ys4f6098
Werk + geld

Leef só spaarsamig

  1. Maak self kos vir werk. Gekoopte kos kan jou R40 uit die sak jaag terwyl jy ’n slaai, gevulde aartappel of (gesonde) toebroodjie vir veel minder kan maak.
  2. Kweek jou eie groente en kruie.
  3. Werk spyskaarte vir jou gesin uit. Dit sal keer dat jy wild aan die koop gaan.
  4. Handhaaf vleisvrye Maandae.
  5. Span oorskietkos kreatief in nuwe geregte in, eerder as om nog te koop.
  6. Wees op die uitkyk vir spesiale restaurantaanbiedings. Soos twee vir die prys van een.
  7. Koop plaaslik en vars, ingevoerde groente is baie duur. Gebliktes ook.
  8. Bring-en-eet. As jy gaste wil oornooi, vra hulle om ’n gereg te bring. Jy sal nie net spaar nie, hulle sal jou graag terugnooi.
  9. Koop goedkoper vleis vir daardie potjie of oondgereg. Vra jou slagter wat die geurigste snit is.
  10. Handhaaf een keer per week ’n koopvrye dag. Só sal jy nie daagliks met meer as melk en brood tuiskom nie.

Spaarsamig leef is oorsee reeds ’n tendens in reaksie op die wêreld se finansiële krisis. Hier’s raad wat ook vir ons sal werk. Charl Nel van Capitec Bank en die blogger Ray-Anne Cahill van www.frugality-for-today.com gee raad