Onromanties maar nodig
Foto’s: Phyllis Green Galery
Baie pare in saambly-verhoudings koop saam eiendom.
Omdat Suid-Afrikaansewetgewing nie dié verhoudings erken nie, is dit veiliger as ’n prokureur ’n kontrak opstel wat die antwoorde op die volgende vrae uitstippel:
- Wie het watter bydraes tot die eiendom/huislening gemaak of wie moet dit maak?
- Jul rolle en verantwoordelikhede rondom die eiendom.
- Wat gebeur wanneer jul verhouding eindig? Word die eiendom verkoop?Wie mag intussen daarwoon en wie betaal dan die verband?
- Wat gebeur wanneer jy die eiendom wil verkoop en die ander party nie?
- Wat gebeur as een van julle jul werk verloor en nie ’n gedeelte van die verband betyds kan terugbetaal nie?
- Hoe verdeel julle koste soos versekering, herstelwerk en heffings?
- Wie se naasbestaandes kry wat as een sou sterf?
- Wat is die belastingimplikasies van die gedeelde eienaarskap?
Bron: JP Farinha, Property24.com
















Kommentaar