Werk + geld

Onromanties maar nodig

Omdat Suid-Afrikaansewetgewing nie dié verhoudings erken nie, is dit veiliger as ’n prokureur ’n kontrak opstel wat die antwoorde op die volgende vrae uitstippel:

  • Wie het watter bydraes tot die eiendom/huislening gemaak of wie moet dit maak?
  • Jul rolle en verantwoordelikhede rondom die eiendom.
  • Wat gebeur wanneer jul verhouding eindig? Word die eiendom verkoop?Wie mag intussen daarwoon en wie betaal dan die verband?
  • Wat gebeur wanneer jy die eiendom wil verkoop en die ander party nie?
  • Wat gebeur as een van julle jul werk verloor en nie ’n gedeelte van die verband betyds kan terugbetaal nie?
  • Hoe verdeel julle koste soos versekering, herstelwerk en heffings?
  • Wie se naasbestaandes kry wat as een sou sterf?
  • Wat is die belastingimplikasies van die gedeelde eienaarskap?

Bron: JP Farinha, Property24.com