Lang bene & lipstiek
Foto’s: verskaf Galery
In SARIE-skrywer Riette Rust se boek Lang bene & lipstiek (Naledi, R159) vertel sy hoe jy sukses kan behaal deur jou erotiese kapitaal ’n bietjie op te kikker.
Dit sal jou loopbaan bevorder en jou inkomste kan met tot 15% styg! Sy bekyk ook ’n paar plaaslike en oorsese bekendes wat dié faktor het, soos Steve Hofmeyr, Tammy-Anne Fortuin, Sarah Theron en Chris Chameleon. (Red.)
















Kommentaar
Riette Rust het gesê:
Natuurlik is elkeen geregtig op haar eie kommentaar. Maar die naamloses word glad nie ernstig opgeneem nie. Hierdie brief is sowaar die eerste negatiewe kommentaar wat Lang bene & Lipstiek sedert sy - of haar - verskyning in Oktober verlede jaar gekry het. Gelukkig dink die meeste lesers anders, dié dat die boek op soveel topverkoperlyste is. Mens kan tog ook nie met dr. Catherine Hakim, sosioloog, se navorsing aan die London School of Economics stry nie… En, o ja. Hoop jy geniet 7de Laan!
10de Jan. 2012, 13:54GargleSpitRepeat Mouthwash het gesê:
Dit is waaragtig oppervlakkig, insigloos, noudenkend en banaal. Wurgpatats! Dit kon 'n wegholwenner gewees het as dit gepubliseer is as Paula van 7de Laan-faam se 'Paula Prut'-rubriekversameling. Dit is onrusbarend dat daar blykbaar 'n genoegsame bondel (die groter gros?!) Afrikaanssprekendes met verstikkende yl verwysingsraamwerke is wat meen dat Riette Rust iets diepgaande het om te sê. Waarom anders sal enige uitgewer wat sy sout werd is sulke spookasem publiseer?
4de Jan. 2012, 16:56Conette het gesê:
Riette baie geluk met die uitstekende boek! Ek kon dit nie neersit nie en kan dit vir elke vrou aanbeveel!
13de Nov. 2011, 05:11