sr1112kos_310w
Werk + geld

Hoe gemaak met dié platsakmaand na Kersfees?

  • Open ’n spaarrekening en betaal maandeliks met ’n debietorder geld daarin. Gebruik dit vir begin-van-die-jaar-uitgawes.
  • Al die winkels het dié tyd van die jaar uitverkopings. Geskenke en Kersversierings word dikwels teen ’n groot afslag (soms tot 70%) verkoop. Koop nou reeds vir volgende Kersfees.
  • Pak gesonde kos in werk toe. Jy gaan op duur, ongesonde wegneemetes spaar, ja. En ook sommer van oortollige vakansiegewig ontslae raak.
  • Vergeet van duur restaurante en ander vermaakplekke. Pak ’n piekniekmandjie, gaan stap in die park en hou ‘n gesellige piekniek met die kinders en honde. Nooi jul vriende saam.