Climate Change gepubliseer is, dat mense eintlik meer produktief is wanneer hulle effens ongemaklik is weens koue, berig Netwerk24.

Bronne: CNN en Netwerk24