Werk + geld

Slim met kos-aankope

Herman Lensing, SARIE-kosredakteur

  • Koop groente en vrugte in seisoentyd by die groot maat. Dis baie goedkoper, varser en lekkerder. Niks hoef verlore te gaan nie, want inlê is ’n groot tendens.
  • Rek proteïene soos vleis metgeblikte kekerertjies (chickpeas), borlotti-bone of lensies – dis heerlik en boonop goedkoper as vleis.

Barbara Joubert, redakteur van SARIE KOS

  • Rasper kaas, dan hou dit langer. Kinders sny gewoonlik onnodig dik snye en dan’s dit gouer klaar.
  • Moet nooit honger gaan kos-inkopies doen nie, want dan koop jy veel meer as wat jy andersins sou.